Potchefstroomse perdediewe deur buurtwag vasgetrek

Twee van die perde wat teruggevind is (Foto verskaf)

AfriForum se Potchefstroom-buurtwag het Saterdag in samewerking met Mooirivier Beskerming vyf perdediewe vasgetrek nadat ’n inwoner van Van der Hoffpark hul verdagte optrede opgemerk en vinnig die buurtwag se hulp ontbied het.

Die inwoner het vyf jong seuns met perde waargeneem en dadelik hul bewegings by die AfriForum-buurtwag aangemeld. Patrollielede en Mooirivier Beskerming het onmiddellik gereageer en daarin geslaag om twee verdagtes in Mareestraat voor te keer. Drie verdagtes het op die vlug geslaan, maar die einste lede het later ook dié verdagtes aangekeer. Al die perde is veilig teruggevind.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is na die toneel ontbied en die vyf minderjarige verdagtes is aan hulle oorhandig. Dit het later aan die lig gekom dat die seuns glo deur ’n man in Promosa, wat ’n vermeende perdedief is, betaal is om die perde te steel. Die man is na bewering onlangs uit die gevangenis vrygelaat.

“Dit is bemoedigend om te sien dat die gemeenskap so waaksaam is oor dit wat in hul omgewing gebeur,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder in die Mooirivier-streek. “Hierdie inhegtenisnemings is ook ’n sprekende voorbeeld van die samewerking tussen die Potchefstroom-gemeenskap, die plaaslike AfriForum-buurtwag, veiligheidsmaatskappye soos Mooirivier Beskerming en die SAPD.”

Raak betrokke by AfriForum se Potchefstroom-buurtwag en help om jou omgewing veilig te hou. Kontak Cornelia Blignaut by 073 390 4133 om aan te sluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

EnoughSaid ·

Dit is ook n duidelike bewys dat die hard van tronkstraf NIE misdadigers rehabiliteer nie…….

Euodia ·

Afriforum en Solidariteit doen die regering en polisie se werk. Rampromise weet nie wat in die land aangaan nie maar hy steek sy neus in ander lande se besigheid. Mense kry die ancancer uit die land.

Di ·

DIT is die grrotste rede hoekom hierdie KRIMINELE nie vrygelaat moet word nie! Tronke is OORVOL en hulle word te maklik vrygelaat om plek vir die hordes nuwe misdadigers plek te maak. Die korrupte regering sal dringend nog ‘n paar tronke moet bou. Daar is meer kriminele in die land as wetsgehoorsame burgers. Dan praat ons nie eers van die miljoene “onwettige immigrante” wat misdaad syfers die hoogtes laat inskiet nie.

JohanR ·

1881 – daar word ‘n lekker sterk boom gesoek. Die tou word oor die dik sterk tak gegooi na hy eers mooi styf om die perde dief se nek gesit is. Die perde dief word sit op ‘n perd, die perd kry ‘n klap of die boud en sieder daar hang die perde dief. Geen koste aan belastingbetalers!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.