‘Staat kan nie nóg toelae bekostig’

(Argieffoto: Ashraf Hendricks/GroundUp)

Sakelui is uiters bekommerd oor die heersende ekonomiese omstandighede en waarsku dat die regering eenvoudig nie nóg maatskaplike toelae kan bekostig nie.

Busisiwe Mavuso, uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa (BLSA), sê taai tye staar die land in die gesig, veral wat die regering se fiskale bestuur betref.

“Staatsinkomste gaan gebuk onder die werklikheid van lae ekonomiese groei waarin belastinginvordering ook minder is as wat verwag is,” verduidelik Mavuso.

“Die lae ekonomiese groei plaas verdere druk op maatskaplike toelae wat veronderstel is om diegene te help wat in die armoedestrik vasgevang is.

“Die uitdaging is dat die regering eenvoudig die bestedingskrane moet toehou, omdat hy dit doodeenvoudig nie kan bekostig nie,” sê sy.

Volgens Mavuso sal dit tot nog skuld – in ʼn tyd waarin rentekoerse reeds hoog en die aptyt vir belegging maar min is – aanleiding gee.

“Al meer lenings sal duur gevolge vir die land inhou en ons ekonomiese groeiprobleem net verder vererger.”

Mavuso sê sakelui en beleggers sal dan toenemend bekommerd raak oor die volhoubaarheid van staatsfinansies en dit kan beleggings en ekonomiese bedrywighede verder beperk.

Sy sê die nasionale tesourie is deeglik bewus van hierdie uitdagings en het met die res van die regering saamgewerk om maniere te soek om geld te spaar, uitgawes te verminder en die boeke te probeer balanseer.

“Hulle het ook die opsie oorweeg om die BTW-koers te verhoog. Die kabinet, ongetwyfeld bewus van ʼn nasionale verkiesing volgende jaar, was egter teen dié pogings gekant, en veral teen enigiets wat die regering se loonrekening kan beperk,” sê Mavuso.

“Daar is ʼn beduidende risiko dat populisme oorheers en dat dit tot roekelose uitgawes kan lei – wanneer die land dit die minste kan bekostig.”

Sy meen dit gaan ʼn negatiewe uitwerking hê as geld uit die ekonomie gebruik word vir belasting, lenings, of om die staat verder te finansier.

“Verder sal dit vrese vir ʼn finansiële krisis laat ontstaan ​​wanneer die regering nie meer sy skuld kan betaal nie.”

Mavuso sê sy is ten gunste van die uitbreiding van toelae, mits dit bekostigbaar en volhoubaar is.

“In tye van sterk fiskale prestasie, soos voor die finansiële krisis in 2008, het die staat welsynsbesteding massief uitgebrei, sonder om sakevertroue te skaad.

“Ons is egter nie nou in so ʼn tyd nie – dit sal nou heeltemal die verkeerde oomblik wees om besteding uit te brei, dit sal negatiewe sentiment vererger en ons tot ʼn selfs slegter groeivooruitsig verdoem,” sê Mavuso.

“Suid-Afrika se sakesektor en die regering moet eerder verenig om die beste groeivooruitsigte moontlik te verseker om die besteding wat nodig is moontlik te maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Danie ·

J hier kom dit nou. Besighede maak toe. Rykes gaan uit die land uit dus minder belastings wat inkom en as jy kinders maak kry jy n toelaag . Huise word gebou uit die staatskas en dan later van tyd verniet oorgedra . Nee wat gaan lekker hier, geld word mos net gedruk, of so dink die meeste van hulle.

Manie ·

Die regerende party weet reeds lankal dat maatskaplike toelaes hulle enigste weg tot nog ‘n termyn is. Hulle gee nie ‘n duiwel om of die staatskas bankrot is nie, hulle wil teen alle koste die mag behou en die stop van maatskaplike toelaes sal sekerlik hulle ondergang beteken. Die poppe gaan behoorlik begin dans na volgende jaar se verkiesing, want ek is van mening dat sekere maatskaplike toelaes dan gestaak gaan word.

Gert ·

Hulle sal die land af brand en hul volgers los vir die aasvoels. Al wat vir hul saakmaak is om te kan spog dat hul wel nog oor die as regeer.

