Saru verduidelik oor nuwe Boktrui

Die Springbok-span. (Foto: Twitter/Springbokke)

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Maandag in ʼn verklaring probeer vure doodslaan ná wydverspreide kritiek op die ontwerp van die alternatiewe Springboktrui.

“So graag soos ons wil, kan ons nie elke wedstryd in die Groen‑en‑goud speel nie,” het ʼn woordvoerder van Saru gesê. “Die alternatiewe kleur is wit, maar Nike [wat die hemde borg] het voorgestel ons verbeter die gewone voorkoms met ʼn moderne ontwerp wat deur ʼn verskeidenheid bronne geïnspireer is en by ʼn nuwe, breër gehoor aanklank vind.”

Die woordvoerder sê die ontwerp is gedeeltelik beïnvloed deur Ndebele-ontwerpe en die kleur is aanduidend van die Suid-Afrikaanse landskap en flora. “Dit is aan senior lede van die Springbokspan voorgelê, wat dit goedgekeur het.”

Verskeie ondersteuners, oudspelers en huidige Springbokke het die afgelope week hul mond uitgespoel oor die nuwe ontwerp, wat bedoel is om dit makliker te maak vir mense met kleurblindheid om die spel te volg. ʼn Nuwe beleid wat Wêreldrugby aanvaar het, behels dat daar nou meer gereeld in ʼn span se alternatiewe truie gespeel moet word.

Daarom sal Suid-Afrika ook nie eerskomende Saterdag teen Ierland in die tradisionele rugbytrui uitdraf nie. Die “hiper-jadegroen” trui is egter óók te na aan Ierland se kleur rugbytrui, daarom sal die Bokke in wit truie teen die Iere speel.

“Sou Suid-Afrika na die uitspeelwedstryde deurdring, en indien hulle as ‘span B’ getrek word teen ʼn span met soortgelyke kleur truie, sal die Springbokke die hiperjadegroen as eerste alternatief dra,” sê die woordvoerder.

Hy sê sportspanne se uitrustings word deur hul onderskeie vervaardigers ontwerp en deur die betrokke federasie goedgekeur. “In hierdie geval is die ontwerpe van al die Nike-truie aan Saru voorgelê en dit het die nodige goedkeuring van senior Springbokleiers sowel as bestuurslede van Saru ontvang.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

107 Kommentare

Johann ·

Ag asseblief! Name and shame…WIE het die belaglikheid goedgekeur?

Blackies ·

Seker dieselfde persoon wat die Springbokkie op die mou gesit het.

TrueMan ·

Maak nie saak wat hul rede of verduideliking. Dit is erger as die pienk jare gelede.

Jr ·

Stadig kap hulle die tradisinele weg tot dit weg is. Aanvaar nie die flou verskoonings nie. Sorry

Harry ·

Nonsens, julle gaan so tekere elke jaar as daar ‘n nuwe trui is, bokke het al in pienk en wit en wat ook al gespeel. Maar hulle dra nogsteed groen en goud as hulle main trui.

Grotti ·

Wat ‘n lam verskoning, ‘n paar diknekke by SARU keer dit goed en siedaar. Dis interessant dat daar genoem word dat die groen en goud nie teen Ierland gedra kan word nie omdat dit te naby is aan die Ierse truie. Waarom speel Ierland dan nie in hul wit truie nie? En die storie dat dit beter is vir kleurblinde mense is nog ‘n klomp snert. ‘n Netjies wit trui (soos in die verlede) sou net so goed gewerk het vir die kleurblindes.

Christo ·

Daar kom die waarheid nou uit. Ndebele……………..! Moenie Nike blammeer nie

Hannatjie ·

Dis seker die lelikste bok trui wat ek nog ooit gesien het! Wragtig iemand moes darem n menig van die publiek ook gevra het. Ten minste weet ons die afskuwelike ontwerp van die trui beinvloed nie die manne se spel nie. Die ontwerper moet verseker die deur gewys word!! Dit lyk of die manne vir Checkers werk! Hokkie sokkies en die trui, watter een is die lelikste?

