‘Regering moet optree teen onwettige mynbou’

(Foto: @visiontactical/Twitter)

Die gas-tragedie wat hom Woensdagaand in die Angelo- informele nedersetting in Boksburg aan die Oos-Rand afgespeel het, kan voor die deur van die regering gelê word omdat hy versuim om aandag te gee aan onwettige mynbou in die provinsie.

Volgens Ruhan Robison, die DA se woordvoerder van gemeenskapsveiligheid in Gauteng, is daar nie genoeg sigbare polisiëring in myngemeenskappe nie omdat polisiestasies nie genoeg mannekrag het of oor die nodige hulpbronne beskik nie.

“Die regering is herhaaldelik gevra om ʼn strategie te implementeer om van die onwettige myners ontslae te raak, maar ons versoeke het op dowe ore geval,” sê Robison.

Die DA versoek Faith Mazibuko, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, en Panyaza Lesufi, Gautengse premier, om teen die onwettige myners op te tree.

Die party het aan Mazibuko geskryf om vas te stel of daar ʼn strategie is om onwettige mynwerkers te hanteer en wanneer dit in werking gestel sal word.

“Die onwettige myners benadeel nie net Gautengse inwoners nie, maar ook hulself aangesien honderde van hulle tydens onwettige aktiwiteite omkom.”

Altesaam 17 mense is Woensdagaand dood, onder wie drie kinders, weens ʼn gaslekkasie in die Angelo- informele nedersetting. Die nedersetting is aan die voet van ʼn verlate myn geleë.

Elf mense word tans in die Tambo-hospitaal in Boksburg behandel, onder wie ʼn een maand oue baba. Een van die pasiënte kry tans suurstof.

Volgens William Ntladi, woordvoerder van Ekurhuleni se nooddiens, was daar vermoedelik nitraatoksied in die silinder en dit word vir onwettige mynaktiwiteite in en om die nedersetting gebruik.

Duisende ongeregistreerde mynwerkers soek in verlate myne vir goud onder moeilike en dikwels gevaarlike omstandighede.

Johannesburg en omliggende gebiede is ʼn kommersiële spilpunt wat gebou is rondom bergagtige stortplekke van grond en putte wat agtergelaat is deur geslagte se mynmaatskappye wat tydens ʼn goudstormloop in die 1880’s begin ontgin het.

Boksburg is verlede maand deur ʼn aardbewing van 5,0 getref, wat vermoedelik verbind word met die doolhof van ondergrondse tonnels en skagte wat verband hou met onwettige mynbou in die gebied.

Lesufi het Donderdagoggend die nedersetting besoek en Nomantu Nkomo-Ralehoko, Gautengse LUR vir gesondheid, het die Tambo-hospitaal besoek waar die beseerdes opgeneem is.

Pres. Cyril Ramaphosa het sy medelye met die oorledenes se families betuig.

Hy het versoek dat daar dieper gedelf word om uit te vind wat moontlik hierdie ongeluk veroorsaak het om soortgelyke rampe in die toekoms te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

SwartBees ·

Die regering kan nie eers behoorlike toilette by skole oprig nie, hoe gaan hulle die probleem hok slaan?

Amelia ·

al wat diepergedelf gaan word is goud maak ingange van myne toe kan gedoen word maar nou ja glo nie sal gedoen word nie

Impact ·

Wanneer gaan julle begin besef die land se regering voel absoluut niks vir ons burgers……………hulle is net bekommerd oor dit wat in hulle sakke kan ingaan

Eugene ·

Ramp-phosa, ek blameer jou vir hierdie tragedie. Jy stop nie misdaad nie, ook nie korrupsie nie. Jy keur dit goed.

HPJ ·

Al drie groot partye het aandeel hier Die DA (ANC LIGHT) is ook ten gunste van oop grense En die meeste van die onwettige myners is onwettige immigrante .So hier is n bewys dat die regering en die opposisie ewe pateties is Die DA is n party wat dieselfde beleid as die ANC het en dus hulle enige strateie is om te kla En ons Pers is almal in die weste se lae morele sakke

JohanR ·

Jammer ANC se kan nie hier hulp of iets doen nie. Te besig om burgers op ons paaie aan te val!

HPJ ·

Al drie groot partye het aandeel hier Die DA (ANC LIGHT) is ook ten gunste van oop grense En die meeste van die onwettige myners is onwettige immigrante .So hier is n bewys dat die regering en die opposisie ewe pateties is Die DA is n party wat dieselfde beleid as die ANC het en dus hulle enige strateie is om te kla En ons Pers is almal in die weste se lae morele sakke Vryheid van spraak in die Afrikaanse pers word gesensor as jy nie die DA ondersteun nie

Manie ·

Die ANC LIGHT loop met die onrealistiese idee rond dat hulle nasionaal kan regeer, dus is hulle teen federalisme of afstigting van die Wes-Kaap. Hulle is grootbek terwyl die EFF aan hulle hakskene hap met kieser getalle. Ek moet egter toegee dat hulle strate beter doen as enige ander politieke party, maar om die een of ander rede kan hulle nie hulle kieser getalle groei nie.

Andries ·

Boksburg aardbeweing was 10 km diep en die diepst myn is 4 km diep. Halllooo. En dit is nie ongeregistreerde myners nie, dit is verbode immegrante wat hier rondgrou.

Dirk ·

Die ANC sal nie aandag aan hierdie nie, want hulle maak geld met al hierdie onwettig myne

Wit Leeu ·

Ag asseblief! Die hele regering en hulle trawante kry winste van die onwettige myn berdywighede ! Hoekom nou optree teen hulle ………………………………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.