Aussie beboet wat met luislang gaan branderry

(Foto: Twitter/Jacaranda News)

Is dit ʼn haai? Seegras? Dalk ʼn serp? Nee, dit is ʼn luislang om  ʼn branderplankryer se nek.

Die Australiese owerhede was egter allermins dik van die lag nadat beeldmateriaal van ʼn branderryer aan Australië se Goudkus – met ʼn luislang om sy nek – op sosiale media versprei is.

Die branderryer is met AUS$2 322 (sowat R28 500) beboet omdat hy nie ʼn permit gehad het om die slang in die openbaar rond te karwei nie.

“Om hierdie dier in die openbaar uit te neem, vereis ʼn afsonderlike permit,” het Queensland se departement van omgewing en wetenskap Maandag gesê.

“Slange is natuurlik koudbloedige diere en terwyl hulle kan swem, vermy reptiele oor die algemeen water. Die luislang sou die water as uiters koud ervaar.

“Die enigste slange wat in die see hoort is seeslange.”

(Foto: Twitter/Latest Pet News)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Karoo ·

Ek is ‘n groot voorstaander van beskereming en misbruik voorkoming, veral as mense diere en baie jong kinders op b. v Youtube “gebruik” om geld of ander vorme van vergoeding (roem) uit hulle te maak.

Gert ·

Ja hy kon teminste vir die slang sy eie tuisgemaakte branderplank met ingeboude verwarmer en nommerplaat wat permit nommer vertoon gebruik het.

Bolandse Nooi ·

Ek is seker daar is “down under” iets regtig, tragies verkeerd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.