“Dié gemeenskap het net weer gewys hoe kragtig dit is wanneer mense saamstaan.”
Alles vir Maandag 18 September 2023
Kunsmistekort dreig
Invoersyfers staan op 78 867 ton in Junie vanjaar teenoor 219 934 ton verlede jaar.
Substasie beroof; talle Pretorianers sonder krag
’n Groep van sowat 20 boosdoeners het Maandag in die vroeë oggendure (tydens twee uur lange beurtkrag) op die substasie toegeslaan.
Eddie Jones: Skare moes hom met ‘baguettes, croissants gegooi het’
“Ons het ʼn effense terugslag gehad, maar dit is alles deel van die Wêreldbeker. Ek onthou Suid-Afrika het ʼn wedstryd verloor en [in 2019] die Wêreldbeker gewen.”
Sepiegids: Mymoena terug in ‘Suidooster’; Tertius is eerlik met Nina in ‘Binnelanders’
In “Binnelanders” is Bets skielik nie meer so desperaat om vir Conrad te sien nie, en in “Diepe waters” neem Sanet en Wim ʼn besluit oor hulle vriendskap.
Beurtkragfases verder verlaag
Die laer fases word aan “verbeterde opwekkingskapasiteit” toegeskryf.
Video: Kry die laaste druppel tamatiesous uit die bottel
In ʼn tyd waar mens jou sente twee keer moet omdraai en al hoe minder luukses deel vorm van die begroting, is dit handig om te weet hoe mens die laaste druppel uit die tamatiebottel kan kry.
Talle beseer toe branders deur eetplekke stroom
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het Maandag nog ʼn waarskuwing uitgereik vir “verwoestende golwe” aan dele van die kus.
Afrika-pikkewyne vrek van hongersnood
“Dit is uiters kommerwekkend dat pikkewynkarkasse gevind word, waar die pikkewyne ooglopend so uitgehonger is dat daar geen vetlagie eers onder die vel aanwesig is nie.”
Student kritiek ná mesaanval by universiteit
Twee Australiese vroue, albei 20 jaar oud, is Maandag ná die voorval hospitaal toe geneem. Een van die vroue is in ’n kritieke toestand.
Vyf by huis in Gelvandale doodgeskiet
“Skote is van buite afgevuur voordat die gewapende mans by die gebou ingestorm het. Vyf mense – drie mans en twee vroue – is in die voorval dood.”
Skrywer Schalk Schoombie sterf
Schoombie het ná ʼn lang siekbed in Alberton gesterf.
Aussie beboet wat met luislang gaan branderry
Die luislang sou die water as uiters koud ervaar. Die enigste slange wat in die see hoort is seeslange.”
Geluk aan die ‘raai die telling’-wenners
‘n Gelukkige Maroela-leser wat die telling korrek geraai (of die naaste aan die eindtelling geraai het), het die kans gestaan om ʼn midweek by ATKV-Oorde te wen.
‘Staat kan nie nóg toelae bekostig’
“Daar is ʼn beduidende risiko dat populisme oorheers en dat dit tot roekelose uitgawes kan lei – wanneer die land dit die minste kan bekostig.”
Bokke fokus nou op die aanval
Jacques Nienaber sê as ʼn span was daar ʼn hele paar doelwitte wat die Bokke graag met die wedstryd teen Roemenië wou behaal.
Resep: Aarbeisous
Die sous kan ook gevries en as ʼn verfrissende somernagereg voorgesit word.
Ryan Fox trap in pa Grant se voetspore
ʼn Mens moet nooit die kar voor die perde span nie en dít het die Nieu-Seelander Ryan Fox Sondagmiddag op Wentworth in Surrey, Engeland, sekerlik ook gedink toe hy in die laaste ronde van die Britse PGA-kampioenskap op die sewende putjie verbrou het.
Rugbywêreldbeker: Raai die telling en wen
Suid-Afrika kom op 23 September 2023 te staan teen Ierland in die Rugbywêreldbeker. Raai die telling en staan die kans om ʼn midweek by ATKV-Oorde te wen.
Net nog ʼn bedrogspul?
Soveel finansiële kenners, koerante en ekonome het die ondergang van Bitcoin vir jare voorspel. Maar die geldeenheid staan meer gereeld uit die dood op as die Bybelse Lasarus.