Beurtkrag Dinsdag verskerp

(Foto: Hennie Stander/ Unsplash)

Fase 6-beurtkrag sal Dinsdagoggend van 05:00 ingestel word tot verdere kennisgewing.

Eskom het Maandag gesê twee verdere eenhede by Lethabo- en Matla-kragstasies moet afgeskakel word vir dringende herstelwerk.

Altesaam 16 210 MW is tans nie beskikbaar nie weens tegniese probleme. Altesaam 5 894 MW is tans afgeskakel weens beplande instandhouding.

ʼn Eenheid elk by Kriel- en Medupi-kragstasies moes sedert gister afgeskakel word vir herstelwerk. In dieselfde periode is ʼn eenheid elk by Arnot-, Kendal-, Kriel- en Lethabo-kragstasies aangeskakel.

Die vertraging om eenhede by Hendrina- en Tutuka-kragstasies weer aan te skakel, het ook bygedra tot die huidige beperking in kapasiteit.

“Eskom-spanne werk onverpoosd om hierdie eenhede weer aan te skakel,” het die kragvoorsiener gesê.

Die publiek word versoek om elektrisiteit spaarsamig te verbruik en nienoodsaaklike toestelle af te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

MJLS ·

Eskom … julle laat my soos ‘n brullende leeu grom.
Wanneer hou hierdie staatsramp op?

Blikkies ·

MJLS, ek hoor jou, as ek na myself moet verwys klink jy nog redelik kalm. Wat ek voel sal hulle nooit plaas nie en dalk in die tronk boender.

Nie Verbaas ·

Wag, die ANC gaan nog onbevoegdes aanstel om verder niks te doen nie.

Piet 6 ·

Die eenhede is weer tot die maksimum gedruk om die minister goed te laat lyk.

Nie Verbaas ·

Met die ANC se reputasie in geheel is dit onmoontlik om volhoubaar enige minister goed te laat lyk. Ons almal het geweet wat kom.

Casper ·

Ek klink nou al soos ‘n langspeel plaat wat vas haak.Hoekom is dit weer by dieselfde kragstasies waar eenhede onklaar raak en hoekom so baie eenhede op ‘n slag.Ek kan nie anders as om te glo dat sabotasie die skuld moet kry hiervoor nie.Raak ontslae van die vrot appels dan is die probleem opgelos.Hoekom wil Mantashe nie die kundige hulp wat die DA aangebied het om die eenhede by Koeberg aanlyn te bring aanvaar nie.

Casper ·

Is daar iemand wat Eskom in duie wil laat stort en so die blaam op Ramaphosa pak.Die probleem is swart gemeenskappe gaan die skaarste getref word.

Jack ·

Ja so gaan dit.Minister praat baie maar niks kan die ESKOM situasie verander nie.Meskien ‘n goeie ding sodat die massas kan sien dat hulle ANC nie die probleem kan oplos nie.

Corne123 ·

En raai wat petrol en diesel is duurder lekker maak die anc geld uit ons

Jackie ·

Ek verstaan van ‘n berig elders dat die ‘agbare’ minister van lektriek deur sy tande lieg oor die EAF. Volgens hom is dit bykans 60% terwyl op Escom se webblad dit onder 55% is. Kan iemand hom dalk aanvat oor die ‘spinning’?

Jannie van Niekerk ·

Almal weet dat die minister van beurtkrag soos ‘n tandektrekker lieg

TrueMan ·

Net so lekker lieg soos die CEO van beurkrag. LG stert tussen die bene en smile oorsee

Kobus ·

Verlede jaar dieselfde tyd was Fase 2 ingestel. So, na de Ruyter se vertrek is al sy kritici met stomheid geslaan. Nie net het die EFF de Ruyter verguis nie , MM lesers ook. Nou is daar oordowende stilte van almal. Die minister trek ‘n lekker vet salaris, praat baie en doen niks. Sy makkers wat hom moet bystaan is blykbaar besig met ander dinge want ek sien geen verbetering nie. Hoor net heeltyd verskonings

Republikein in die Wes Kaap ·

Alles deel van ANC se kommunikasiestrategie.Wie by Eskom moet blameer word? Nog geen CEO is aangewys nie. Jan Oberholtzerb is ook weg. Die waarnemende CEO is ‘n glorified klerk. Van buite is Eskom leierloos, en dis pas die regime. Die minister is ‘n politikus wat vinnig handjies in die lug gooi.

Papsak ·

Al hierdie probleme van SA mowt voor die anc se deur gele word hulle sit agter alles en maak vet geld uit ons uit hulle oorsaak van vrot water of nooit water nie hulle loadshedding in gebring want ons maak geld hier uit waar is die verskriklike elektriesietyd minister met sy groot mond vir wil ek se jy is pateties wat keag aan betref jy sukkel man verdwyn liewers net julle almal vrot

Owlie ·

Interessant dat tydens stakings, optote, plunderings is daar nie n krag krisis nie!
Waar is die slim mense nou watbdiegene wat weet wat hulle doen uit Escom uit gejaag het. Privatized totaal en al sonder enige regerings bestuur en inmenging

Vernon ·

Hulle lieg vir die volk deur te se dat eenhede van lyn gebring word vir herstel werk!! Dis oor dit breek dat herstewerk gedoenl moet word,,,,,,,,g’n voorsorg .

Riana ·

Wat het dan geword van daai miljoene wat wetsenaam Ping van China vir SA se karag krisis? of word dit ook iewers in die buiteland bele?

hpven ·

Nee, 90% gaan kader diepsakke en rusbanke toe. Die oorblywende 10% is te min om enige verskil aan ons huidige situasie te maak.

CHRISTINE ·

Dis vir my so mooi hoe die radio se die stasies het ‘onklaar geraak’ wanneer ons almal weet dit is blatante terrorisme en sabotasie.

JohanR ·

En daar dog ek met ons minister van eletrisiteit dat beurtkrag iets van die verlede gaan wees?

Jannie van Niekerk ·

Is dit nou die ANC se : “Ons het goeie vordering gemaak om beurtkrag te beëindig?” I rest my case your honour,

Kenny ·

Die selfde storie selfde wysie selfde lerike
Mense dink nou vir ‘n slag ‘n nuwe een uit asb.

Franz ·

En so gaan alles voort,wat help dit om n minister aan te stel,om n sinkende Eskom te red,TRA. LA .LA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.