Minimum loon: Ekonomiese werklikheid ‘waai by agterdeur uit’

(Foto: Pixabay)

Die opwaartse aanpassing van 8,5% in die nasionale minimum loon, soos dit Vrydag in die Staatskoerant bekend gemaak is, is hopeloos uit voeling met die ekonomiese werklikheid wat sakeondernemings in die gesig staar, sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL).

Maroela Media het vroeër berig die nasionale minimum loon styg vanaf 1 Maart tot R27,58 per uur. Die vorige minimum loon was R25,42 per uur.

Volgens Wilken is die styging aanduidend van die regering se algehele gebrek aan begrip oor die ekonomiese toestande in die land.

“Boerdery is geskoei op gesonde sakepraktyke wat insluit finansiële oorwegings oor die beskikbaarheid van genoeg middele om werknemers te vergoed.

“Hierdie drastiese aanpassing van die nasionale minimum loon is nie net uit voeling met die ekonomiese werklikheid nie, maar gaan ook ʼn wesenlike las op die sektor plaas.”

Die landbousektor beskik oor die vermoë om werk te skep, “iets wat die land in hierdie stadium werklik broodnodig het”, sê Wilken.

“As daar na besluitnemers se optrede gekyk en die 32%-werkloosheidsyfer in ag geneem word, lyk dit asof die ekonomiese werklikheid by die agterdeur uitgewaai het.

“Ideologie en die besef dat vanjaar se verkiesing waarskynlik meer van ʼn tameletjie gaan wees, maak dat besluite eerder op oorlewing by die stembus gefokus is as om kwessies soos werkloosheid en armoede te pak.

“Die uitwerking van ʼn onoordeelkundige minimumloonaanpassing kan ʼn verdere uitkringuitwerking op indiensneming hê, terwyl verdere werksverliese nie buite rekening gelaat kan word nie,” sê Wilken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Pierre ·

Hoer lone sal deer afleggings gepaart gaan tien werkers gaan nege word en die las net al hoer word op die wat oorbly, werkloosheid sal van 32 to 34% klim en die siklus sal net herhaal.

Loun ·

Nou maar tatta Fillemon….. jammer, maar jou regering maak dat ek jou nie meer kan bekostig nie….

George ·

Meeste mense wat kla oor die, het duidelik nog nooit vir minimum loon gewerk nie.

George ·

@Pierre, so kan ek ook se bestuur ens kan n paycut vat om die te kan bekostig.

George ·

Die entitlement is die ergste van werkgewers af. Hulle kan of vat wat ek gee, of niks. Entitled verby.

Pieter ·

Suid Afrika se inflasiekoers vir kos was 8.5% in 2023, en as jy minimum loon verdien is dit grootliks waarop jy jou geld spandeer. As boere se hele besigheidsmodel uitmekaar val as hulle hul werkers ‘n ekstra R2 munt moet gee elke uur dan verdien hulle dalk nie om meer te boer nie.

Liewe hemel jou werkers moet darem kan lewe.

Pieter ·

@Loun as R345 per maand ekstra beteken jy kan nie meer iemand in diens neem nie dan dink ek jou besigheid het groter probleme as die minimum loon

koos10 ·

Ek het simpatie beide kante toe. Werkers en eienaars wil oorleef. Ironies genoeg kan eienaars van besighede oorleef sonder werkers (d.m.v. meganisasie), maar werkers kan nie oorleef sonder eienaars nie. Die afdwing van ‘n minumum loon deur die regering verseker die wat nog gaan werk, van ‘n beter salaris, maar heel moontlik ‘n verhoogde werklas, aangesien daar werkers is wat hulle werk gaan verloor. Verder moet produsente hul pryse verhoog om voorsiening te maak vir meer uitgawes, en dan verhoog inflasie, die rand word swakker en ons ekonomie krimp. So is die gedwonge verhoogde minimum loon ook weg.

tweeling ·

Pieter miskien moet jy maar gaan kyk wat dit kos om ‘n medium tot klein boerdery te bedryf dan praat ons weer. Duidelik het jy nie idee wat die operasionele koste van’n boerdery behels nie

Henker ·

@Pieter
Het jy al gehoor van economies of scale?
Dink jy boere het hier te doen met 2x mense se lone.Kommersiële boere het te doen met 2000 mense! 2000x 8ure per dag x R2.45
Dis net die loonverhoging VIR EEN DAG!
Hier is n praktiese vb. As jy petrol increase kry van 60c, hoekom kla jy? Dis mos net 60c ?
Nou gaan gooi 30L per dag elke dag in. Nou kom ons by 1 week. Nou by 1 maand. Gaan kyk wat is die verskil.

ronel ·

@Pieter dit gaan nie oor R345 per maand ekstra, dit gaan oor R10 350 per maand vir 30 arbeiders, plus die R 2500 ekstra vir brandstof, plus die R500 ekstra op koste van gif, en R500 ekstra vir saad, en R1000 ekstra vir ;kunsmis,… enso aan en so aan, so boere kan nie meer die koste stygings absorbeer en in boerdery bly nie, geen bedryf, boerdery ingesluit bestaan om werk te skep en kos te verskaf sonder om ook n profyt te wys… as Checkers se omset val tot op die punt waar hulle sonder wins of teen n verlies hardloop gaan hulle mos ophou n besigheid bedryf.