Kobus ·

Vraag – Is die ander lande se truie ook aangepas of is dit net die Springboktrui ( groen) wat opgeoffer moet word? Sal die All Blacks hulle geliefde swart trui met die silwer varing opoffer? Kom nou SARU, probeer ‘n ander een. Het julle opgemerk hoe eenvormig die All Blacks aangetrek is? Netjies want tot die stewels is eenvormig. Nie bont soos die res nie.

domheks ·

Wel ek het nie gedink Nike [wat die hemde borg] het sulke swak smaak nie. Maar wat se dit van SARU? Is daar ‘n baba oppad wat hempies nodig het?

Voter ·

Belaglike redes!! Maak die groen en goud goedkoop!! Hoe kan julle kla oor die goedkoop gebruik van julle handelsmerk, as julle dit self verwerp / goedkoop maak!!

Marina ·

Wat n belaglike verskoning om te sê Nike, die borg het dit voorgestel. Wat weet hulle van tradisie af?
Word ons tradisies nou vir almal oopgegooi om daarmee te maak wat hulle wil?

hpven ·

Lyk soos baba kleertjies. En ons wil hê hulle moet wedsryde wen met sulke klere…

Bolandse Nooi ·

Dit moes nog net “toe voetjies” gehad het … dan was dit ten volle ‘n “romper suit”!!!

marius ·

Twak man . Daar was nog altyd met die groen en goud gespeel . Polities gedryf . Dis die waarheid . Leuenaars !

annie ·

Twak. Hierdie ontwerp is voorgelê deur die mense wat die sportklere maak vir Saru. En wie is Saru se baas? Verduideliks oor kleurblindes en blomme en die seegroen natuur is bietjie vergesog. Dit is lelik en dit bly lelik. Die klere pas by verloorders. Mik ons soontoe. Die Ausies dra nou ons groen en goud en Saru sê niks.

Andrew ·

SA het in die eerste wedstryd teen Skotland ook met daai truie gespeel. Met hulle logieka sal n all black teen SA wedstryd ook nie met traditionele klere gespeel word nie.

Bolandse Nooi ·

Andrew bedoel – die Bokke het in dié patetiese uitrustings teen Skotland gespeel die eerste keer. Uhm …….. Skotland se truie is donkerblou en wit, waar was die tradisionele “groen-en-goud” in botsing met hul drag??? Ons speel eers komende naweek teen Ierland, en dán kan die “groen-en-goud” dalk bietjie verwarrend wees, met Ierland wie s’n ook groen is, maar komende naweek speel die Bokke in die régte, alternatiewe trui, wat wit is.

Bolandse Nooi ·

In elk geval, as enige rugby kyker nie kan onderskei tussen die twee spanne op die veld se spelers (in hul onderskeie, oorspronklike rugby klere nie), kan sodanige persoon ook nie té veel van die spel verstaan nie en moet sodanige persoon dan maar eerder sokker of atletiek kyk. Hoekom kan die All Blacks dan in húl swart truie bly speel, “nevermaaind” teen watter span?

piet ·

Ek dink nie die kritiek is so seer dat hulle in alternatiewe truie moet speel nie, die kritiek gaan daaroor dat die alternatiewe trui so verskriklik lelik is.

Bolandse Nooi ·

Nee, dit gaan daaroor dat SARU ons wil stoomroller met besluite wat alles te doen het met ras, transformasie en die weggooi van ons sport tradisies.

Andrew ·

Op die ou end as jy nie van daai trui hou nie moet nie een koop nie, nie eers by die straat vendor nie.

Daisy ·

Lyk nog steeds soos iets tussen die Checkers 60/60 afleweringfiets en Listerine advertensie

SjN ·

Die senior spelers wat dit goedgekeur het gaan seker as tjo tjo elkeen n 60/60 aflewerings fiets as geskenk kry??

Voter ·

Die senior spelers wat die nuwe klere goedgekeur het, is daar omdat hulle goed rugby speel – nie omdat hulle kenners in die klere bedryf / handelsmerke is nie!! Die ondersteuners moet liewer geraadpleeg word.

