Vir die tweede keer sedert die kykNET-program, “Wie word ʼn miljoenêr?”, in 2021 afgeskop het, het ʼn deelnemer met R500 000 weggestap.
Lees meerAlles vir Woensdag 5 Julie 2023
Familie ‘gebroke’ ná Seepunt-vrou in see beland
ʼn Vrou wat in ʼn hospitaal dood is nadat sy uit die see by die Rocklands-strand gered is, is as ’n eiendomsagent van Seepunt in Kaapstad, Wes-Kaap, geïdentifiseer.
Nog drie kry borgtog in Thabo Bester-saak
Die regter het gesê die drie beskuldigdes is nie ’n vlugrisiko nie en hou ook nie ’n bedreiging in vir die getuies nie.
Kaalvoet in boom om kat te red
“Ek het gekyk hoe die boom se takke lê en tot die gevolgtrekking gekom dat ek tot bo sal kan klim. Daar was baie takke om as vastrapplek te gebruik. Ek het egter besef ek sal dit kaalvoet moet doen. Ek het ook geweet ek sal nie met ’n kathokkie kan opklim nie, want ek het albei my hande nodig om te klim.”
Stad Tshwane ondersoek onwettige woonbuurt
Dié woonbuurt het glo ontstaan sonder wettige onderverdeling van die eiendom, hersonering of planne.
SA se vrouesokkerspan op pad na NS ná geslagsloondispuut
Suid-Afrika se 2023-Vrouewêreldbeker-groep sal Woensdag na Nieu-Seeland reis nadat ’n dispuut oor geslagsloongapings met die nasionale vereniging opgelos is.
Omvattende projek wil variëteite van Afrikaans opteken
Die werkswinkel het meer as 20 Afrikaanse taalkundiges van 14 universiteite landswyd en verskeie Afrikaanse taalorganisasies betrek.
Hof trek streep deur Zuma se private vervolging van Ramaphosa
Nadat alle argumente in Mei vanjaar aangehoor is, het die hof Woensdag sy uitspraak gelewer.
ToekomsVenster: Hoe om die Here te dien
Ons mag nie bydra tot die verwarring wat daar by ons kinders ontstaan nie.
Wiele2Wiele ry met V6 Wildtrak
Hierdie week gaan kyk Wiele2Wiele hoe word Killarney-renbaan met ’n historiese Blou-gedenkplaat bekroon. Hulle gaan ry met die Ford Ranger 3.0 V6 Wildtrak en daar is interessante algemene nuus. Die vraag oor hoe vinnig jy teoreties van 0-100km/h kan versnel word beantwoord en Honda se nuwe Hornet-motorfiets is hier.
Twee Gauteng-leerders neem glo eie lewe
Die meisies het na bewering gif gedrink.
Al minder betoog in Frankryk
Die Franse regering sê die betogings wat die afgelope week opgevlam het oor die skietdood van ʼn tiener het waarskynlik die kruin bereik, maar hoë vlakke van waaksaamheid word steeds gehandhaaf.
Nóg slagoffers van blouligbrigades gesoek
Rise Mzansi het Woensdag ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen wat ook ’n stel met die polisie se BBP-beskermingsdienste-eenheid afgetrap het om met hul nare ervarings na vore te kom.
Ox lank op kantlyn
Steven Kitshoff sal Saterdag Nche se plek in die voorry saam met Frans Malherbe en Bongi Mbonambi inneem.
Nuwe kar kan ook help met beurtkrag-blues
Die Chinese vervaardiger BYD het pas sy Atto 3-model in Suid-Afrika bekend gestel.
Mej. SA-finaal ná twee dekades weer op SAUK
Die SABC 3-kanaal het in 1999 laas gewys hoe ʼn Mej. SA gekroon word toe Heather Hamilton van KwaZulu-Natal op 11 Desember by die Sun City Superbowl met die louere weggestap het.
Maandag wêreld se warmste dag nóg
Navorsers glo daar sal meer rekords in die komende maande wees soos die El Niño-weerverskynsel versterk.
Probleme weens watertekorte in Tshwane kring uit
Sommige gesondheidsfasiliteite moes reeds hul deure tydelik sluit, aangesien die watertekorte dit onmoontlik maak om higiënestandaarde te handhaaf of selfs medikasie toe te dien.
Verkorte Rugbykampioenskap skop af met Wêreldbeker wat wink
Spanne van die Suidelike Halfrond sal nou hul wedstrydplanne wil verfyn voor die Wêreldbeker-skouspel wat in September in Frankryk begin.
‘Mia het altyd geglimlag’
Terwyl die polisie ʼn geregtelike doodsondersoek doen ná die dood van ʼn Pretoriase gr. 10-leerder, onthou haar vriende haar met groot deernis. “’n Mens kon nie hartseer om haar wees nie, want sy het altyd ’n manier gevind om ’n mens gelukkig te maak,” vertel een van haar nabye maats.