“Kaapstad is een van die uniekste plekke ter wêreld om as agtergrond vir ʼn reeks te gebruik.”
Alles vir Maandag 5 Februarie 2024
Van kroontjie tot kollig: Hoe haarsorg jou ʼn stem kan gee
“Die beste weergawe van jouself begin by ʼn netjiese voorkoms, en ek glo vas jou hare is soos die kroon wat jy nooit afhaal nie. Belê in goeie haarprodukte, dat jou hare al die praatwerk vir jou doen.”
Maroon 5-sanger beïndruk in Afrikaans tydens SA konsert
“Julle lyk baie mooi,” het die sanger in byna vlot Afrikaans op die verhoog gesê.
Geluk aan ons Valentynsdag-wenners
Maroela wou graag twee van ons lesers elkeen met R1 000 kontant bederf sodat hulle saam met ʼn geliefde dié jaar Valentynsdag sommer behoorlik kan vier.
Minimum loon: Ekonomiese werklikheid ‘waai by agterdeur uit’
“Ideologie en die besef dat vanjaar se verkiesing waarskynlik meer van ʼn tameletjie gaan wees, maak dat besluite eerder op oorlewing by die stembus gefokus is as om kwessies soos werkloosheid en armoede te pak.”
Gaan Bafana ooit weer SA harte wen?
Die toernooi het tot dusver weinig gedoen om weer vuur te maak onder Suid-Afrikaners wat jare lank die een teleurstelling ná die volgende moes verduur en nie veel meer hoop vir die span – of selfs belangstelling daarin – het nie.
Sepiegids: Liam, Delia praat eerlik in ‘Binnelanders’; ʼn gebeurtenis in Ruiterbosch verander alles in ‘Suidooster’
In “Arendsvlei” sien Kyle dat Beatrice nie meer haar verloofring dra nie, en in “Diepe waters” besef Thandi waarmee Valencia besig is.
Bela-wet gaan ‘ouers se sê steel’
Die organisasie eis dat die wetsontwerp in sy geheel teruggetrek moet word en na die departement van basiese onderwys vir deeglike heroorweging verwys word.
Staatsrede: ‘Slagspreuke’ kry nie dinge gedoen
Die staatsrede gee ʼn kernaanduiding van die regering se werk en in ʼn verkiesingsjaar is daar waarskynlik selfs meer druk om die staat se sukses aan die groot klok te hang en ambisieuse aankondigings oor optrede te doen.
‘Februworry’ by vulstasies lê voor
“Die meeste verbruikers herstel nog van feestydbesteding en uitgerekte begrotings, dus sal die styging in brandstofpryse ʼn negatiewe uitwerking op huishoudings se begrotings hê,” sê die AA.
Foto’s: Eenvoud sing harder as uitbundigheid op Grammy-tapyt
Talle bekendes het klassieke silhoeëtte, stylvolle wit nommertjies en eenvoudige blinkers vir die glanstapyt gekies.
Uniekheid van die Karoo lê in Afrikaanse gemeenskappe
“Dit voel regtig vir my of ʼn mens ʼn nalatenskap agterlaat en of dit waarmee ons besig is, ewigheidswaarde het.”
President moet grondwetlikheid van NGV toets
“Suid-Afrika smag na ʼn alternatief tussen die winsgedrewe privaat sektor en die swak openbare sektor. Die NGV is juis nie dít nie. Dit gaan alles laat inplof. As ons teen die NGV veg, ontken ons nie die uitdagings van die privaat sektor nie.”
New York gee K5-moltreinrobot trekpas
“Ek sê nog heeltyd dit is ʼn asblik op wiele, maar dit lyk of die wiele nie eens in hierdie stadium werk nie.”
Grammy-prys vir SA se Tyla
Suid-Afrika het ʼn sterk teenwoordigheid gehad tydens die 66ste Grammy-toekennings, wat Sondagaand in Los Angeles, Kalifornië, uitgedeel is.
Taylor Swift maak geskiedenis by Grammy’s
Sy het toe sommer ook die geleentheid benut om nóg ʼn album bekend te maak.
Hoe klein dade groot verandering kan bring
Dit is juis hierdie bande, oftewel onderlinge verbondenheid, wat talle gemeenskappe verloor het. As ons 50 jaar of langer terugkyk, was die meeste van ons ouers, oor alle kulture heen, betrokke by die een of ander organisasie.
Ken en bereik jou baba se mylpale
In die eerste drie maande sal jou baba onder meer reuke begin identifiseer, hul koppe vir kort tye regop hou, begin glimlag vir ander, poog om vir jou te kyk as jy praat, babbel en hul duime suig om hulself te sus.
Aanhouer wen vir Frittelli
Dylan Frittelli se loopbaan was op koers en hy was op pad na die kruin van sy loopbaan. Maar toe volg ʼn paar terugslae.
Swartpette swaai vroeg reeds die septer
Rachin Ravindra het ʼn dubbele honderdtal teen die Protea-boulers geslaan en Nieu-Seeland kon meer as 500 lopies in sy eerste kolfbeurt aanteken.