Nóg slagoffers van blouligbrigades gesoek

Argieffoto bloot ter illustrasie van die polisie se BBP-beskermingsdienste-eenheid. (Foto: Twitter/DA)

Rise Mzansi het Woensdag ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen wat ook ’n stel met die polisie se BBP-beskermingsdienste-eenheid afgetrap het om met inligting daaroor na vore te kom.

Die party glo nie die onlangse voorval op die N1 was ’n geïsoleerde geval nie en dat talle ander Suid-Afrikaners waarskynlik soortgelyke verhale het om te vertel.

Die party het reeds die uitvoerende direkteur van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) gevra om die omvang van haar ondersoek uit te brei om die beweerde sistemiese wetteloosheid binne die polisie se BBP-beskermingseenheid bloot te lê.

Rise Mzansi vra Suid-Afrikaners wat in ’n stadium deur sogenaamde blouligbrigades van die pad afgedruk, op wie ʼn vuurwapen gerig is of wat aangerand is, om met besonderhede oor die voorvalle na vore te kom.

Makashule Gana van Rise Mzansi sê die party wil verhoed dat die onlangse voorval op die N1 as ʼn “geïsoleerde en ongelukkige” voorval beskou word.

Die party benodig die volgende besonderhede van slagoffers:

  • Datum en tyd van die voorval
  • Ligging van die voorval
  • Beskrywing van die voorval
  • Enige ander tersaaklike inligting

Inligting kan na [email protected] gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Laksman ·

Hierdie beweging moenie momentum verloor nie en sommer uitbrei na die TMPD se rampokkers ook……arrestasie en afdank ASAP is al wat gaan werk…….SAPD en verkeer moet ook dan sommer begin oopoe slaap.

Laksman ·

Het nou al baie partye se kommentaar gelees oor die voorval, maar nog nie n woord van EFF nie. Hoe voel hulle oor die saak?

melaney ·

Laksman, die eff sal alte graag vir die bloulig brigade touwys wou maak hoe húlle dinge sal doen.

Marina ·

Dieselfde as die BLM wat nou tjoepstil is na die onlangse massa-skietery in Philadelphia en Fort Worth, Texas. En die Juneteenth skietery. Slagoffers en oortreders mos dieselfde kleur?

Christo ·

Kan dieselfde nie gedoen word vir die Metro Polisie wat motoriste dreig en intimideer nie? Dalk kan n website geskep word waar selfoon videos opgelaai en die skuldiges uitgewys word. Sal dalkn goeie idee wees as terugvoer van aksie teen hierdie kalante, versprei kan word.

Marina ·

Ek is bevrees hierdie groep is bo die wet en dus onaantasbaar. Onthou George Orwell se boek, Animal Farm? “Some animals are more equal…”

Wakkerslaper ·

Hierdie “blouligbrigades” moet totaal verban word. Hoeveel ongelukke en sterftes het hulle al veroorsaak? Ek is al talle kere op die R21 deur hulle geïntimideer. Maar ek weier, ek SAL NIE vir hulle plek maak nie! Nie hulle of enige staatsamptenaar is BO DIE WET nie.

Chris ·

Vir die rampokkers gee ek pad. Eerstens ry hulle jou dalk plat, Tweedens pluk die bende jou uit jou eie kar en wanneer jy een van hulle piets skiet hulle jou in selverdediging. Jy het geen verweer nie. Jy is skuldig. Die hele trop sal jou aanrand. Is nie mans genoeg om jou een op een aan te vat nie. My vrou se neef is hele paar jaar gelede deur die Hoedman (Cele) se bende aangerand. Hy het op hoedman se vraag geantwoord toe die hom gevra het weet hy wie hy is. My vrou se neef het hoedman gevra of hy nie sy ID by hom het nie dan kan hy gou kyk wie hy is. Hoedman en sy trop het nie gedink dit is pittig nie.

Johann ·

Hoekom nou skielik die klomp wil aanspreek? Hulle doen al vir jare wat hulle wil. Ingesluit om alle en enige verkeers wette te oortree in die naam van magsmal kaders!

melaney ·

Niemand regeer meer hierdie land nie en die bloulig brigade weet dit.

Jannie van Niekerk ·

Dit help nie OPOD ondersoek hierdie krinmele nie. OPOD gaan hulle net beskerm. Die saak moet deur onafhanlike regspersone ondesoek word, Hierdie kriminele moet nie geskors word nie, hulle moet summier ontslaan word sonder pensioenvoodele en ‘n minimum tronkstraf van 50 jaar opgelê word sonder keuse van boete, borgtog of parool,

Owlie ·

Eerste vraag is as die minister nie in die voertuig was nie hoekom was daar meer as een voertuig?
Vraag twee is hoekom word net die spul wat aan gerand het geskors – die deler is so goed soos die skuldige
Vraag drie is hoekom net geskors en nie gearresteer vir aanranding en en en nie
Vraag vier is waar het hulle hul opleiding gekry?

Papsak ·

Niemand luister meer in SA nie dit mos n lekker land maak net soos hulle wil mos hier hier geen beheer nie alles gaan maar voort dissipline ken hulle nie

SjN ·

Hoekom nou eers versoek om vorendag te kom, nog n kommissie, nog geld mors, sluit die onbevoegde eenheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.