Probleme met Sassa-betalings is ‘ANC se skuld’

(Foto: Barbara Maregele/GroundUp)

Rise Mzansi meen dit is die ANC-geleide regering wat blameer moet word vir die meer as 100 000 toelaes wat nog steeds nie uitbetaal is nie.

“Dit is nou ʼn week sedert honderdduisend begunstigdes nog steeds nie hul Sassa-toelaag ontvang het nie. Dit is betreurenswaardig dat die situasie nie beter word nie,” sê Esther Padi, nasionale koördineerder van Rise Mzansi.

Maroela Media het vroeër berig duisende begunstigdes moes meer as ʼn week lank spook om hul maandelikse toelae te onttrek weens “tegniese uitdagings” by Posbank.

“Die tegniese foute waarna die ANC-regering verwys en wat vir die ramp beskuldig word, is nie ʼn ongeluk nie. Dit kom al jare lank en het begin toe die Sassa-uitbetalingskontrak onwettig toegeken is aan Cash Paymaster Services. Ons sien ook regstreeks die impak van politieke inmenging en wanbestuur omdat die Poskantoor en Posbank se omkeerstrategieë gekortwiek is deur die ANC-regering se politieke inmenging.”

Padi meen die ramp kon heeltemal vermy geword het.

“Die regering en Sassa moet dringend ʼn assessering doen van die werklike stand van die Posbank en of hy hoegenaamd hierdie lewensreddende taak kan verrig, anders moet alternatiewe reëlings getref word. Die land moenie weer een keer sien hoe begunstigdes huis toe gaan sonder geld vir kos of ander basiese benodigdhede nie.”

Sy sê vrywilligers van Rise Mzansi op grondvlak het stories gehoor van kwesbare begunstigdes wat veg om te bly oorleef. “Die situasie is benard en het Suid-Afrikaanse burgers in ʼn ongunstige en onwaardige toestand gelaat.”

Rise Mzansi doen ʼn beroep op die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, om meer te doen om arm Suid-Afrikaners te help wie se bestaan afhang van maatskaplike toelaes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

M ·

Nóg ‘n vet,dik, groot en baie lang spyker in die regime se doodskis !!! Lekker man…nét lekker … Hou aan opmors en vernietig … dit is julle “Styl en aanslag” …

Danie ·

Die cancer regering voel vere oor als.Daar is nie n woord soos spyt en berou in hulle woordeskat nie.Dit sal net n onnodige gevoel wees om lekker te kry.

Casper ·

Lindiwe Zulu gaan seker die a ‘n c mislukking op die skouers van apartheid pak.Almal en alles kry die skuld behalwe die ware sondebokke.

Kobus ·

Dalk moet die salarisuitbetaling van ministers deur dieselfde stelsel werk as Sassa. Dan sal ons sien hoe flink en suksesvol die SASSA sisteem gaan werk. Die minister moet by die MRK aangkla word omrede sy haar plig versuim deur mense te mishandel. Verseker is daar oogenoeg kos op haar tafel terwyl 100,000 honger moet gaan slaap. Wonder of sy lekker voel?

Di ·

Daar is NIKS wat die spul reg kan doen nie. Kyk maar net na die toestand van ons land, dit spreek boekdele! ALLES waaraan hulle raak, verander in totale ineenstorting

Jacobus ·

Dit is n ou truuk van die ANC misdaad bende on voor n verkiesing dersuisende SASSA begunstigdes se geld terug te hou vir maande en dan net voor die verkiesing kry hulle al hulle agterstallige geld. Veral in die Weskaap.

Di ·

Jo, ek is bly dit is nie weer “apartheid” se skuld nie! Alles wat ten gronde gaan in die land word mos op apartheid blameer. Hulle kan nie ‘n land regeer nie, dis oor en oor bewys, punt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.