Karoo ·

Ek dink iemand het ‘n groot klomp geld gemors. dis dalk’ n Ndebele-ontwerp maar waar is die kleur? Ons pragtige landskap en flora lyk defindetief nie so vaal ysig en afsydig nie.

Jacobus Stephanus ·

Dit lyk goedkoop en vernietig die allemintige sterk springbok. Dié identifikasie word ondermyn.

Oros Soros ·

SARU het ‘n toets gedop hier. Hoekom nie die ondersteuners se gevoel vooraf getoets nie? Die Cheethas het byvoorbeeld hul ondersteuners geraadpleeg oor ‘n “tuis” en “weg” trui. Konsultasie sou baie probleme opgelos het. Aan die ander kant moet ons aanvaar dat dit of groen of wit (ligter kleur) gaan wees. Wêreld Rugby het reëls om kleurblindheid te akkomodeer.

Nettie ·

Wat ek hoor is:
‘n Klein groepie hoë koppe het besluit, so julle plebs wat die springbokke ondersteun, bly nou stil en hou op kla. Dit was goedgekeur deur die magtige elite. Julle miertjies op die grond het geen sê nie, al is julle verreweg die groter meerderheid. Julle is niks in ons oë nie.

OK. Regso. Ons hoor hard en duidelik.

Peter ·

Dankie SARU dat julle ten minste verduidelik het hoekom julle die siel van rugby verkoop het, vir geld. Julle is ‘n klomp nikswerd “pleasers” van almal behalwe die rugby liefhebbers.

Aai ·

Ja nou kry Nike die skuld die ANC het die besluit gemaak soos altyd sonder die gewete van die land se mense en waar gaan dit opeindig soos alles waaraan hulle raak.

Philip ·

Dis die ndebele deel wat almal kwaad het, wat het hulle met ons rugby tedoen

Agge nee ·

Die Springbok gaan seker die kleurblindes verwar? Ek dink dit is SARU wat verward is.

Papsak ·

Belaglik dit kan mos groen en goud gebly het hoekom so baie verander op trui bere verskonings en verduilikings daai trui lyk belaglik by bokke asb

Aai ·

Almal se ‘n sport wat one nation by mekaar hou nou hoekom was die 60 milj nie deel van trui se besluit ?

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

My vraag is net hoekom moet ons altyd agteroor buig en die minderhede akkomodeer?

Bolandse Nooi ·

Jy weet wat die antwoord op daardie vraag is. Ons IS die minderheid, hulle – die ANC en SARU se “besluitnemers” en 95% van die bevolking – is die massa meerderheid. “As jy in Rome is, maak jy soos die Romeine maak”. Die individu, die minderheid, se belange en mening tel hier nie. En as die papaja die waaier slaan, is dit maklik – blameer die borg daarvoor!

Dirk ·

Kry nuwe borge. Ander kan hulle sommer in nagrokke en bloomers speel as die groen en goud so min beteken. Eers is gekarring met die springbok embleem nou sommer met die hele uitrusting. Pateties

Samuel ·

SARU kan verduidelik soos hulle wil, die nuwe trui is níé verteenwoordigend van ons Springbok rugby nie. Hierdie is die begin van die einde vir SA Rugby. Nog al die jare het kleurblindes rugby gekyk en dit het hulle nie gepla nie. Twak.

Andries ·

Eers was dit vir di gerief van kleurblindes. Nou, is dit “Aanduidend” (wat n woord keuse) van oa ons Flora – waar kan ek di kleur blomme/struike/plante te sien kry?

Bolandse Nooi ·

Ek wonder ook watter plante se blare is hierdie kotsel-groenkleur?

Jax ·

Liewe land, hoe dom dink die spul is ons? Dink hulle werklik dat ons Hierdie sogenaamde verskoning vir soetkoek gaan eet? Ons is groen en goud – nie uitgebleikte groen en wit nie! Ek dink die rugby base en borge het dinkwerk nodig. Julle wil nie die ondersteuners omkrap nie, of hoe? Wat as die publiek besluit om op te hou rugby kyk en/of borge te boikot? Druk daai ou patroontjie op n inkopie-sak; nie op ons Bokke se truie nie!

