Afrikaans verjaar: Wense uit Duitsland

Alexander Mickel (Foto: Vanessa Ly Pham)

Afrikaans het vir die eerste keer op 8 Mei 1925 sy status as amptelike taal in Suid-Afrika ontvang. In die aanloop tot volgende jaar se groot feesvieringe van die taal se 100ste verjaarsdag, het Alexander Mickel vir Maroela-lesers ʼn brief uit Duitsland gestuur.

Alex is ʼn Duitser wat homself Afrikaans leer skryf en praat het. Hy is nou ʼn passievolle Afrikaanssprekende in Duitsland met ʼn groot netwerk Afrikaanse vriende in Suid-Afrika. Sy brief word gepubliseer net soos hy dit aan ons gestuur het. Die brief is nie geredigeer of teksversorg nie. -Red

Afrikaans vier op 8 Mei sy 99ste verjaarsdag as amptelike taal. As ‘n Duitser, wat homself Afrikaans geleer het, het ek nou al elf jaar saamgevier en sien uit na die 100ste verjaardag en my twaalfde jaar met die taal. Mag daar nog baie wees …

Afrikaans het my lewe verryk deurdat ek tekste in Nederlands en Vlaams ook kan verstaan. Ek hou van Afrikaanse woorde soos “gunsie”, “lekker”, “koffie”, “mooi” en veral “flippen”. “Braai” natuurlik ook!

Ek het kontak gemaak met so baie vriendelike mense – almal van hulle laat my hart warm klop! Ek geniet ook die kontak met Afrikaanssprekendes uit die onderwys of instellings soos Akademia. Ek is altyd gretig om nuwe woorde te leer en dit is hoe ek die taal aan my kant lewendig hou: ek gebruik dit eenvoudig, nogal (per ongeluk) by my Duitse vriende en kollegas, en ek maak van elke ding ‘n taalles en kom vra wanneer ek iets nie verstaan het nie, of wat iets beteken! Dit maak dat Afrikaanssprekendes oor hul taal moet nadink en soms ook nuwe dinge byleer.

Baie dankie aan alle Afrikaanse kennisse en vriende wat in my Afrikaanse pad belangstel! Baie dankie, Maroela Media, dat julle die pad net so saamgeloop het met my en 2017 my eerste lesersbrief gepubliseer het!

Baie dankie aan alle mense en organisasies wat die taal bevorder en beskerm! Hou so aan!

Veels geluk, Afrikaans, met jou 99ste verjaardag!

Lees Alex se skrywes op Maroela:

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Afrikaans, Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nettie ·

Lekker om van vriende uit die buiteland te hoor! Mag jy nog 12 jaar en meer lekker saam met ons gesels.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.