Soorte resepte:

Resep: Aarbeisous

Aarbeisous. (Foto: Lapa Uitgewers)

Die sous kan ook gevries en as ʼn verfrissende somernagereg voorgesit word.

Lewer sowat 900 ml.

Bestanddele

  • 1 kg aarbeie
  • 50 ml suurlemoensap
  • 200 g strooisuiker
  • 50 ml vodka of brandewyn

Metode

  1. Verpulp die helfte van die aarbeie saam met die suurlemoensap.
  2. Verhit dit, voeg die suiker by en roer oor lae hitte tot dit opgelos is.
  3. Voeg die res van die aarbeie by en kook 3-5 minute.
  4. Roer die vodka of brandewyn in en laat prut weer vir ʼn minuut.
  5. Giet die orige sous in gesteriliseerde bottels en verseël.

Bron: Souse
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.