‘Breinspeletjies vir slimkoppe’-wenners aangewys

Twee Maroela Media-lesers het elkeen ʼn stel van Breinspeletjies vir slimkoppe gewen.

Baie geluk aan Christa Smidt en Susan Fourie wat binnekort saam met die kroos, speel-speel gaan slimmer word.

Breinspeletjies vir slimkoppe, ʼn aktiwiteitsboek wat kinders deur middel van beweging stimuleer, is deur Ronel Barkhuizen saamgestel. Die boek is aan Nianell se kroos opgedra, en dit is ná Ronel se dood vroeër vanjaar eers gefinaliseer.

“Ronel was ʼn ware engel in ons lewens. Ek is ongelooflik dankbaar dat haar lig op hierdie manier nou ook in ander kinders se lewens gaan skyn,” het Nianell in ʼn onderhoud met Maroela Media gesê.

Breinspeletjies vir slimkoppe kos R390 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om dit by Graffiti Boeke aan te skaf. Die stel is ook in Engels beskikbaar met die titel, My First Brain BoostBoard Games.

Hou Maroela Media dop vir nog opwindende kompetisies en skryf in!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.