‘Klagtes oor Bela-wet val op dowe ore’

(Argieffoto: Elaine Krige)

Die velerlei klagtes en teenkanting wat die omstrede wysigingswetsontwerp op onderwyswette (Bela) ontvang het, het klaarblyklik op dowe ore geval.

Só sê verskeie partye en burgerregteorganisasies wat teen die aanvaarding van hierdie wet is.

Die Bela-wetsontwerp is Dinsdag deur die portefeuljekomitee vir onderwys aanvaar en sal nou aan die Nasionale Vergadering voorgelê word, voordat die nege provinsiale wetgewers dit ook moet goedkeur.

Volgens die DA het die regering miljoene rand spandeer aan openbare deelnameprosesse, maar in hierdie stadium blyk dit nutteloos te gewees het.

“Die duisende ontledings en voorleggings, die honderde kilometer afgelê en die meer as R8 miljoen wat aan openbare deelnameprosesse in die provinsies bestee is, het byna geen impak op die ANC se hantering van die Bela-wetsontwerp gemaak nie,” sê Baxolile Nodada, die DA se woordvoerder vir basiese onderwys.

“Ernstige bekommernisse is geïgnoreer en vrae oor die bewoording van klousules, die impak van klousules op skole en gemeenskappe, en die praktiese uitvoerbaarheid van die beplande sentralisasie bly onbeantwoord.”

AfriForum sê hy is wel nie verbaas dat die wetsontwerp aanvaar is nie.

“Dit was reeds sedert verlede jaar duidelik dat die motief vir die insluiting van artikels oor skole se taal- en toelatingsbeleide nie beter onderwys was nie, maar suiwer politiekery in aanloop tot die verkiesingsjaar,” sê Alana Bailey, AfriForum se hoof van kultuursake.

Bailey voer aan dat “verskeie komiteelede se uitsprake dit duidelik gemaak dat hulle nie in insette van die publiek belangstel tensy dit met hulle eie ideologiese oortuigings en agenda saamstem nie”.

“In die bestaande onderwyswetgewing word ruimskoots voorsiening gemaak vir optrede teen skole en beheerliggame wat taal- en toelatingsbeleide misbruik om op grond van ras te diskrimineer. Tog is hierdie sogenaamde diskriminasie as rede vir die insluiting van artikels 5 en 6 oor beheerliggame se reg om oor dié beleide te besluit, in die wetsontwerp ingesluit.”

Bailey sê dat AfriForum lank reeds begin het met die voorbereiding vir regsaksie indien die wetsontwerp na oorweging deur die Nasionale Vergadering, Nasionale Raad van Provinsies en die president aanvaar en geïmplementeer word. In die stadium lê hierdie drie stappe nog voor en kan regsaksie egter nog nie onderneem word nie.

Johan Botha, Solidariteit se adjunkhoofsekretaris van Solidariteit se onderwysernetwerk, sê ook Solidariteit gaan dalk genoop word om regsaksie te neem.

“Die regering weier om sy plig na te kom en misbruik die wetgewende gesag om ongrondwetlike wette deur te druk. Solidariteit sal egter nie toekyk hoe kinders van hulle skoolregte gestroop word nie. Ons is gereed om voort te gaan met regsoptrede sou hierdie wetgewing deurgedruk word.”

Nodada sê die DA sal ook nie toelaat dat skole deur die wetsontwerp geboelie word nie.

“Om goed presterende skole as sondebokke uit te maak behoort nie nasionale beleid te wees nie. In plaas daarvan moet die departement van onderwys fokus op die implementering van suksesvolle strategieë in sukkelende skole en die opheffing van hul standaarde.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Harley Davidson ·

Wat doen die voorheen benaadeeldes wanneer hulle nie van iets hou nie ,die huidige benaadeeldes moet net voet neersit en die regime wys wat demokrasie werklik is.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ons is ongelukkig net te min. En dan kritiseer ons diè wat wel voet neersit. Waarskynlik word dit as nie-Christelik beskou.

August ·

Hulle wil alles beheer, n dom mens word makliker in beheer gehou as iemand wat vir hom self kan dink. 30% is nog te hoog. Meer in die lyn van 10% slaag syfer.

Republikein in die Wes Kaap ·

Solidariteit, begin werk aan nuwe skole. Nie groot skole met sportterreine nie. Vestig verskeie kleiner skole in gemeenskapsentruns, kerksale, en leë pakhuise en onbenutte winkelsentrums. Kombineer dit met aanlyn opsies.

Cecilia ·

Dis hartseer om te dink dat skool gaan nie meer oor kinders se opleiding en toekoms is nie maar net oor politiek, inplaas daarvan om stole instant te hou en stole te laat vloreer is Goverment skole besig om agteruit te gaan van die stole het nie eens meer sports gronde, tennis bane netbal bane of niks nie en ek praat van ondervinding van een skool in Germiston Laerskool Die President dis skandelik om te sien in water swak toestand die skool is en die klein kinders moet elkedag daar skool gaan, die skool gebou is seker laas in 1993 geverf daar is nie eers meer n skool naam bord op nie dis regtig swak om te sien dat een so trotse skool so agteruit gegaan het om rede die Government die meer vonse voorsien om dit instant te hou nie, ek hoop en bid dat daar tenminste genoeg vonse is om die die onderwysers darm te betaal, want ek glo dis vir hulle belangrijk om nog steeds die kinders onderig te gee….. Government, Agriforum, Helpendehand begin na die sole kyk asb vir ons kinders se toekoms!

George ·

Skool gaan nog altyd oor politiek. Dit was in apartheid n fabriek vir gehoorsame burgers ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.