Andries ·

2e Gedagte. Stel julle di All Blacks in so n verkleurmannetjie tammeletjie voor…

Bolandse Nooi ·

Dit sal nie gebeur nie, want Nieu Seeland het oor hulle koloniale dae en Apartheid gekom …. lankal al. Die nodige erkenning is aan die Maori’s en Suid-Samoane gegee. Hulle het aanbeweeg. Hier in SA sal die massa-meerderheid nooit aanbeweeg nie, want hulle wíl nie aanbeweeg nie. Hulle wíl vir Oom Jan, Tannie Maria, Oom Hendrik, Oom PW vir ewig en ewig en ewig blameer vir die “ongeregtighede” van die verlede.

Vonkprop ·

Geïnspireer deur SA landskap en flora? Wys my enige landskap of flora met hierdie kleur. Die groen en goud is nader aan die SA landskap en flora as hierdie belaglike rede.

George ·

Aaklikste trui ooit denkbaar…en die trotse sprinbok kop ly daaronder

Kobus ·

Die truie lyk @. Alle spanne het nog al die jare in hul regte truie gespeel, en geen van die redes is ooit aangevoer as problematies. Moet julle alles opdons?

Delia ·

1. Het Nike geld onder die tafel deurgegee?
2. Van wanneer af is ons fauna en flora daai blou kleur.
3. Hoekom moet SA hulle trui afstaan. Doen die ander lande dit ook?

Johanncb ·

Dit lyk aaklig! Kan moontlik oorweeg word om as slaapklere gebruik te word.

Bolandse Nooi ·

Ja, hy/sy was so beskonke dat hulle daardie lelike turkoois-blou-groen as die kleur van SA se “flora” aangesien het.

Wit Leeu ·

Twak ! Dis ‘n politieke besluit !!! Dink julle ons is stupid !

Petrie ·

Dis die aakligste trui. Hoekon Ndebele en nie Zulu, Tsawana of Xhosa ontwerp nie?
Sorrie SARU julle het die SA Rugby ondersteuners verneder met die belaglikheid. Wie is NIKE om voor te skryf? Julle sal julle siele verkoop vir geld.
Siesa…

Bolandse Nooi ·

Dis nes kykNet, wat behoorlik in die sak van Lottoland/Betway10/SportBetSA is. Omtrent alle programme word deur hierdie 3 geborg.

Blackies ·

Die kleur maak in elk geval nie saak as jy nie die wedstryde kan kyk nie. Sabc saai dit uit op tv 2 maar ons 3.2 miljoen OVHD kliente is nie deel van die sabc nie.

Meinung ·

SARU het nou die deur oopgemaak vir verdere onwelkome veranderinge en een van die dae is die Springbok ook heeltemal weg. Is die publiek geken in hierdie saak? Nee wat, daar kon ‘n beter plan gemaak word. Hierdie truie lyk maar oes!

Eugene ·

Klomp twak. Ons span moet in die groen en goud speel en as Nike aandring op die kotsenswaardige gemors wat nou gedra word moet hulle nie toegelaat word om ontwerpe te doen. Hierdie gaan alweer alles oor geld en gekoopte borgskappe. Wie is die mense wat dit goedgekeur het? Noem hulle by name

Corne123 ·

dit onaanvaarbaar groot koppe moet rol klaar hoekom is die nelaglikhede nie te sien by ander sport nie bv sokker

Fran ·

Ek is al so moeg vir Ndebele ontwerpe. Is hulle die enigste bevolkingsgroep wat kan ontwerp? Asseblief!

Hennie ·

Die huidige wereld bekerhouers moet gegun word om met hulle traditionele trui te speel. Die opponent moet in alternatiewe truie speel.

Casper ·

Die bokke speel al in die tradisionele Springboktrui vandat Springbokrugby bestaan.Die wit trui vertoon ook netjies maar nou word die Springbokkie elders op die trui aangebring want die a ‘n c sê so.Ek kry arc etes net om vir die nuwe trui te kyk So vernietig hulle stelselmatig ons tradisies.

