Bloulig-aanval: ‘Hulle het vir hul lewens gevrees’

Skermgreep uit die video op Twitter.

Die slagoffers van die opspraakwekkende bloulig-aanval het vir hul lewens gevrees en na aanleiding van dié voorval is dit tyd dat die noodsaaklikheid van die BBP-beskermingseenheid in die geheel herevalueer word.

Action Society eis dat die hele senior bestuur van die BBP-beskermingseenheid van die SAPD ook geherstruktureer word na die bloulig-aanrandingsvoorval wat die afgelope naweek op die N1-hoofweg in Gauteng plaasgevind het.

Action Society se regspan het Woensdag ’n formele klag by die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ingedien teen die polisiebeamptes wat by die voorval betrokke was.

“In die klagte eis Action Society dat aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, intimidasie en rig van ’n vuurwapen ondersoek word,” sê Ian Cameron, Action Society se direkteur van veiligheid.

Die bestuurder wat uit die blou Volkswagen Polo gesleep is en deur lede van die BBP-beskermingseenheid aangerand is, word deur Action Society bygestaan om strafregtelike en moontlike siviele aanklagte teen die beamptes, die betrokke bevelvoerders en selfs die polisieminister aanhangig te maak.

“Hy is met ’n aanvalsgeweer oor die kop geslaan en toe herhaaldelik teen die kop geskop terwyl hy reeds bewusteloos was van die eerste houe. Nadat ons oor sy fisieke beserings gepraat het, het ek hom gevra hoe dit emosioneel met hom gaan. Hy het stil geword en na ’n lang stilte gesê: ‘Ek is nie oukei nie’.”

Die motor se ruit is stukkend geslaan (Foto: Verskaf)

Volgens Cameron moes die betrokke slagoffer Woensdag verdere mediese aandag kry. “Hy het steeds pyn en vind dit moeilik om sy geswelde kakebeen oop te maak. Hy het verskeie kneusplekke waar hy op sy kop en in sy gesig geskop is.

“Hulle het vir hul lewens gevrees. Een van die swart BMW X5’s het na sy kant gery en ’n aanvalsgeweer is op hom gerig. In daardie oomblik was hy oortuig dat hulle gekaap gaan word en het verder gery in die hoop om te ontsnap. Hy het geen rede gehad om te vermoed dat die passasiers in die BMW’s wetstoepassers was nie, aangesien nie een van die BMW’s hul blou ligte of sirenes aangehad het om hulle as polisie te identifiseer nie.

“Toe die tweede BMW voor hul voertuig intrek, is hulle na die kant van die snelweg gedwing en moes hulle stilhou. Die gewapende mans se pogings om die voorruit te breek het misluk, maar hulle het daarin geslaag om met ’n geweer deur die agterruit te breek en toe die bestuurder se deur oopgemaak. In daardie stadium het hulle die bestuurder met ’n vuurwapen teen die kop geslaan en voortgegaan om hom uit die voertuig te sleep, waarna hy sy bewussyn verloor het.”

Cameron meen die polisie se hantering van hierdie voorval is skandelik. “As wetstoepassers moes hulle hierdie misdadigers dadelik in hegtenis geneem het. Beëindig minstens hul diens met onmiddellike inwerkingtreding. In plaas daarvan is van die lede bloot in kennis gestel van die SAPD se voorneme om hulle moontlik te skors sou hulle nie voldoende redes kon verskaf om nie geskors te word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Harley Davidson ·

Die feit wat almal vergeet is hoekom is hierdie kriminele nog nie gearresteer en deur die proses gesit nie ,sou ek ‘n persoon so aanrand sou ek ook ‘n brief ontvang en ‘n komitee aangestel word of sou die polisie my alreeds gearresteer het?

Nettie ·

Ons vergeet nie, Harley, ons vra elke dag daarvoor! Maar niks gebeur nie. :-(

Owlie ·

Dis meer as net n skande.
Hierdie so called wetstoepassings beamptes het geen self respek nie, geen respek vir hul beroep nie geen respek vir hul land nie en absoluut geen respek vir hul minister of hul president nie. Volgens hierdie berig is dit baie duidelik dat ‘n poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, intimidasie en rig van ’n vuurwapen saak teen voertuig 1 se insittendes en skoppendes gemaak moet word, ‘n paar sake teen die insittendes van voertuig 2 wat voor die aan gerandes gestop het en ook sake teen die ander voertuie, SAP, minister van polisie, die wat die opleiding verskaf en almal betrokke gemaak word. Action SA is heeltemal reg dat hierdie
BBP-beskermingseenheid in die geheel herevalueer word – eintlik nie net herevalueer word nie maar heeltemal vervang word met nuwe bestuur, nuwe lede van alle tale, vel kleure, rasse ens – bring ons ou weermag en SAP lede terug.

