‘Blouligboelies’: Agt ontvang skorsingsbriewe

(Foto: Maroela Media)

Al agt lede van die polisie se BBP-beskermingseenheid wat glo betrokke was by die beweerde aanranding van drie mans op die N1, het nou briewe van moontlike skorsing ontvang.

Die polisiebeamptes is ook sedertdien uit hul poste onttrek en sal kantoorgebonde wees hangende die uitkoms van ʼn dissiplinêre ondersoek.

Lt.genl. Sehlahle Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, het dit Donderdag tydens ʼn mediakonferensie duidelik gestel dat die polisie nie die beamptes se optrede in die video goedkeur nie.

“Geen mate van uittarting kan ooit regverdig wat ons in die video gesien het nie.”

ʼn Storm het vandeesweek rondom die polisie se BBP-beskermingseenheid losgebars nadat ʼn ontstellende video van die voorval op die snelweg Maandagaand die lig op sosiale media gesien het.

Maroela Media het vroeër berig die polisiebeamptes in die video is sedertdien die geleentheid gegun om vertoë te rig met redes waarom hulle nie onder die omstandighede geskors moet word nie.

Dié vertoë sal nou oorweeg word.

Daar kan in die video van die voorval gesien word hoe beamptes van die polisie se BBP-beskermingsdienste drie insittendes uit ʼn Volkswagen Polo langs die snelweg pluk voordat dié mans herhaaldelik geskop word. Die polisiebeamptes spring dan terug in hul BMW’s en jaag weg.

Rise Mzansi het Woensdag ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen wat ook ʼn stel met dié eenheid afgetrap het om met inligting daaroor na vore te kom.

Die party glo nie die onlangse voorval op die N1 was ʼn geïsoleerde geval nie en dat talle ander Suid-Afrikaners waarskynlik soortgelyke verhale het om te vertel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

marius ·

Dis nie wat die land will hoor nie .Waneer word hulle toegesluit ? Antwoord dit!

Jannie van Niekerk ·

Waarom “voorneme om te skors”? Waarom nie summiere ontslag nie?

Carel ·

Vraag??
Wanneer word hulle “elders her-ontplooi” in meer senior amps posisies??

Nettie ·

Skorsings? Kantoorgebonde? Dissiplinere ondersoeke?

ONS SOEK ARRESTASIES!!

:-( :-( :-(

Nettie ·

Hierdie land maak my SIEK.

Ek bid dat God se Hand van geregtigheid oor hierdie goddeloosheid en ongeregtigheid sal vee.
Genoeg is wragtig genoeg!!

Johan Tredoux ·

Nettie. Wanneer iets nie werk wat mens oor en oor doen nie, maar eintlik erger word, hoekom hou jy aan om dit te doen?

Alewyn ·

Niemand praat oor die kind/vrou wat ook in die kar was wat dit moes aanskou nie. Wat van haar emosionele letsels wat haar altyd sal bybly?
Sluit toe! Die gemors!

Vrystaat2109 ·

Wat ‘n grap, moontlike skorsing!!! Ek wil eerder niks sê nie want dan word ek toegesluit. Was die adjunk in een van die voertuie? Eenvoudig JA of NEE!!!!
Indien nie wat soek hulle dan daar????

Oujongvrou ·

So nou gaan hulle vir jaaaare geskors word met volle salaris. Wat van arresteer die klomp boewe.

Olive ·

Ja ou fannie. Indien hulle nog op die salaris register of in die kantoor is, keur jy dit wel goed. Briewe van moontilke skorsing? Ai tog. Ek is ook al afgedwing deur 4 gewapende trawante in uniform. My daarvan beskuldig dat ek op my foon gepraat het terwyl ek nie eers ‘n foon by my gehad het nie. Die een het ook aangedring om my vuurwapen te sien maar die was ook nie by my nie, maar hy het opgelet in in my ID dat ek wel een besit.

Kokerboom ·

Die BBP afdeling moet herstruktureer word en verklein word. Streng toesig moet gehandhaaf word. Vermy aanstel van boewe. Vraag nodig: Is dit werklik nodig vir oordrewe beskerming? Teen wie?

Johann ·

Nie ‘n verrassing nie. Bloot dieselfse toepassing van die belaglike definisie van aanvaarbare gedrag en gevolge soos deesdae van toepassing. ANC LEGACY!

