Manie Libbok is op die plaasvervangersbank vir die Springbokke se laaste Wêreldbeker-groepwedstryd in Marseille.
Lees meerAlles vir Woensdag 27 September 2023
Mej. SA binnekort op Paryse loopplank te sien
“Dit is so ʼn voorreg om in hierdie wonderlike stad, wat die episentrum van mode is, te wees.”
AfriForum: ‘Onteiening is staatsgoedgekeurde diefstal’
’n Groot deel van AfriForum se aanbieding vandag het bestaan uit die verskaffing van “versigtig deurdagte en volhoubare oplossings”.
Namibië verbied invoer van hoender uit SA
Dié verbod, wat onmiddellik in werking tree, kom te midde van ʼn “onrusbarende” toename in gevalle van “hoogs patogeniese voëlgriep” in Suid-Afrika, sê die Namibiërs.
Eis van R1,15 miljoen kom ná bloulig-aanranding
Altesaam 13 000 siviele eise is in die 2021-’22-boekjaar teen die polisie ingedien.
AKA-moord: Polisie glo na aan deurbraak
“Die motors is gevind, mense is geïdentifiseer, selfs die vuurwapen is gevind.”
Shakira ʼn tweede keer van belastingbedrog beskuldig
Die Spaanse belastingkantoor beweer nou die Colombiaanse popster Shakira skuld hom altesaam €6,6 miljoen (sowat R135 miljoen).
Versoek dat afgebrande plase tot rampgebied verklaar word
Vanaf middel Augustus het brande minstens 1,2 miljoen hektaar grond verwoes en boere lamgelê.
‘NOV-verslag wys ANC-gebreke’
“’n Vervallende staat en onbehoorlike beleidsbestuur is verantwoordelik vir die volgehoue probleme van ongelykheid, armoede en stygende werkloosheid.”
ToekomsVenster: Vier jou verlossing
Sing ʼn loflied, steek ʼn kers aan en wees opgewonde! Die dood, die ewige dood, ʼn toekoms sonder God, het sy greep op jou lewe verloor.
21 skole in Wes-Kaap nog gesluit weens stormskade
Altesaam 21 skole in die Wes-Kaap was Woensdag nog weens stormskade gesluit.
SA is ‘brandpunt vir georganiseerde misdaad’
“Ons land het nou die titel verwerf as een van die mees kriminele en korrupte lande in die wêreld. ʼn Gebrek aan politieke wil, tesame met korrupsie en onbekwaamheid op die hoogste vlak, het Suid-Afrika in ʼn paradys vir bendelede omskep.”
Het ek regtig my mediese fonds nodig?
Mediese fondse is kompleks, maak nie saak hoe ons daarna kyk nie, maar dis ook nie heeltemal Grieks nie. Leon-Ben Lamprecht werp lig.
NOP-verslag wys regering het nie teikens gehaal nie
“Die verslag is ʼn verleentheid vir die regerende party, omdat dit bevestig dat die party, ondanks jare lank aan bewind, eenvoudig onbekwaam was om die lewens van ons mense te verbeter.”
‘7 de Laan’ se David Rees terug in hospitaal
David Rees, die geliefde sepieakteur, was maar skaars ʼn week terug by die huis toe sy gesondheid weer ʼn knou gekry het.
Sewe voortvlugtig ná roof by substasie
Die soektog duur voort na sewe mans ná koperkabels by ʼn substasie in Winburg in die Vrystaat gesteel is.
Kry mediadekking vir jou besigheid; aanlyn werkswinkel wys jou hóé
As jy ʼn kommunikasiepraktisyn of entrepreneur is wat graag vir jou kliënte of besigheid meer blootstelling wil gee, is hierdie werkswinkel ʼn móét.
Rise Mzansi as politieke party geregistreer
Rise Mzansi sê hul planne vorder goed vir ʼn kongres volgende week.
‘The Bachelor’ se Jozaan getroud
Die voormalige TV-ster het ʼn paar pragtige troufoto’s met haar sowat 30 000 volgelinge op Instagram gedeel.
Kinders gered ná tragiese gyselaarsdrama
Die twee dogtertjies, drie en sewe jaar oud, is ongedeerd gevind.