Sepiegids: Liam, Delia praat eerlik in ‘Binnelanders’; ʼn gebeurtenis in Ruiterbosch verander alles in ‘Suidooster’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

‘n Gebeurtenis verander Ruiterbosch vir altyd in “Suidooster”. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 5 Februarie

Conrad wil meer inligting oor Tracy se swangerskap kry, Karen se entoesiasme oor haar vryskutwerk word op die proef gestel, en Steve help Naomi om haar “skenker” se identiteit vas te stel.

Dinsdag 6 Februarie

Dr. Butler het nuus vir Tracy, Steve vind uit wie heel moontlik Naomi se skenker was, en wanneer Karen ʼn pasiënt inbring ongevalle toe, besef Liam sy bestuur ʼn taxi.

Woensdag 7 Februarie

Liam en Uys sit vas oor Karen, Nicolette raak toenemend agterdogtig en Conrad speel oop kaarte met haar. Steve kry DNS-uitslae, en Naomi maak ʼn aankondiging.

Donderdag 8 Februarie

Nicolette raak ongeduldig met Conrad en konfronteer vir Tracy. Louis is oorgehaal om Naomi terug te wen, en Uys is moeg daarvoor om die middelman tussen Liam en Karen te wees.

Vrydag 9 Februarie

Karen is bang Uys is kwaad vir haar, Tracy oorreed vir Tertius om nie vir Conrad die waarheid te vertel nie, en Delia is onrustig wanneer Amalia by Naomi kuier. Liam en Delia het ʼn eerlike gesprek.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 5 Februarie

Danni is ywerig om haar en Siya se drome waar te maak, terwyl Zoe op haar plek gesit word. Die Samsodiens probeer sin maak van wat gebeur het. Dan gebeur iets in Ruiterbosch wat alles verander.

Dinsdag 6 Februarie

Gemoedere loop hoog soos die skoknuus versprei. Susan raak siek en sat vir Lee-Ann, terwyl Carlo deur ʼn moeilike tyd gaan.

Woensdag 7 Februarie

Nazeem se toekoms lyk pikdonker, terwyl Siya en Danni vassit oor die aanneming van nog ʼn kind. Lee-Ann is oorweldig met die swembadprojek en haal dit op haar twee assistente uit.

Donderdag 8 Februarie

Bridgette ontdek iets skokkends, terwyl Danni en Siya krapperig met mekaar is. Lee-Ann steek vir Ty aan die werk, en Susan help Carlo met sy artikel.

Vrydag 9 Februarie

Almal is verward oor die skokgebeure. Carlo kry uitstekende nuus, maar kan dit nie met sy ouers deel nie.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 5 Februarie

Daar is ʼn verwikkeling in die sage rakende die HPC-grond. Sanet voel skuldig wanneer Ben ʼn persoonlike preek lewer. Valencia en Thandi se naels kom uit.

Dinsdag 6 Februarie

Nina ontmoet ʼn nuwe familielid. Valencia tree daadwerklik op om te voorkom dat Thandi die bestuurspos kry en Sanet het ʼn moeilike besluit om te neem.

Woensdag 7 Februarie

Sanet verwerk die reaksie op haar liefdesverklaring. Thandi het ʼn probleem by die partytjie, en Lucy se teenwoordigheid maak party avontuurlustig, en ander somber.

Donderdag 8 Februarie

Rossouw bevind hom in ʼn uiters gevaarlike situasie. Rose en Lucy se bakleiery ruk handuit. Thandi besef waarmee Valencia besig is.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 5 Februarie

Brommer skrik wakker in Karelse se huis. Bianca probeer uitvis hoe Beatrice oor Kyle voel. Desmond se planne is besig om te materialiseer.

Dinsdag 6 Februarie

Birdy beken sy het Anton se dagboek gevat. Kyle maak ʼn belofte aan Abigail. En Lionel verseker Langes, Lee-Roy en Ayesha dat hy vir Janice gaan wag, maak nie saak hoe lank nie.

Woensdag 7 Februarie

Langes en Ayesha wys hul liefde vir mekaar en is gereed om die volgende stap te waag. Lorenzo vertel vir Beatrice dat alles goed gaan by die IT-sentrum, maar Thys is nie oortuig nie. Nicolene betrap vir Karelse.

Donderdag 8 Februarie

Hein vra vir Nicolene om met Birdy te praat. Kyle sien dat Beatrice nie meer haar verloofring dra nie. Eva laat val skokkende inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.