“Ongelukkig is die onlangse hoë temperature in die suidelike Kaap saam met sterk wind sinoniem aan ʼn verhoogde risiko van veldbrandrampe.”
Lees meerAlles vir Maandag 4 September 2023
Beurtkrag Dinsdag verskerp
Fase 6-beurtkrag sal Dinsdagoggend van 05:00 ingestel word tot verdere kennisgewing.
Dramatiese verhoging in brandstofpryse: ‘Verbruikers uitgelewer’
“Suid-Afrikaanse verbruikers is uitgelewer aan sake waaroor hulle geen beheer het nie, soos die waarde van die rand en die olieprys.”
Eskom ontken gerugte oor fluitjieblasers
“Hierdie gerugte plaas Eskom se integriteit in ʼn swak lig. Nog meer kommerwekkend is dat die gerugte moontlik werknemers kan ontmoedig om onreëlmatighede aan te meld.”
Kommissie sal Jhb-brand ondersoek
“Die kommissie sal die voorkoms van gekaapte geboue in Johannesburg ondersoek; wat presies die dodelike brand in Marshalltown veroorsaak het; en wie verantwoordelik is vir hierdie tragedie.”
Pleegpa verkrag kind dekade lank
“Sy voel só baie mense het haar nooit geglo nie; sy het eers aanvaarding beleef toe sy vir die eerste keer geglo is. Sy het die staat bedank dat sy uiteindelik gevoel het of sy deel is van ʼn familie.”
Mans gesoek ná skote klap in Bloem
“Een van die aanvallers het ʼn vuurwapen op die beampte gemik en die sneller getrek. Die groep het toe weggehardloop en in die stormwaterdreineringstonnel verdwyn.”
Skikking oor Weskus-mynregte bereik
Die ooreenkoms verseker ook dat die maatskappy se toekomstige bedrywighede ingevolge bygewerkte omgewingsbestuursprogramme uitgevoer sal word.
Bestemming van brugbou-werklikheidsprogram aangekondig
“Dit was ’n reuse-spanpoging om die regte plek op te spoor.”
ToekomsVenster: Kinders, gawe en opdrag
Ouers is nie volmaak nie, ver daarvan. Tog, midde ons gebrokenheid sien kinders die egte soeke na die wil van die Here en ʼn lewe wat in toewyding aan Hom geleef word.
Waarnemende regter betrek by padwoedevoorval
AfriForum se privaatvervolgingseenheid sê die senior regsgeleerde van Pretoria spring glo vervolging vry weens sy aansien in die regsberoep.
Krugersdorp-moordenaar in tronk dood
“Hy is weens natuurlike oorsake oorlede en geen vuilspel word vermoed nie.”
Verkragtingslagoffer wil nou ander help
Die verkragting het in Maart 2021 by ’n familiebraai in Lydenburg, Mpumalanga, plaasgevind.
Resep: Sampioenpasta met kaas
Kaas, sampioene en pasta – wie sal nou kan nee sê vir so ʼn smaaklike gereg?
Nóg twee Proud Boys-leiers swaar gestraf
Nog twee Proud Boys-leiers is tot onderskeidelik 18 en 10 jaar tronkstraf gevonnis in verband met die aanval op die Amerikaanse Kongresgebou op 6 Januarie 2021.
Rekord prysstyging in diesel kom
Motoriste moet liefs voor Woensdag hul brandstoftenks volmaak – of die jou fiets afstof – want op 6 September tree ʼn yslike styging in brandstofpryse in werking.
‘Almal moet kan rugby kyk’, pleit minister
Ministers en grootkoppe van die openbare uitsaaier het Maandag vergader nadat die SAUK nie daarin kon slaag om ʼn lisensie te kry om die Wêreldbeker-rugbytoernooi uit te saai nie.
Motorverkope staan sterk
Suid-Afrika het ʼn enorme getal van 41 462 voertuie in Augustus 2023 uitgevoer en 45 679 plaaslik verkoop.
Man ry met yslike bul rond
Motoriste se oë het gerek toe hulle ʼn yslike bul genaamd Howdy Doody op ʼn motor op ʼn snelweg in Nebraska in die VSA opgemerk het.
Video: Twaalfjarige samel derduisende doppies vir rolstoel in
Mïnka Theyse het nagenoeg 35 000 plastiekdoppies aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria oorhandig ten bate van dié skool se unieke herwinningsprojek.