Beurtkragfases verder verlaag

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Christopher Bill/Unsplash)

Eskom het Maandagoggend aangekondig dat beurtkrag weens verbeterde opwekkingskapasiteit en werkverrigting verder verlaag kan word.

Fase 1-beurtkrag sal Maandag van 12:00 tot 16:00 duur, waarna fase 3-beurtkrag vanaf 16:00 tot 05:00 (voorheen sou fase 4 gegeld het) ingestel sal word.

Daarna sal beurtkragfases 2 en 4 soos tevore in werking gestel word. Dié patroon duur tot verdere kennisgewing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bolandse Nooi ·

Vaar’land, Eeesshdom!!!!!!!!! Kan julle net vir “once and all” bly by Fase 1 deur die dag, Fase 3 ná 16:00 sodat ons kan weet wanneer die krag nou eintlik afgaan en wanneer nie? G’n mens kan kophou met die “chop & change” soos julle dit doen nie … dan is dit Fase 5, dan Fase 3, dan Fase 6, dan Fase 2, dan Fase 1, dan Fase 4.

Leon ·

Vroeer jare was die Boswilke sirkus n groot sirkus maar hierdie is verseker n groter een!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.