Rekord prysstyging in diesel kom

Foto: Pieter Cloete/Maroela Media

Motoriste moet liefs voor Woensdag hul brandstoftenks volmaak – of die fiets afstof – want op 6 September tree ʼn yslike styging in brandstofpryse in werking.

Die sentrale energiefonds het Maandag in ʼn verklaring aangekondig dat diesel van 0,05 sulfaat en 0,005 sulfaat onderskeidelik met ʼn astronomiese R2,84 en R2,76 per liter sal toeneem. Dit beteken diesel sal jou nou meer as R25 per liter kos. Volgens die AA is dit die grootste prysstyging vir diesel wat nog ooit aangeteken is. Dit is ook die meeste wat een liter diesel nog ooit gekos het.

Albei grade petrol (93 en 95) sal op 6 September met R1,71 per liter styg. Dit is selfs hoër as wat die Automobiel-Assosiasie (AA) in Augustus voorspel het en beteken een liter petrol sal jou nou ongeveer R24 kos. Dit is die meeste waarmee petrol gestyg het sedert Julie verlede jaar, toe petrol net meer as R26 per liter gekos het.

Paraffien neem met R2,78 per liter toe en gas met R2,26 per liter.

“Die verwagte stygings word grootliks gedryf deur internasionale oliepryse wat gestyg het weens lae vraag en verlaagde uitset. Ontleders verwag dat Saoedi-Arabië, die wêreld se grootste olie-uitvoerder, sy vrywillige produksiebesnoeiing tot Oktober sal verleng, wat olievoorraad styf en pryse hoog sal hou,” sê die AA.

Volgens die data dra hoër internasionale oliepryse tussen 80% en 88% by tot die verwagte brandstofstygings, met die swakker wisselkoers teen die Amerikaanse dollar wat ook ʼn uitwerking het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sandra ·

Een van die dae sal diegene wat met motorfietse ry, ook nie meer kan volmaak nie

Samuel ·

Wat ookal die veskonings vir hierdie astronomiese prysstygings, ons landsburgers gaan bitter moeilik kop bo water hou, veral ons pensioenarisse.

Fluisterwind ·

Die regering voer ‘n oorlog d.m.v. belasting teen sy burgers

Swerwer ·

Die oumense het altyd gesê “Betaal is die wet van Transvaal” wel Transvaal betaan nou nie meer nie maar almal weet wie verantwoordelik is vir hierdie verskriklike stygings! Al die kaf wat hul gebruik om die publiek te probeer paai rondom die stygings is loutere onsin. Meng jou met semels dan vreet die varke jou op is ń goeie spreekwoord.

Johan ·

En ons weet wat dit beteken. Veral die styging in diesel se prys gaan ons almal voel, selfs al het jy nie n voertuig nie. Basies die hele landbousektor draai om diesel én basies alles wat ons koop, moet tot by daardie verkoop punt vervoer word… ook diesel in die meeste gevalle. Die gevolge hiervan sal oor ongeveer n maand beslis gevoel word!

Gert ·

Sit aspris die publiek onder erge ekonomiese druk deur beurtkrag te verhoog en ook die brandstof vir die generators. Laat besighede swaar kry en sommiges toemaak. Laat die publiek herhaaldelik verstaan en wen hul guns deur dat jy hard daaraan werk om alles te herstel, terwyl jy dit duidelik maak dat hierdie omstandighede jou politieke opponente se skuld is. Terwyl jy welvaart skep vir jou regerende party so lank as moontlik, sit jy weer die krag aan en verlaag die brandstof prys net so voor die verkiesing. Net daar is jy die ongeskoolde se held en hy trek sy kruisie langs jou naam om in beheer te bly vir nog n termyn.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.