Maandag wêreld se warmste dag nóg

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Manish Upadhyay/Unsplash)

Maandag was die wêreld se warmste dag nóg op rekord nadat dit vir die eerste keer die gemiddeld van 17 °C oorskry het, wys aanvanklike metings wat Dinsdag deur Amerikaanse weerkundiges geneem is.

’n Gemiddelde daaglikse lugtemperatuur van 17,01 °C is Maandag op die aardoppervlak aangeteken. Die meting oortref die vorige daaglikse rekord van 16,92 °C op 24 Julie verlede jaar.

Wetenskaplikes sê dié lesing was die hoogste op rekord met rekords wat terugdateer tot die einde van die 19de eeu.

Maandag se hitte is te wyte aan ʼn kombinasie van die El Niño-weerverskynsel en die voortdurende vrystelling van koolstofdioksied in die atmosfeer.

Navorsers glo daar sal meer rekords in die komende maande wees soos El Niño versterk, berig BBC.

Die wêreld se gemiddelde lugtemperatuur wissel op enige gegewe dag van die jaar tussen 12 °C en net minder as 17 °C. Die gemiddelde globale temperatuur bly egter tipies styg tot einde Julie of begin Augustus.

Die kenners sê die wêreld se temperature sal waarskynlik oor die volgende jaar selfs nog hoër as die historiese gemiddeldes styg met die aanvang van ʼn El Niño-weerverskynsel in die Stille Oseaan.

Daarbenewens gaan menslike bedrywighede – hoofsaaklik die verbranding van fossielbrandstowwe – voort om elke jaar ongeveer 40 miljard ton CO² in die atmosfeer vry te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Chris ·

Ek dink nie jy sal ooit ‘n debat hieroor hoor nie – dit is ‘n agenda, en daar word nie oor verskuilde agenda’s gedebateer nie – indien debat nie toegelaat word nie weet jy dit is strooi!!

Wakkerslaper ·

Want goeie wetenskap het bewys dat sekere chemikalieë die osoonlaag beskadig. Hierdie chemikalieë se gebruik is drasties verminder, daarom die herstel van die osoonlaag.

Net so waarsku goeie wetenskap dat ons huidige menslike aktiwiteite die Aarde teen ‘n baie vinnige tempo verwarm – wat ernstige klimaatsverandering gaan veroorsaak.

Ben ·

Klimaatsverandering en aardverwarming is politiek, nie wetenskap nie. Daar is menigte wetenskaplikes wat klimaatsverandering as ‘n klug uitwys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.