George ·

Stem 100% saam !!!…my vraag is ook as die adj president in nie een van die twee swart BMW motors was nie , wat het hulle op die pad gemaak ….net lekker rond gery op die belasting betalers se geld ???..as geen minister of van sy ” onderdane ” vervoer moes word nie , dan was die VIP konvooi amptelik nie aan diens gewees om op die pad te wees nie….reg…of verkeerd ?? ????????

Vonkprop ·

Hierdie ouens is 100% skuldig en verdien om gestraf te word, my vraag is wel, hoekom het hulle so drasties opgetree? Die mense wat in die Polo was is net te onskuldig vir my in hulle verduideliking.

Bytjienw ·

Dit maak nie saak wat hulle gedoen het nie, hulle het nie verdien om so behandel te word nie. Heelwaarskynlik sal dit iets wees soos hulle wou nie uit die pad beweeg het nie. Wat hierdie optrede dan meer afgryslik sal maak, aangesien daar geen minister in die voertuie was nie. Die polo passasiers was ook nie gewapen nie, so hoekom is hulle behandel asof hulle ‘n bedreiging vir iemand was. Die bloulig brigade het gedink hulle is verhewe bo almal en die wet.

Republikein in die Wes Kaap ·

Motoriste wat daagliks op N1 pendel weet dat die blouligte nie nonsens vat nie. Hulle stamp jou uit pad met die SUVs.

Laksman ·

Laat ek jou vertel, hierdie “polisiemanne” wat by die eenheid werk, het nie n IDEE hoe om n arrestasie uit te voer en nog minder hoe n verklaring lyk – glo my maar vry! Nie n polisieman se alie werd nie. Sou n wonderwerk gebeur en die eenheid kleiner gemaak word en van hulle beland by n regte stasie …..is die helfte af met stres nog voor hulle daar begin en die res kort daarna om geboard te word. Dan weer is daar ook nie regtig meer n “regte stasie” oor nie.

Daleen ·

Skokkend dat jy hierdie optrede op enige stadium probeer regverdig. NIKS regverdig wat hulle gedoen het nie NIKS.

Vonkprop ·

Daleen, lees my kommentaar reg asseblief. Ek regverdig hulle optrede glad nie en soos ek genoem het verdien hulle die swaarste straf, maar kan jy 100% bewys die ander party het niks gedoen nie? Dit is net ‘n vraag ek verdedig geen party nie. Dit is skokkend dat jy klippe na my gooi vir ‘n vraag. Skokkend. Ek aanvaar nie net dinge in die lewe vir wat dit is nie. Ek bevraagteken alles.

ES ·

Dis eenvoudig, antwoord dit met die vraag: hoekom vrees die MP-lid so erg vir die persone (publiek) wat hom/haar ingestem het, dat hulle van hierdie bloulig-kriminele moet gebruik maak om van punt A tot punt B te moet reis teen ‘n kranksinnige spoed en terwyl hul gewelddadige taktieke gebruik om die publiek te terroriseer?

Dis magsmisbruik!

Rudolf ·

Ian Smith van Rhodesiê het met sy fiets van sy woning na sy kantoor in Salisbury gery………

ES ·

Presies! Ek dink dis ‘n status ding. “Kom uit my pad uit, ek is belangriker as jy!” Terwyl die einste MP lid ‘n dienskneg vir die mense moet wees.

George ·

Ek kan so glo, 6 mans met vuurwapens uit, dwing jou van die pad af en rand jou aan, met die doel om ernstig te beseer, volgens my poging tot moord as jy wapen rig en iemand skop en trap wanneer hulle le

Frank ·

Hoekom was daar twee voertuie as daar geen regerings amptenaar vervoer was nie. Daar behoort ondersoek ingestel te word daarna want ek ruik ‘n rot.

Johann ·

Moet nie vergeet dat die “ministers ens.” gewoonlik IN hierdie voertuie is en die walglik (en algemeen) handelinge stilswyend GOEDKEUR.

Vrystaat2109 ·

Dit is interessant,as die adjunk dan nie in een van die voertuie was nie wat het die groep dan op die pad gedoen?
Leuens gaan nou weer in “overdrive”vertel word.
Ons land is in sy peetjie met leuens korrupsie en misdaad,moord wat hoogty vier en ‘n regering wat absoluut nutteloos is.

Marcello ·

Wow!!! Action Society en Ian Cameron, bravo !!! vir julle. Wys ander partye hoe ‘n mens moet optree teen boewe. “Give that man a Bells”

SjN ·

Vertoonvenster aan die buiteland hoekom ons as rommelstatus gegradeer word.

