Motorverkope staan sterk

Argieffoto (Foto: Admiral_Lebioda/Pixabay)

Die motorbedryf is ʼn reusesteunpilaar vir die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Daar is sewe handelsmerke wat hier in Suid-Afrika motors vervaardig en oor die hele wêreld uitvoer, asook motors vir plaaslike verkope lewer.

Die passasiersvoertuigsegment het algeheel 5,3% maand tot maand gegroei van Julie tot Augustus. Die ligtehandelsvoertuigsegment het ook 4% maand tot maand gegroei.

Die top vyf handelsmerke in die land is Toyota (12 233), Volkswagen (5 972), Suzuki (4 332), Ford (2 724) en Hyundai (2 637).

Die top vyf gewildste passasiersvoertuie in Augustus 2023 was Volkswagen Polo Vivo (2 452), Toyota Corolla Cross (2 130), Toyota Starlet (1 372), Suzuki Swift (1 349) en Volkswagen Polo (1 153).

Die top vyf modelle in die ligtehandelsvoertuigsegment is Toyota Hilux (3 309), Ford Ranger (2 367), Isuzu D-Max (1 632), Toyota Hi-Ace (1 534) en Nissan NP200 (1 064).

Volkswagen was in Augustus Suid-Afrika se sterkste uitvoerder met ʼn allemintige 11 183 uitvoeritems, gevolg deur Mercedes-Benz (9 728), Toyota (7 417), Ford (7 166) en BMW (4 800). Suid-Afrika het ʼn enorme getal van 41 462 voertuie in Augustus 2023 uitgevoer en 45 679 plaaslik verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.