Anel ·

Hoekom geld een stel rëels vir sekeres en ‘n heeltemal ander vir ons??? As dit iemand anders was, was hulle al lankal in die selle en die land afgebrand!!!

Perdeby ·

Wanneer word hulle toegesluit vir rig van vuurwapen wat ‘n ernstige kriminele oortreding is, die gewone man op straat word onbevoeg verklaar om ooit ‘n vuurwapen te besit, wat vna hulle????????

Gerhardus ·

Dit is nie “beweerde” aanranding nie. Die aanranding is op kamera vasgelê. Hulle moet ontslaan word uit die SAPS. Verder moet hulle gesamentlik én afsonderlik verantwoordelik gehou word vir enige skade en verlies en ook siviel vervolg word. Die minister van polisie moet ook gedagaar word vir skadevergoeding sodat hulle ‘n les kan leer en dié tipe gedrag veroordeel en stopsit.

Paul ·

As dit wit polisiemanne was wat so opgetree het, was hulle onmiddelik ontslaan, en in die tronk gegooi. Maar dit is ANC manne en gaan hulle waarskynlik niks oorkom nie. ????

Truth2bfree ·

Fantasties!! Onmiddelike skorsing is ‘n deurbraak, dit gebeur nie sommer sonder ‘n hofgedwing nie.

Frank ·

Uittarting wat wie se? die kriminele wat daagliks soos besetenes ry en tekere gaan? Daardie woorde spreek boekdele van polisie bestuur se intellegensie en integriteit

Ria ·

Wat beteken dit om met volle voordele geskors te word. Is dit dan n straf of vakansie

Tanya ·

Gaan daar verdere stappe geneem word of gaan dit net weer doodloop en van vergeet word? Ek dink daar is duisende mense daar buite wat ook kan stories deel van onder andere beamptes wat dink hulle is above the law! Want dit is mos maar net hoe die land nou is!

Hettie ·

Kans is goed hulle word net na ander departement oorgeplaas nadat hulle vir paar maande met volle betaling gerus het.

Leon ·

“Beweerde aanranding”? Regtig?

Hulle is nie bevoeg om in die SAPD te dien nie.

Danie ·

Daar is net een oplossing vir die kriminele gedrag en wat n voorbeeld sou wees dis summiere ontslag.Dit gaan n tweede phala phala hantering wees.

Ruby ·

Seeing is believing…

Net tot die stof gaan lê het dan is hulle terug in hulle pos.

HPJ ·

Daar is n proses wat gevolg moet word As die prases nie regloop nie Wen hulle en word hulle her aangestel Die lot wat so oorhaastig is is aan die boewe se kant want dan kan hulle beweer die proses was gebtekkig GEDULD

LeanetteS ·

Moontlik geskors!!! Wat n grap! En dis nie eers snaaks nie…. en hulle werk nog, maar net in die kantore? Nes die korupte Tshwane Polisie is hulle ook korrup en geweld buffels!

Johan Botha ·

Skorsing is nie aanvaarbaar nie, gesien in die lig van die erns van die aanranding. Dit was ongetwyfeld aanranding met die doel om ernstig te beseer

Lillian ·

Sien is glo. Want eers is dit dat hul skoringskennisgewings ontvang het om te kan voorberei en nou skielik ís hulle kwansuis geskors. Wat is dit nou, of word ons alweer aan ons neuse rondgelei?

Niklaas ·

Hoe onnosel dink hulle is ons ? Daai skorsing word moreoggend alweer opgehef. Daardie mense glo mos dat hul onaantasbaar is.

Di ·

Verseker – die korrupte regering sal daarvoor sorg. Boetie sorg vir boetie

Cassie Carstens ·

Waarom moet daar bloulig brigades wees. Die “hooggeplaastes” moet ophou om laatkommery as verskoning te gebruik. Hulle weet mos hoe laat hulle op ‘n plek moet wees en kan vroeër opstaan. Sommer ‘n klomp luiaards in die regering.

JohanR ·

Hoekom net skorsings briewe? Moes hulle nie al in ‘n hof gewees het nie saam met die wat hulle aangeval het. Maar dan weet ons die is ANC wereld, en ‘n ANC verskyn baie selde in ‘n hof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.