Jubba ·

Tipies anc word die landsburgers se opinie nie gevra nie hulle doen soos hulle wil met bitter min agting op tradisie en trots. Darem goeie kans dat ons kan wen want SixtySixty delivers!

Nico ·

Die aaklige trui het veroorsaak dat die Springbok rugby span tot niet is, ek het groot geword met die groen en goud rugby truie.

Ronel ·

Hulle lyk soos “highlighters”. Jammer, dis regtig nie mooi nie. Maak eintlik mens se oë seer. Ek dink hierdie truie vind maar “aanklank” by bitter min mense.

Riette ·

Ek hou van die nuwe trui. Dit is ‘n vars voorkoms en die beste van alles is dat die nuwe truie orals uitverkoop is, tot by die Springbokke se aanlynwinkel. Laat mens wonder of almal wat so tekere gaan nie dalk een in die kas het nie………………………..

Pieter ·

Tenminste weet ons nou hoe muurpapier lyk op ‘n sport veld :-)…
Die ander spanne het in die patroon gekyk en dronk geword :-)…
Die manne in hierdie span het baie strepe verdien :-)…

Louise ·

Nee dankie, dit maak my oë seer en sommer see-siek net om daarna te kyk.

Mel84 ·

Die truie is nie opsigself lelik nie – maar die nostalgie en tradisie van ‘n Springbok in groen en goud gaan verlore – DIS waarom almal warm onder die kraag is.
En per toeval is Sixty60 een van die groot borge. En word die kleur herhaal op die truie. Dis net te dik vir ‘n daalder om hierdie te glo.

Carin ·

My mond val oop as ek sien oor watter tipe nonsens volwassenes aan die gil gaan. Die truie lyk nie sleg nie. Die verduidelikings klink heel billik. Wat is dit wat mense so ongelooflik emosioneel maak? Hulle is steeds ons span. Hulle verteenwoordig steeds ons land. Daar is ander goed om oor te gil. Kom ons ondersteun hulle met dieselfde oorgawe as altyd.

Delia ·

Bietjie vir bietjie verval tradisies tot daar later niks oorbly nie. En dit gebeur so geleidelik.

Se maar net ·

Nee wat, dit bly nogsteeds lelik, geen wonder die Suidafrikaners spot met die trui wat soos Checkers 60/60 of listerine mannetjies lyk nie

Di ·

Jo, hierdie truie maak my dronk in my kop om net daarna te kyk! TOO MUCH

Old no7 ·

Verander die sokker span se truie na dieselfde en kyk of hul toeskouers tevrede sal wees……

blia ·

Hulle moes van die begin af net plain wit gedoen het, met ons springbok groen ‘trimmings’ by die kraag en bv. die moue.

Linda ·

Nou is dit dat kleurblinde mense rugby kan volg. Ek dog in SA moes ons al jare terug kleurblind wees anders was ons teen die wet? Verwarrende stelling.

jmboonzaaier ·

Waarom moet die Springbokke elke keer in die “alternatiewe” trui speel en nie die ander spanne nie?

Elsanne ·

Die kleur is walglik! Laat my dink aan Listerine en moenie vir my sê die kleur is v SA se natuur. Nonsens. Dit lyk meer soos ‘n Kariebiese see kleur nie SA s’n.
Hoekom dan nie eerder ‘n wit trui met die embleem op as ons nie in groen en goud kan speel?

Lottie ·

My mening is dat die Bokke is die huidige wêreld kampioene en moet dus die eerste keuse he oor die truie waarin hulle gaan speel.

Helene ·

Amper se ek iets…maar lanklaas soveel bolla gehoor.
Die kleuter pajama’s is belaglik!

Andre ·

Net omdat “senior speller” dink dis mooi, beteken dit nie die res van die ondersteuners dink so nie.

Christo ·

Die trui maak gekke van die Springbokke. SARU is so clueless soos more heeldag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.