Wen: Sangers slaggereed vir groot makietie, rugby by GrootJol

Bok van Blerk. (Foto: Verskaf)

Van die land se grootste Afrikaanse kunstenaars soos Riaan Benadé, Appel, Ricus Nel, Bok van Blerk, Jay, Demi Lee Moore, Dodo Nyoka, Eloff, Lianie May, Karlien van Jaarsveld en Samantha Leonard, is slaggereed om op 23 September die Voortrekkermonument op horings te neem.

Nie net is dié groep gesogte kunstenaars opgewonde om hulle Afrikaanse treffers op die GrootJol-verhoog te deel nie, maar ook om die Springbokke se Rugbywêreldbekerwedstryd teen Ierland te ondersteun.

“Dit gaan ʼn massiewe partytjie wees en een groot Bok-jol wees. Ons gaan hulde bring aan die Bokke met Leon Schuster se nuwe liedjie, ‘Bokmasjien’,” sê die gewilde “Dans in die reën”-sangeres Karlien van Jaarsveld.

Bok van Blerk sê hy sien baie uit na die GrootJol. “Kom saam en kyk saam met die land se grootste Afrikaanse kunstenaars die rugby!”

“Dit gaan ʼn ongelooflike kuiergeleentheid wees by die wonderlike Voortrekkermonument. Maak seker jy kry jou kaartjie,” sê die “Stoutgat”-treffermaker Jay.

Appel (Foto: Theana Breugem/Argief)

Appel sê jy moenie wonder waar jy die rugby gaan kyk eerskomende Saterdag nie. “Ek weet, by die GrootJol, by die Voortrekkermonument. Bring al jou pelle saam, want ons gaan die grootste Springbok-serenade nog ooit doen.”

Afrikaanse musiekliefhebbers in die Pretoria-omgewing wat van die buitelug, langarmdans, kosstalletjies en treffermusiek hou, kan gerus 23 September op die kalender merk vir ʼn heerlike partytjie.

Dit is die sesde en laaste GrootJol nadat dit vroeër vanjaar in Kaapstad afgeskop en duisende feesgangers in Kaapstad, Hartenbos, Port Elizabeth, Vanderbijlpark en Potchefstroom op hul voete gehad het.

Die GrootJol wat verlede jaar Desember in Hartenbos plaasgevind het, het derduisende mense op sosiale media laat gons en juis daarom is besluit om dié fees na die gehore te neem.

Boonop staan elke kaartjiehouer van dié konsert ook die kans om in aanmerking te kom vir Afrikaans is Groot-kaartjies met eksklusiewe BBP-behandeling wat verblyf en ʼn spesiale toer agter die verhoog insluit.

Kaartjies is slegs by iTickets beskikbaar met 10% afslag sou jy oor WhatsApp deur die GrootChat koop – klik op dié skakel.

(Grafika verskaf)

Wen

Vyf gelukkige Maroela Media-lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie na die GrootJol by die Voortrekkermonument op Saterdag 23 September wen. Die kompetisie sluit Woensdag 20 September om middernag. Vul die vorm in om in te skryf. Die wenner sal per e-pos in kennis gestel word.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit 20 September om middernag.
  • Die wenners sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media met die wenners in verbinding sal tree.
  • Die prys kan nie vir kontant geruil word nie.
  • Die wenners is self verantwoordelik vir enige reis- en verblyfkoste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.