Tienerseun van Leeukop gered

(Foto: Kosta Papageorgiou)

Wilderness Search and Rescue (WSAR) is laat Saterdagaand na Leeukop ontbied nadat hulle inligting omtrent ʼn bewustelose tienerseun naby die kruin van die berg ontvang het.

Kosta Papageorgiou, voorsitter van die Vriende van Leeukop en die Seinheuwel-openbarebeskermingsforum, sê hy was omstreeks 19:30 besig om Leeukop uit te klim toe hy deur een van die roete se gereelde gebruikers van ʼn partytjie op die kruin in kennis gestel is.

“Dit het ʼn platejoggie behels, insluitend platejoggie-toerusting, ʼn kragopwekker en draaitafel. Ek het SANParke- en Stad Kaapstad se wetstoepassing, asook sommige lede van WSAR in kennis gestel.

“Toe ek die piek bereik, het ek die platejoggie-toerusting in sakke gesien, asook ʼn paar leë 750 ml-bottels alkohol wat daar rondgelê het. Daarna het ek ʼn tienerseun gesien wat opgekrul gelê het met ʼn paar omstanders wat probeer help waar hulle kan.

“Ek het die seun se polsslag nagegaan en hom ʼn paar eenvoudige vrae gevra. Sy vriende het my in kennis gestel dat hy gedrink het.”

Papageorgiou sê die seun het moontlik aan dehidrasie en hitteuitputting gely en dat hy waarskynlik besope was.

Paramedici van die Wes-Kaapse departement van gesondheid asook spanne vrywilligers, die polisie en SANParke het op die voorval reageer. Die pasiënt is by paramedici se aankoms geassesseer en gestabiliseer.

David Nel, ʼn woordvoerder van WSAR, sê toe die seun weer sy bewussyn herwin het en kon staan, is hy in ʼn harnas gelaai en stadig na onder geneem. ‘n Familielid het hom huis toe geneem.

Die voorval is Sondagoggend kort voor 00:30 afgehandel.

Nel sê hul spanne het Saterdag ʼn ongelooflike besige dag gehad en het op ʼn rits voorvalle gereageer voor hulle na Leeukop ontbied is.

SARZA – Cape-spanlede moes gespesialiseerde opleiding kanselleer om op die oproep te reageer. Altesaam 20 reddingsbeamptes het uiteindelik op die voorval gereageer, en ʼn soortgelyke getal was op bystand. Ons is dankbaar dat die jong man nie onder die omstandighede beseer is nie. Ons mooi wildernisruimtes moet verantwoordelik geniet word. Respekteer die omgewing. Wees hoflik met ander buitelug-entoesiaste en voldoen aan die reëls van die park,” het Nel bygevoeg.

  • Stoor en deel die noodnommer 021 937 0300
  • Klik hier en hier om WSAR te ondersteun.

.

Die uitsig oor die stad vanaf Leeukop (Foto: Kosta Papageorgiou)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Roek ·

Stuur vir hul ‘n rekening , dit is sommer snert dat die mense vir sulke nalatige optrede verantwoordelik is , laat hul betaal !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.