Johan ·

Jy hoef nie n Meestersgraad te hê om dit te besef nie! Maar ek kan nie insien dat hulle die toelaes voor die verkiesing sal stop nie…

Casper ·

Daar is geen beheer oor die kindertoelaes en die R 350 toelaes nie Hieveel mense werk en kry ook die toelaes.Hoeveel buitelandse babas word hier geregistreer as SA burgers deur “gekoopte ouers”maar die kinders sien nooit die geld nie.Sommige Binnelandse sake amptenary maak hulle skuldig aan die registrasies en verkoop van geboortesertifikate.

Gert ·

Ek reken iets moet meegee om groot verandering te bring aan n baie groot probleem. Die cANCer gebruik belasting geld om meer en meer toelae te gee sodat hul indirek mense se stemme koop en sodoende in beheer bly om hul tiraniese model van heerskapy verder te laat vreet aan n kwynende ekonomie.

Harry ·

sonke besazi ukuthi lokhu kuyeza. Babengavele bangifonele ngibatshele ukuthi uyeza.

Fran ·

maak nie sin wat jy sê nie. Weet nie eindelik van die taal nie nê?

Karoo ·

Verander die aanwas program, hoe minder kinders, hoe meer geld kry jy mits hulle skool toe gaan.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ten minste 600 000 wittes is in dieselfde boot. Dit gaan sleg.

Oros Soros ·

Mossie probeer die volstruis voer? Nie volhoubaar nie. Slegs werklike ekonomiese groei kan uitkoms bied. Te veel mense is van die staat afhanklik en die werkloosheid onder diegene jonger as 35 jaar is afskuwelik. Groot moeilikheid aan die kom.

Amelia ·

Dink meeste wil land verlaat maar is moeilik om als net agter te laat maar terwille van veiligheid en om aan lewe te bly verlaat mense land as hul kan probleem is die ouer mense so bo 50 het dit moeiliker as die jonges wat darm nog n kans het vir werk in n ander land

Marina ·

Ons het einde 2021 daardie moeilike besluit gemaak. Baie trane, baie vrae… Maar dit was die beste besluit vir ons! Suid-Afrika sal altyd my vaderland wees. Ongelukkig het die land sy rug op ons gedraai. Ek was in my 40s net so vir interessantheid.

piper ·

hoe veilig is staatseffekte nou asoook ;reatail bonds: ek bly maar weg. plaas maar my geld in satrix usa eft.

Anel ·

Kyk, en hulle kyk met kwylbekke na die GEPF. As ons ons oë uitvee is dit ook geplunder!!!

Manie ·

Kom ons hoop dat die staatsamptenare die rebellie teen die regering sal begin indien hulle pensioenfonds geplunder word.

Mnr De Beer ·

Die huidige staat is onbevoegd. Verryk hulself boonop met belasting betalers se geld en sal oor die as regeer in die land as hulle moet.

Mariana ·

Die regering en veral die in kabinet sorg net vir hulself en hul maatjies se beursies. Voel ‘n veer vir die res van die land en dit sluit hul kiesers in. Wat gaan hulle maak wanneer daar niks meer oor is om te vat nie……..Dan vat hulle pad want hulle het lankal genoeg om soos konings te lewe.

JohanR ·

Maar staat het biljoene om vir amptenare lekker verhoogings te gee. ANC eerste Suid Afrika tweede ne ou Cyril;?

Chopper ·

Dis nie die staat wat dit nie kan bekostig nie. Dis MY/ONS geld wat hulle so stemme mee koop, en EK kan dit nie meer bekostig nie………………..

Marina ·

Die ANC sal n manier moet vind om hul kiesersbasis te kan behou. Las maar n R10 by elkeen se kindertoelae en deel gratis,t-hempies net voor die verkiesing uit. Kan werk? Of net die t-hempies? Toemaar, die massas sal maar net weer met hul emosie stem…

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis skokkend om te hoor hoeveel mense gaan slaap honger. Ook kinders. Sosioloë sê ‘n revolusie is sewe gemiste maaltye vêr.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.