DA spoeg vuur ná ANC-lede Potch glo soos varkhok los

(Foto: Verskaf)

Die DA spoeg vuur nadat daar die afgelope naweek glo “op Potchefstroom toegesak en dele van die dorp met rommel besaai is” nadat die ANC Saterdag sy manifeshersieningsgeleentheid daar aangebied het.

“Nes die ANC ʼn spoor van vernietiging in mense se lewe laat, só het ANC-kaders ook algemene ordentlikheid ondermyn en dele van die dorp met vullis besaai,” sê Chris Hattingh, die DA se kiesafdelingshoof in die JB Marks-munisipaliteit.

“ANC-grootkoppe het met hul berugte blouligbrigades Potchefstroom ingejaag; hulle het soos besetenes gery en alle verkeersreëls verontagsaam.”

Die ANC het glo sanitêre produkte – waarvoor belastingbetalers opdok – by verskeie laerskole in Ikageng uitdeel. Hulle het glo ook eiers en groente by talle sentrums afgelewer, groente by ʼn kleuterskool geplant, groot wieletjie-asblikke aan gemeenskappe verskaf, drie huise in Ventersdorp oorhandig, en krieket- en sokkertoerusting sowel as boeke en speelgoed uitgedeel.

“Daar was selfs ʼn seremonie by ʼn slaggat wat deur ʼn LUR opgevul word.

“Die ANC het in sy desperaatheid om in die regering te bly, Kersvader gespeel in ʼn poging om stemme vir volgende jaar se verkiesing te koop,” sê Hattingh.

“ANC-kaders is Saterdag na Olienpark gelok deur plakkate van ʼn glimlaggende [pres. Cyril] Ramaphosa wat aan historiese eikebome, ʼn nasionale erfenis, vasgespyker is, en is boonop ook eet- en drinkgoed belowe.”

Volgens Hattingh was sommige ANC-lede glo tydens die geselligheid besope in die strate.

“Dronkbestuurders het die veiligheidsrisiko, wat deur die blouligbrigades veroorsaak is, vererger.

“Polisie en verkeersbeamptes was nêrens te sien nie, alhoewel hulle in getalle teenwoordig was om ANC-BBP’s te beskerm,” sê Hattingh.

“Hulle het die Olienpark-stadion en omgewing met vullis besaai agtergelaat.”

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Fanie ·

Is niks,Bou niks, Behou niks, en sal tot niks kom in die einde. Ongelukkig kom die einde nie gou genoeg nie

Amelia ·

pretoria lyk erger Soos ons almal weet is klomp bo die wet verhewe met hul blou ligte en al

Mariana ·

Geen respek vir ander, vir hulself nie. Sies, altyd gemors waar hulle was. ANC moet weg, hulle beteken en is niks goed vir SA nie. Verstaan net nie hoe hulle kiesers kan vaskyk in hulle “bribes” om stemme vir verkiesing te kry nie.

Nico ·

Kan regtig nie verstaan waaroor hierdie bohaai is nie?? Dis tog nie asof daar aangeneem/verwag was dat alles netjies en skoon nagelaat sou word nie? Ons is mos nou al hierdie te wagte? Hopelik word die skoonmaakkostes verhaal van die ANC???

Jr ·

Verkeerd, die standaard wat u toelaat is die standaard wat u sal kry. Deur nie te minste te praat laat u dit toe

Gert ·

Indien ek mag wil ek die volgende vers van uit die Bybel deel.

PREDIKER 10:16-18 AFR83
Ellende wag vir die land waarvan ‘n slaaf koning is en waar amptenare vroeg in die dag begin feesvier. Dit gaan goed met die land waarvan die koning vir homself kan besluit en waar amptenare op die regte tyd feesvier, met selfbeheersing en nie met ‘n drinkery nie. Luiheid laat die dak inval, slap hande laat die huis lek.

skurweberg ·

Waarskuwings waarvan ons nie gedink het gaan in ons leeftyd bewaarheid word nie.

Herpiet ·

Presies net so.
Alles saamgevat soos dit in die Woord uiteengesit is.
Niks anders nie

Nico ·

Prediker 10:8, Wie ‘n kuil grawe, kan daarin val; en een wat ‘n muur afbreek, ‘n slang kan hom byt. 13. Die begin van die woorde van sy mond is dwaasheid, en die van sy mond is skandelike onverstandigheid. Die teks verse moet bly.

Tienie ·

Hi Helen Suzman het jy nie geweet dit is hul kultur om so te mors nie en buitendien dit is werk stepping. Hulle moet nou iemand aanstel om daar skoon te maak.

bolletjie blom ·

Dit is hoe alle dorpe deesdae lyk. Van die mooi van Suid-Afrika is daar nie meer veel oor nie. Dit is hartseer.

Marina ·

Die ware kleure sal altyd wys! Dit maak nie saak of hulle in n pondokkie woon of deur n bloulig-brigade begelei word nie. Diep binne daardie mens is n wese wat verwoesting agterlaat.

Jana ·

Ek wens net die mense wat stem wil die kleure sien vir wat dit is en anders stem.

De Villiers ·

Lyk redelik oral so waar die ANC en hul kiesers die meerderheid is.

Francois ·

Julle moes net nog n foto van die Potchefstroom stasie se erfenisgeboue se kaal gewelmure oorkant die pad van Olénpark, wat etlike jare gelede heeltemal afgebrand het nadat rondlopers na bewering daar vuur gemaak het saam met die gemors geneem en laat plaas het.

Ek was onder die indruk dat die Olënpark stadion se pawiljoene lankal onveilig verklaar is omdat dit nie in stand gehou word nie en dit om daardie rede nie meer Luiperds rugby se tuisveld kan wees nie….. Wie het dit nou veilig verklaar vir allerhande byeenkomste?

Papsak ·

Nee kyk waar hulle iets gaan hou lyk dit soos n varkhok hulle gewoond om so te lewe ook daarom pas hulle nie by ons in nie ons lewe netjies en hou goed netjies waar ons gaan nee verkiesing kom mos julle vergeet hulle moet hulle nou bewys weer swakelinge die goed na stemmery is alles weer tot niet lekker lag ek nou

Eclectus ·

Internasionale statistiek dui aan dat die gemiddelde IK in Suid-Afrika 69 is, m.a.w. die volk is gemiddeld matig verstandelik gestemd. So hou tog net op om te kla en sien die situasie vir wat dit is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.