Koning Charless III is met ʼn tipe kanker gediagnoseer en hy het met behandeling begin.
Lees meerAlles vir Maandag 5 Februarie 2024
Nog moordklagte teen Werner De Jager
Werner de Jager het na bewering selfdood oorweeg sedert sy inhegtenisneming verlede November weens sy beweerde aandeel in die moord op sy vrou, ds. Liezel de Jager. Hy het Maandag in die Amanzimtoti-landdroshof gehoor hy sal ook op bykomende aanklagte van moord tereg staan.
Hofsaak begin oor bitcoin-‘uitvinder’ se bewerings
Craig Wright is intussen “Faketoshi” gedoop.
MRK ontvang klag oor besoedeling in Polokwane-riviere
“Ondergrondse waterbronne is al so erg besoedel dat inwoners en boere met boorgate nie die water vir menslike gebruik kan aanwend nie.”
Man sterf tydens skietery met City Power-wagte
ʼn Man is Vrydag in Lenasia doodgeskiet ná hy skote op City Power se privaat veiligheidswagte gevuur het. Hy wou glo met gesteelde eiendom vlug.
‘Geen logika in minimum loon’
Salaristrekkers met ʼn gemiddelde inkomste sukkel self al hoe meer om te oorleef. Die gevolg is dat werkers soos huishulpe en tuinwerkers waarskynlik afgelê gaan word en nie meer werk gaan kry nie.
Potchefstroomse perdediewe deur buurtwag vasgetrek
Die minderjarige seuns is glo deur ’n man betaal om die perde te steel.
Tienerseun van Leeukop gered
Papageorgiou sê die seun het moontlik aan dehidrasie en hitteuitputting gely en dat hy waarskynlik dronk was.
Taai regter in pekel oor POF-uitsprake
Die appèlhof het bevind dat regter Denise Fisher bevindings gemaak het wat nie binne haar magte was nie.
Nuwe opname wys ‘dramatiese afname’ in ANC-steun
ʼn Nuwe opname wys die ANC se steun kan veral drasties in KwaZulu-Natal, Gauteng en die Vrystaat afneem.
Rassie wys omvang van brandbeserings
Hy het ondersteuners Sondag op hoogte gebring van sy herstelpad met tientalle mense wat hom sterkte en spoedige beterskap toegewens het.
ToekomsVenster: Saai in seisoen
Waartoe roep die Here jou al ʼn geruime tyd? Koop die tyd uit. Moenie verskonings maak nie. Laat 2024 punte tel in God se Koninkryk.
Ramaphosa voorsien groter mededinging by hawens, spoorlyne
Een van die sleutelmylpale in dié hervorming sal wees die inwerkingstelling van sogenaamde oop toegang tot die spoorvragnetwerk. Dit gaan private spooroperateurs toelaat om vir die eerste keer gelyklopend met Transnet-spoorvrag beleggings te doen.
Maroela Media-matriekafskeidgids: Begroting, uitrusting hoort boaan lys
Maroela Media se matriekafskeidgids bied vir jou lekker raad vir dié glansaand: van modegiere tot geldspaarwenke.
Groot kommer oor ‘afgryslike toestande’ by Groblersdal-hospitaal
Die hospitaal is heeltemal te klein en kraampasiënte word in beknopte spasies ingeprop, boonop word baie swanger vroue gedwing om op matrasse op die vloer te slaap.
Dokter mik vir rekord met reuse-motorfietsrit
Hattingh sien weer uit na die heerlike kos, wonderlike mense en onvergeetlike belewenisse wat hy in die 7 000 km op sy ysterperd gaan ervaar.
MultiChoice sê ‘nee dankie’ vir R105-aanbod
MultiChoice sê sy besluit om die aanbod van die hand te wys, berus onder meer op ʼn onlangse waardasie-oefening wat die maatskappy “aansienlik hoër” as R105 per aandeel gewaardeer het.
Suidoosterfees word mondig
Verskeie verrassings en hoogtepunte wag op feesgangers wanneer dié fees van 26 April tot 1 Mei vanjaar in die Kunstekaap-teaterkompleks in Kaapstad aangebied word.
Video: Werner de Jager buite hof uitgejou
ʼn Groep mense het Maandag buite die landdroshof op Amanzimtoti in KwaZulu-Natal saamgedrom waar ds. Liezel de Jager se wewenaar, Werner, weer in die hof verskyn het. Werner word van die moord op Liezel verdink.
Talle ongerymdhede met aanstellings by Gauteng-gesondheidsdepartement
In nege van hierdie gevalle het die departement nie die aanbevelings geïmplementeer nie, al is die meeste van die SDK-verslae reeds meer as 18 maande gelede voltooi.