Vrijburger ·

Tweeling, Henk, Ronel waarom steur julle jul aan die twee trolle?

Jaco ·

As wit werkers nou so 45% van die arbeidsmag was, het ek dié uiters lae minimum loon nog verstaan. Dan sou dit basies ‘n terugkry vir apartheid ” wees. MAAR seker 85% van die arbeidsmag is swart. Die staatsamptenare wat die lae minimum loon uitgewerk het EN die minister wat die finale goedkeuring van die lae bedrag afgereken het, is ook swart. So hoe dan nou? Hoe sorg hulle dan nou so swak vir hulle eie mense?

Elma ·

Ek betaal my huiswerker R30 per uur. G’n mens kan oorleef op so min geld nie. In perspektief geplaas – hier in ons omgewing is die dag se taxi reeds R33. Ek kan maar nie help om jammer te kry nie, al is daar heelwat mense wat van my sal verskil, die mense werk tog hard. Bygesê, ek bedryf nie n boerdery met 200+ werkers nie – kan dink dat dit onbekostigbaar raak, maar sonder die loonwerkers kan mens ook nie.

Loun ·

@Pieter…. vir ons boere is dit nie net die minimum loon nie. Weet jy dat ons vir kallers minder verdien as 2 jaar terug, lammers minder as 2 jaar terug…. mielies minder…. moet ek aangaan, dan het insetkoste opgeskiet die hoogtes is. Praat nie van brandstof nie. Jy moet dalk in n boer se skoene staan om dit te verstaan, my boerdery makeer niks, maar die regering tap ons leeg.

Gaitsigubib ·

Dis verblywend om te sien dat hier nog nie vandag kommentators is wat die Boere verbaal aanval nie.Dit was onlangs nog die geval met die berig oor invoer van hoender porsies. Hulle het soms geen benul het van die kompleksiteite van die landbou sektor nie. Dit is irories dat die staat self d.m.v SASSA ‘n pensionaris net R2105.00 betaal sonder voordele. Boere is soms die laaste struikelblok in die pad, voor n aarbeider n straatbedelaar sal word. Hulle neem die ongeskoolde aarbeid indiens en gee hulle behuising, basise benodighede en vaardighede waar die staat hulle faal, nou beoog die staat om hulle almal van n werk en hul waardigheid te ontneem.

Gaitsigubib ·

Meen jy dat die loon te laag is Jaco? Hoeveel mense neem jy in diens teen R5000.00/maand voor voordele? Ek antwoord jou sommer: “nie een nie, anders sou jy n ander deuntjie gesing het’.

Gaitsigubib ·

Elma ek gaan beslig waag om te se dat jy jou huiswerker net vir n paar ure n week gebruik. Jy kan my maar glo dat die som nie meer klop vir die landbou nie, staal jouself dus gerus vir nog meer werloosheid en die gevolglike stygende misdaad.

Luckykat ·

Ja ek dink net mense wat werkers het wat hul elk maand betaal is gekwalifiseerd om hier kommentaar te lewer. Die ander het geen idee hoe dit werk nie.

Susanna ·

Ek is verplig om my huiswerker elke jaar ‘n verhoging te gee, maar kry self al vir 3 jaar geen verhoging nie. Vir my beteken dit dalk R100 ‘n maand meer. Boere het al my simpatie, dis groot geld waarvan ons hier praat.

vuurvliegie ·

@Pieter. Ek stem saam met jou. Kla het ‘n gewoonte geword by boere. As jy nie kan bekostig om te boer nie staak dit dan. Betaal jou werkers ‘n loon wat hom toekom. In baie gevalle kan vleis en graan goedkoper ingevoer word as wat boere voorsien. Gaan vra enige persoonlike bankier van enige bank wie is sy rykste kliente en hy sal dadelik sê dis die boere. So betaal maar jou werkers se loon. As jy nie wil nie gaan doen die werk jouself saam jou kinders. Ek dink ‘n boer se kinders kry meer sakgeld as die minumum loon werkers. Nou kan die boere maar galblaas soos hulle wil.

Pieter ·

@koos10 Dan laat hulle maar meganiseer. Ek dink jy gaan baie vinnig besef dit is baie duurder en meer kompleks om meeste werkers te vervang as wat jy dink. Dink jy die mese wat hier kla sal een ooblik huiwer om te meganiseer as dit werklik ‘n opsie was?

Gaitsigubib ·

Ons sal moet Pieter en ons gaan wel. Ons het nou 300 van die 350 aarbeiders laat gaan, Dis die wat ek sederd Desember 2023 sit en tik i.p.v werk in die lande. Sluit maar jou deure en laat weet vir vlieg asseblief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.