Dié lesers wen kaartjies na buite-ekspo in Hartenbos

André de Villiers van die kykNET-program André 4×4. (Foto: Verskaf)

Louw van Deventer, Chris Brüssow, Nicky Booyens en Celeste Snyman het elk vier kaartjies na die Suid-Kaapse kykNET Buite Ekspo gewen, wat tussen 29 September en 1 Oktober in Hartenbos by die ATKV-vakansieoord aangebied word.

Die kykNET Buite Ekspo is een van die grootste ekspo’s van sy soort in Suid-Afrika en bied iets vir elke sak en smaak, of jy nou op soek is na jou eerste intreevlak eenmantent, of wil opgradeer na ʼn luukse woonwa.

Anders as winkels bied dié ekspo die geleentheid vir kopers om produkte te sien en te ervaar soos wat dit werklik in die natuur gebruik sou word danksy die veilige atmosfeer waarin dit plaasvind.

Dié unieke ekspo is sedert 2011 ʼn hoogtepunt op kampeerders se kalender en vind jaarliks met groot sukses by die Sondela Natuurreservaat in Limpopo en die Môreson Plaas net buite Malmesbury plaas. Dit is egter die eerste keer wat Suid-Kapenaars ook in dié pret kan deel.

Omdat dit tydens die skoolvakansie aangebied word, is daar pret en vermaak om die hele gesin mee besig te hou: van kindervermaak, ʼn pretpark, snuffelmark en kosstalletjies tot 4×4-hindernisritte saam met André de Villiers van die kykNET-program, André 4×4.

Dié pragtige Kaapse kuslyn kan ook uit die lug geniet word danksy Mosselbaai Helikopters wat helikopterritte aanbied.

  • Spesiale kampering- en “glamping”’-pakkette is ook beskikbaar vir die naweek en kan bespreek word by Delmaine by [email protected].
  • Enige uitstallersnavrae kan gerig word aan Tersia by [email protected] of skakel haar direk by 072 487 0000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.