Vyf by huis in Gelvandale doodgeskiet

(Foto: Dall-E)

Die polisie is op soek na ʼn groep aanvallers wat vyf mense Sondagaand by ʼn huis in Gelvandale, Gqeberha, in die Oos-Kaap doodgeskiet het.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die groep gewapende mans met klapmusse het ʼn erf in Koedoestraat omstreeks 23:50 betree.

“Skote is van buite afgevuur voordat die gewapende mans by die gebou ingestorm het. Vyf mense – drie mans en twee vroue – is in die voorval dood.”

Volgens Naidu is die slagoffers tussen die ouderdom van 24 en 42. Hul naastebestaandes moet nog opgespoor word.

“Daar word verder beweer dat daar met dwelms in die huis handel gedryf is.”

Volgens Naidu is die motief vir die moorde in hierdie stadium onduidelik en sal die polisie elke leidraad opvolg om die aanvallers te identifiseer en vas te trek.

“Vyf aanklagte van moord word ondersoek.”

Lt.genl. Nomthetheleli Mene, provinsiale polisiehoof, het Maandag die polisie se georganiseerde misdaadondersoekeenheid opdrag gegee om die aanvallers so gou moontlik voor stok te kry.

“Die verlies van onskuldige lewens is altyd ʼn ernstige kommer. Die veiligheid en welstand van ons gemeenskappe bly ons hoogste prioriteit, en ons sal alles in ons vermoë doen om te verseker dat geregtigheid geskied.

“Ons doen ʼn beroep op enigiemand met inligting oor hierdie saak om na vore te kom en ons by te staan ​​in ons strewe na geregtigheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Marcello ·

Miskien is dit mense wat ontslae wil raak van verdowingsmiddels smouse.

Karoo ·

Artikel lui dat daar vermoedelik met dwelems in die huis gehandel word. Nou… dan pas die res van “Die verlies van onskuldige lewens is altyd ʼn ernstige kommer”glad nie want hulle roof lewens met die verkoop van dwelems en is dus glad nie onskuldig nie.

Roek ·

Soos een ingelsman gese het” Ïf you live by the sword ,you will die by the sword””

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.