Afrikaans 100: Wen lekkerleesboeke

Die stapel boeke wat gewen kan word met die komplimente van Penguin Random House

Op 8 Mei 1925 word Afrikaans, naas Engels, amptelik een van Suid-Afrika se twee landstale. In die aanloop tot die eeufeesvieringe in 2025, is Maroela Media met trots deel van die Afrikaans Amptelik 100-vieringe.

Ons vier vanjaar Afrikaans se 99ste verjaarsdag as amptelike taal, maar wat is ʼn partytjie sonder geskenke?

Penguin Random House bederf ʼn Maroela-leser met vier lekkerleesboeke. Maak seker jou inskrywing bereik ons teen 26 Mei 2024.

Die boeke op die spel

Twa die tydloper deur Anoeschka von Meck (Penguin Random House)

“Meneer laat my aan Oupa Wildevyboom dink wat in die versteekte kloof groei,” glip die woorde uit voor sy dink mens sê nie so iets vir jou prinsipaal nie. “Iemand by wie se skaduwee mens kan sit” (70).

So merk Twa, die hoofkarakter in Anoeschka von Meck se jongste roman, Twa die tydloper, op oor die rol wat Frankel “Regop” Strauss, skoolhoof van Koperberg Hoërskool, in haar lewe speel.

Twa, of Twalie soos wat lesers haar ook leer ken, is die enigste dogter in die eienaardige en geheimsinnige Albrecht-familie wat in afsondering leef en ʼn stryd teen die uitdagings van ʼn ongenaakbare omgewing en bar landskap voer.

Katvis deur Annelie Botes (Penguin Random House)

Katvis, deur Annelie Botes, vertel die verhaal van Marja wat ná twaalf hellejare aan die sy van die narsissistiese patologiese leuenaar Gerhardus, via die internet ʼn pos as bestuurder van ʼn gastehuis in die distrik van Maclear kry.

Marja vlieg weg van haar armoedige grootwordjare en die leë vertoon van haar getroude lewe tot diep in die Oos-Kaap waar haar ma of eksman haar nie kan opspoor nie.

Toe sy in die afgeleë Drakensbergwêreld in ʼn slagyster beland, besef sy sy sal die nuwe oorlog met haar gebrekkige kennis van sielkunde moet wen.

Te midde van maandelange foltering en aftakeling ontdek Marja dat sy ook die tierwyfie in haar ma geërf het.

Die beweging van bloed deur Pieter Stofberg (Penguin Random House)

Professor Nino Everhard word op sy kombuisvloer in ʼn plas bloed wakker. Iemand het ingebreek en hom en sy vrou, Willemien, aangeval, maar niks gesteel nie. Wat wou die aanvaller hê? Nino weet dit was nie toeval nie. Hy is uitgekies. Iemand wou vir hom ʼn boodskap stuur. Op sy speurtog na antwoorde lei die leidrade hom op ʼn kronkelpad deur sy verlede na die skadukant van die samelewing. Elke tree nader aan die waarheid is ook ʼn tree nader aan lewensgevaar. Sal Nino die antwoorde kry waarna hy soek? Hoeveel van sy eie duiwels gaan hom langs die pad inhaal?

  • Die beweging van bloed is die jongste spanningsroman uit Pieter Stoffberg se pen. Die boek kos R320 (prys onderworpe aan verandering) en dit word deur Penguin Random House uitgegee. Bestel die boek aanlyn op Penguin Random House se webwerf of skaf dit by Graffiti Boeke

Die nege lewens van mevrou Smit deur Elizabeth Wasserman (Penguin Random House)

Die nege lewens van Mevrou Smit is die heerlike opvolg op Elizabeth se gewilde knussie (“cosy mystery”), Die fantastiese Mevrou Smit. In dié lekkerlees-spanningsreeks ontmoet ʼn mens die aweregse mevrou Smit wat Aaronspoort sommer met haar aankoms op horings neem.

Hierdie keer hou Aronspoort bruilof en die dorp gons behoorlik van opwinding. Maar op die troudag verloop niks volgens plan nie. Nie met Mevrou Smit in die omtrek nie …

Net voordat die skone bruid kansel toe stap waar haar aanstaande blouoogdokter vir haar wag, slaan dié se eksvrou morsdood in een van die kerkbanke neer. Pandemonium bars los. Was dit moord? En wie sal so ʼn verskriklike ding op so ʼn heuglike dag doen? Boonop loop die dorp onder ʼn reeks boewery deur.

Skryf nou in

Velde met * word verplig.

Jou inligting

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is 26 Mei 2024 om 23:45.
  • Die wenner sal lukraak uit al die inskrywings getrek word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die prys kan nie vir kontant geruil word nie.
  • Die wenner sal telefonies en per e-pos gekontak word. Indien jy nie van Maroela Media hoor nie, kan jy aanvaar dat jy nie die wenner was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.