Al minder betoog in Frankryk

(Foto: Alain Jocard/AFP)

Botsings tussen Franse betogers en die polisie was die afgelope dae al hoe minder. Die regering sê die betogings wat die afgelope week opgevlam het oor die skietdood van ʼn tiener, het waarskynlik ʼn kruin bereik.

Die departement van binnelandse sake is versigtig optimisties, maar bly waaksaam met altesame 45 000 polisiebeamptes wat steeds landwyd ontplooi is om die vrede te handhaaf.

Volgens die departement het beamptes Dinsdag 16 mense in hegtenis geneem, van wie sewe in en om Parys.

Oor die naweek, toe die betogings op hul ergste was, is 1 300 inhegtenisnemings in ʼn enkele aand gedoen.

Diegene wat Dinsdagaand betoog het, het steeds agt geboue beskadig, 202 asblikke of ander infrastruktuur, sowel as 159 voertuie aan die brand gesteek.

Daar is op vier polisiestasies toegeslaan, maar niemand is in die aanvalle beseer nie.

Die Franse regering spook al ʼn week lank om betogings in bedwang te bring nadat die 17-jarige Nahel deur ʼn polisiebeampte doodgeskiet is toe hy in ʼn huurmotor in die woonbuurt Nanterre gery en voorgekeer is.

Die oproer wat daarop gevolg het, word beskou as van die ergste geweld wat Frankryk in jare ondervind het.

Verskeie sakeondernemings is die afgelope paar dae geplunder. Tien winkelsentrums, 200 supermarkte, 60 sportwinkels, byna 440 tabakwinkels en 370 banktakke is geplunder, beskadig of aan die brand gesteek.

Geoffroy Roux de Bezieux, hoof van die werkgewersorganisasie Medef, sê die skade beloop “meer as €1 miljard sonder om die skade aan toerisme in te reken”.

“Hierdie situasie het ook Frankryk se beeld skade gedoen, wat ook mettertyd herstel moet word.”

Die onrus het kommer laat ontstaan oor Frankryk se vermoë om later vanjaar die Rugbywêreldbeker-toernooi aan te bied, asook die Olimpiese Spele volgende jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Harley Davidson ·

Wie is die betogers,is dit Franse burgers of immigrante van Afrika?

HPJ ·

Die Weste met hulle verotte morele waarde ,hulle agteruit gaanebd ekonomie en brienlose immigrasie beleid is besig om uit mekaar te val Die dollar is besig om uit gewerk te word BRICS is ons enigste hoop Die meeste Suid afrikaners besef dit maar dan is die DA{ANL light )wat nou aan die sterwende Weste vasklou Maar die DA sal die land verwoes solank hulle oor die as kan regeer

Reynier ·

Skokend hoe min van die betogers soos Fransmanne lyk. Amped gedink dit is Afrika

Marina ·

Frankryk is ongelukkig vervuil met hierdie ongewenstes. Daar is dele in Parys waar toeriste aangeraai word om te vermy. Europa beter wakker skrik en vinnig ook!

Marina ·

Ek vermoed die “strength in diversity” but hulle nou weereens in die agterent? Skop die gemors uit en sluit jul grense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.