Student kritiek ná mesaanval by universiteit

Universiteit in Canberra, Australië (Foto: University of Canberra/Facebook)

Drie mense onder wie twee studente is gewond ná ʼn mesvoorval by die Australiese Nasionale Universiteit in Canberra, Australië.

Die aanval het Maandag om 14:45 Australiese tyd plaasgevind.

Twee vroue, albei 20 jaar oud, is ná die aanval hospitaal toe geneem. Een van die vroue is in ʼn kritieke toestand en die ander is stabiel.

Die vroue is albei studente aan die universiteit.

Volgens die polisie is ʼn 34-jarige man ook tydens die voorval aangeval. Die man het slegs ligte beserings opgedoen en is nie na ʼn hospitaal geneem nie.

ʼn 24-jarige man is sedertdien in hegtenis geneem, maar is nog nie aangekla nie.

Die polisie sê die man is glo nie ʼn student aan die universiteit nie en “geen spesifieke motief vir die voorval is geïdentifiseer nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

bolletjie blom ·

Toe ek die artikel se opskrif lees het ek gedink dit is in Suid Afrika.

Peetjie ·

Eerste wat ek ook gedink het – en dis seker net te verstane dat ons so dink..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.