Amelia ·

Ongelukkig is dit belasting betaller wat onder rommerstatuw ly nie die ministers nie als word vir hul betaal en hul leef in weelde

Miena ·

Ek antwoord nie sommer ies op sosiale media of enige media met wraak-gevoel of aanhutsing nie – MAAR – nou is die speelgoed met sand uit die sandput gegooi. Dagvaar die blou rook uit die klomp uit. Dis die beter woorde wat ek kan kry om te mag gebruik hierso… En maak seker dat julle sommer vra vir vergoeding vir lewenslange dokters en hospitalisasie konsultasies en enige monetere vergoeding vir emosionele en fisiese skade wat opgedoen is en enige spesialis konsultasie (hetsy Sielkundige / Psigiatrers) wat moontlik in die toekoms mag opduik. En kyk sommer of jy n nuwe kar uit hulle kan kry wat hulle vir jou moet koop en registreer op jou naam. Punt en klaar. Dit het my nou sommer warmer onder die kraag as die verwarmer wat in die kantoor aan is…

JvR ·

Die ergste is dat die skuldiges die gellentheid gegee word om te verduidelik waarom hulle nie geskors behoort te word nie

TRP ·

Tree op soos ‘n trop leeus teenoor bokkies maar word dan met handskoene behandel, nee in die land is daar net eenvoudig geen regverdigheid, was dit ek of jy was ons pens en potjies nou agter tralies.

My siening ·

Die visie president moet ook aangekla word want dis sy wagte en hy het hulle die gedagte gegee dat hul bo die wet is! As hul my wagte was sou ek hul met aanstelling goed laat verstaan dat enige mens met respek behandel word terwyl julle vir my oppas of nie oppas nie. Dit is ANC beleid om mense met vrees te regeer en ek kan net dink hoe die gemors mense afpers en intimideer!
Kom ek sê nou hierdie gemors is volgende maand nog los loopend en trots op wat hul gedoen het. Adj president is net so skuldig!

Bytjienw ·

Hoekom het hulle in ‘n konvooi gery en uit die voertuie geklim met wapens as daar niemand in die voertuie was wat beskerm moes word nie? En waarom is die Polo se kattebak oopgemaak, wat het hulle gedink kan hulle daar uit steel?? Hoekom dink die bloulig brigades hulle is verhewe bo die wet? Dis beslis nie die eerste keer wat so iets gebeur het nie, net ‘n gelukskoot dat iemand dit opgeneem het, ek hoop mense kom nou na vore, sodat die wetteloosheid ontbloot kan word. Alle bloulig brigades moet ontbind word. Dis ‘n vermorsing van belastingbetalers se geld. Die ministers het omtrent meer beskerming as Koning Charles as hulle rondbeweeg. Dis belaglik!

Amelia ·

Lyk my ministers bang vir die wat hul ingestem het weet hoe is hul optrede

Petrie ·

Daar gaan net mooi NIKS gebeur nie. Die SAP is deur kriminele oorgeneem wat GEEN respek vir wet en orde het nie.
Ek voel bitter jammer vir die paar oordentlike polisiemanne en vroue wat nou oor dieselfde kam geskeer word.
Ongelukkig kan ons as gewone publiek nie onderskei wie is wie nie.

Alewyn ·

…en niemand praat oor hoe hulpeloos die voorval wat voor haar afgespeel het die arme vrou in die polo moes laat voel het nie. Sies vir die Bloulig “Polisie”. Sluit Toe en gooi die sleutel weg.

Mariana ·

Klink meer na poging tot moord. Hulle het net aanhou skop. Wat is fout met hierdie mense?Mal van al die mag wat hulle gegee word.

Catherina ·

Net die president behoort beskerming te hê. Res van hulle moet lewe soos ons elke dag moet….in vrees. Dankie Action SA dat julle hierdie jong mans gaan help.

Erika ·

Dit is net bloot mense wat hulle mag misbruik vir eie gewin -Let op die Slagoffers was gerieflik outnumbered…Die skuldiges is nie polisie mannne werd nie hulle is kriminele.

Sue ·

Arme onskuldig burgers. My hart bloei Vir die insittendes van die Polo en as daar n fonds is Vir hul therapie if mediese onkoste Sal Ek graag bydrae.

JohanR ·

Ek weet dit is die ANC se Suid Afrika, maar sal die persone wat aangeval is hulle aanvallers van aangesig tot aangesig kan ontmoet in ‘n hof? Ek weet se nou maar as iemand by dik getik het buite ‘n kroeg wil ek hom graag wil ontmoet in ‘n hof.

Nettie ·

Ai, my hart gaan uit na die slagoffers. Julle was wreedaardig en onmenslik behandel. Ons bid vir julle herstel, ook die emosionele trauma, en vir almal wat deur hierdie bloulig en ander polisie-bully’s al geteroriseer was. Ons bid dat dit nou gestop kan word.

En ons wag vir die arrestasies wat al MOES gebeur het!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.