Fase 3-beurtkrag sal van 00:00 opgeskort word tot 05:00 môreoggend. Fase 1-beurtkrag word Dinsdag van 05:00 tot 16:00 toegepas.
Lees meerAlles vir Maandag 18 September 2023
Man vas vir betreding by Buckingham-paleis
Die man is in hegtenis geneem ná berigte van ʼn persoon wat oor ʼn muur klim naby koning Charles III se woning in Londen.
Rustenburg-raadslede skuld meer as R4 miljoen
“Dit blyk dat ʼn groot aantal raadslede die invorderingsbeleid wil omseil en op voorkeurbehandeling wil aandring met gunstiger afbetalingsvoorwaardes.”
Duisende dalk by Sibanye-Stillwater afgelê
“Navorsing toon dat 10 afhanklikes geraak word per mynwerker wat afgelê word. Dit beklemtoon hoe ernstig die gevolge daarvan kan wees.”
Italië wil onwettige immigrante stuit
Meer as 8 500 mense – meer as die bevolking van Lampedusa – het verlede week in honderde bote aangekom en die migrasiesentrum oorweldig wat gebou is om slegs 400 mense te huisves.
Probleme met Sassa-betalings is ‘ANC se skuld’
“Die tegniese foute waarna die ANC-regering verwys en wat vir die ramp beskuldig word, is nie ʼn ongeluk nie. Dit kom al jare lank.”
ToekomsVenster: Alles is net genade
Onthou, alles, alles is genade en onverdiende guns alleen. Elke asemteug en elke tree is omdat die God van hemel en aarde dit in goedheid skenk. Dis wie Hy is, ʼn goeie God.
Phalaborwa-brand: 19 minute ‘toe is alles weg’
“Hierdie tragedie kon in die aand gebeur het. Ons kon almal dood gewees het.”
NSYNC reik eerste liedjie in dekades uit
Die popmusiekgroep NSYNC het vir die eerste keer in meer as 20 jaar weer bymekaargekom om nuwe musiek die lig te laat sien.
Luister: Chinese Christen versprei Bybels te midde van digitale vervolging
In China word die vervolging op ʼn digitale wyse al moeiliker en meer intensief.
Nog pyn by brandstofpomp lê voor
Die Automobiel-Assosiasie (AA) sê ʼn prysstyging in brandstof is ʼn sekerheid vir Oktober, die vraag is net met hoeveel dit gaan styg.
Nuwe gesigte in tweede seisoen van ‘Diepe waters’
Diegene wat vasgenael voor die televisie sit wanneer “Diepe waters” uitgesaai word, hoef nie te bekommer nie – dié Afrikaanse telenovelle gaan nie binnekort die kassie verlaat nie.
Regeringsinmenging met kospryse ‘kan rakke leeg laat’
“Hoewel Agri SA die regering se kommer deel oor die stygende koste van voedsel, kan die regering se inmenging in die mark tot leë supermarkrakke lei.”
Saru verduidelik oor nuwe Boktrui
Volgens die Suid-Afrikaanse Rugbyunie is die ontwerp gedeeltelik beïnvloed deur Ndebele-tipe ontwerpe en die kleur is aanduidend van die Suid-Afrikaanse landskap en flora.
Luister: Debuutalbum ‘onverdiende guns’ vir ‘Die Kaplyn’ se Ilán
“Hierdie album is stukke van my, my geskiedenis, drome en kosbare mense wat inspraak het in my lewe.”
‘Net polisie’ kan Tshwane nou red
Slegs 22 inhegtenisnemings is tot dusver gedoen – en almal vir die aanklagte van openbare geweld. Die meeste van die verdagtes is ook weer op vrye voet.
Wen: Sangers slaggereed vir groot makietie, rugby by GrootJol
Vyf gelukkige Maroela Media-lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie na die GrootJol by die Voortrekkermonument op Saterdag 23 September wen.
Opruiming duur voort ná ongeluk wat 22 eis
Altesame 20 mense het op die toneel gesterf en twee kort daarna in ʼn hospitaal.
DA spoeg vuur ná ANC-lede Potch glo soos varkhok los
“ANC-grootkoppe het met hul berugte blouligbrigades Potchefstroom ingejaag; hulle het soos besetenes gery en alle verkeersreëls verontagsaam,” sê die DA se Chris Hattingh.
Woord: heil
“Alle heil en seën op jou nuwe pad.” Taaltoffie ondersoek die verskillende betekenisse van die woord “heil”.