Kommissie sal Jhb-brand ondersoek

Brandbestryders en polisiebeamptes is ontplooi voor die uitgebrande gebou in Johannesburg (31 Augustus 2023) (Foto: Guillem Sartorio/AFP)

Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, het Maandag ʼn Kommissie van Ondersoek aangestel na die Marshalltown-brand wat die lewens van 74 mense geëis het. Talle mense is beseer en dakloos gelaat.

Lesufi het op 31 Augustus onderneem om met Ronald Lamola, die minister van justisie en korrektiewe dienste, saam te werk om ʼn afgetrede regter aan te stel wat as voorsitter van die kommissie kan optree.

Regter Sisi Khampepe is as voorsitter van die kommissie aangewys, bygestaan deur adv. Thulani Makhubela en Vuyelwa Mathilda Mabena.

Khampepe het onlangs as regter van die Konstitusionele Hof afgetree en dien tans as kanselier van die Universiteit van Pretoria.

Makhubela het meer as 26 jaar regs- en sake-ervaring. Hy het al in verskeie sake voor die arbeidshof, die Kommissie van Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie en die hooggeregshof getuig asook voor verskeie streek- en landdroshowe. Hy het ook kliënte voor die Waarheid- en Versoeningskommissie verteenwoordig.

Mabena is al jare lank ʼn gemeenskapsaktivis. Sy het omvattende ervaring in die staatsdiens en het as raadslid in die Ekurhuleni-munisipaliteit gedien. Sy was ook lid van die burgemeesterskomitee en het verskeie omgewingsdienste gelei.

“Die kommissie sal die voorkoms van gekaapte geboue in Johannesburg ondersoek; wat presies die dodelike brand in Marshalltown veroorsaak het; en wie verantwoordelik is vir hierdie tragedie,” het Lesufi gesê.

Die kommissie se werk sal nie oorvleuel met die ondersoeke na die oorsaak van die brand wat die polisie en ander wetstoepassers doen nie.

“Die kwessie van gekaapte geboue is ʼn krisis in Johannesburg. Dit verg drastiese optrede,” het Lesufi bygevoeg. “ʼn Deeglike ingryping is nodig om seker te maak dat ʼn ramp soos die Marshalltown-brand nooit weer gebeur nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Sean ·

Baie miljoene rande om uit te vind iemand het n vuur gemaak om te kook Vure word elke dag in hierdie geboue gemaak mnr die president

Anel ·

Goeie hel, nog ‘n kommisise!! Vir wat en wie gaan daarvoor betaal? As almal hulle werk doen of toegelaat word om dit te doen, dal daar nie nodig wees vir kommissies nie. En begin ontslae raak can al die onwettiges. Ek meen hoe kan niemand toesig hou oor hulle geboue nie. 450 in munisipale besit!! Maar nou ja, fie wette is so gemaak dat dit misdadigers bevoordeel, om van plakkers op jou grond nie eens te praat nie!!!

Elizabeth ·

Regering van SA is mos kwekers van kriminele solank hulle die ANC in bewind hou.

efjy ·

Wat kan die kommissie tog meer uitvind as wat daar reeds genoem is en gaan die werklike uitslag bekend gemaak word of gaan ons ‘n aangepaste verslag sien. Een of ander minister het reeds bevind dat dit apartheid se skuld was en sy het haar bevindings breedvoerig verduidelik. Spaar die kommissie se onkostes en gebruik die fondse om herstelwerk te doen.

J. J. ·

Al weer iemand wat die staat kan melk met groot salarisse en voordele, ‘n nuwe kommissie……

Amelia ·

Seker nuwe manier van werkskepping vir die kaders mt betaling van n paar miljoen

Kobus ·

Kan iemand dalk die aantal kommissies wat in Rampposa se tydperk as president weergee? En dalk die koste daaraan verbonde ook.

Owlie ·

Dis onbelangrik watse vreeslike hoog geplaasdes betrokke is by die ondersoek, hoeveel jare ondervinding hulle het en wat wie dink Wat belangrik hoort te wees is mrnse lewens, mense wat met beloftes na SA gebring is vir stem doeleindes, mense wat deur die SA regering in die steek gelaat is, seniors wat in poste is en geboue soos hierdie laat leeg staan en dus indirek toestemming gee dat die geboue beset kan word Hou op beskuldigings rond gooi en aanvaar dat julle verantwoordelkbis vir elke sterfte elke gebroke gesin, elke honger gesin, elkeen wat op strast bly, elkeen wat honger is terwyl julle in mansions bly , met duur voertuie ry, fancy etes geniet en net sltyd die vinger na ander wys Staan op ANC en jul hoë amptenare en erken jul foute

Blikkies ·

Aitsa Lesoufie, hy was te sleg om rampe in die onderwys te keer, wat gaan hy hier anders doen om soortgelyke ramp te keer.

Mariana ·

Nog ‘n kommissie wat betaal moet word uit belastingbetalers se beursies. ANC is regtig pateties. As die kaders net hul werk gedoen het sou geen kommissie nodig wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.