Sepiegids: Onthulling ontwrig Swartse in ‘Diepe waters’; Conrad moet Leah versorg in ‘Binnelanders’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Tracy (Melinda Viljoen) in “Binnelanders”. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 29 April

Nicolette se broer is dringend op haar spoor, Conrad moet vir Leah versorg, en Annetjie se storieversameling groei. Vicky is in die moeilikheid by die skool.

Dinsdag 30 April

Steve besef hy sal moet ingryp, Nicolette kry nuwe blyplek, en Tertius erken aan Naomi die situasie met Leah breek sy hart.

Woensdag 1 Mei

Jonas dink sy plan is besig om te werk, Nicolette vries tydens ʼn operasie, en Tertius is bereid om enigiets te doen om Tracy te help. Annetjie se voorlegging is ʼn sukses, maar iemand het reeds die “ander” weergawe gesien.

Donderdag 2 Mei

Rian ontdek ʼn leidraad wat hulle moontlik na Jonas kan lei, Steve weet nie of hy vir Nicolette kan vertrou wanneer Vicky in Ongevalle beland nie, en Annetjie se drome begin realiseer.

Vrydag 3 Mei

Steve weet nie wat om oor Vicky se situasie te doen nie, Tertius vrees die ergste vir Tracy, en Annetjie laai nog ʼn storie op haar nuwe aanlyn dagboek.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 29 April

Tim smokkel met Zoë se kop en geniet sy nuwe magsposisie. Susan besluit sy kan net soveel doen, terwyl Gary sy broer probeer troos.

Dinsdag 30 April

Gary laat Justin op sy neus kyk, en Susan kom af op nuwe inligting wat haar weer laat twyfel. Bridgette en Nazeem vorm ʼn gevaarlike vennootskap.

Woensdag 1 Mei

Susan lê weer besoek af by Herschel, en Gary en Justin daag mekaar uit. Zoe weet nie meer wie om te vertrou nie, terwyl Bridgette bewyse soek.

Donderdag 2 Mei

Susan kry ʼn deurbraak met Herschel se saak, maar speurder Malherbe is glad nie beïndruk nie. Gary en Justin se afsprake met Noelle verloop ewe sleg.

Vrydag 3 Mei

Tim is desperaat. Susan het ʼn nuwe plan om Herschel te help, terwyl Siya Aiden se simpatie voor almal verwerp.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 29 April

Jacques bederf die swemmers, en Karla ontdek iets skokkends omtrent Arno.

Dinsdag 30 April

Karla vind nog iets skokkends oor Arno uit. Tshepo wil vir toetse gaan, en Gys blameer Lettie se kos vir die feit dat die swemmers siek is.

Woensdag 1 Mei

Tshepo is vasbeslote om vir Mohavi te red ten koste van sy drome. Lettie besluit om vir Lettie’s Keffie te veg. Gys se wêreld stort ineen.

Donderdag 2 Mei

ʼn Geheime onthulling ontwrig die Swarts-huishouding. Lettie heropen haar kafee te midde van gemengde emosies. Mohavi maak gereed vir ʼn transformerende gebeurtenis, terwyl Tshepo interne konflik ervaar.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 29 April

Desmond vat nie die aanval ligtelik op nie. Yvette se woede bereik nuwe hoogtes. Beatrice vra vir Adam om haar na die matriekafskeid te vergesel.

Dinsdag 30 April

Dit is die groot aand van die matriekafskeid. Thys wonder hoekom Bianca nie opgewonde is nie. Yvette maak oop teenoor Janice oor Hein.

Woensdag 1 Mei

Lee-Roy en Devon se verhouding neem ʼn nuwe draai. Lionel help Hein om die waarheid te sien. Abigail bevind haarself in ʼn moeilike situasie.

Donderdag 2 Mei

Johannes krap vir inligting by Janice. Birdy sukkel om ʼn antwoord van Hein te kry. Abigail maak vrede met beide Adam en Ivan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.