Die span wat hy vir Vrydag se stryd in Lyon gekies het, is byna dieselfde as die span wat hul oorwinning van 52-8 teenoor Namibië in groep A verseker het.
Alles vir Woensdag 27 September 2023
AfriForum Jeug eis skorsing van EFF by Tuks
“Tukkies-studente stuur deurlopend vir ons video’s van voorvalle waar die EFF Student Command ander studente intimideer en hulself skuldig maak aan ʼn gewelddadige betoging wat met rassisme en ontwrigting gepaardgaan.”
Audi neem Kyalami op horings
Audi se gevorderde bestuurskool se deure in Suid-Afrika is al geruime tyd toe, maar is pas weer by Kyalami geopen.
Ryderbeker: Amerikaners wil wendroogte breek
Gewapen met tien spelers wat onder die wêreld se toptwintig tel, is die Amerikaanse Ryderbekerspan se visier daarop gerig om hul wendroogte van dertig jaar op Europese bodem vandeesweek te beëindig.
Harte, hande oop om brandslagoffers in Limpopo te help
Pediatric Care Africa het hand opgesteek om mediese bystand aan Louis Trichardt en omliggende omgewing te bied nadat hulle die afgelope twee weke onder ernstige wegholveldbrande gebuk gegaan het.
Kinderoffers en Afrikaner-nageslagte
Die mens offer sy kinders. Dit gebeur nie op alle plekke meer deur die kinders in vuur te verbrand nie, maar alle kinders word op een of ander manier geoffer.
Minstens 100 dood in Irakse bruilof-tragedie
“Die brand het veroorsaak dat dele van die plafon ineenstort weens die hoogs vlambare, laekoste boumateriaal,” het die verklaring gelui. “Voorlopige inligting” pak die skuld vir die brand op vuurwerke wat afgeskiet is.
50% van motoriste omkoopgeld gevra – peiling
Minder as 5% van motoriste voel hulle kan lede van die Suid-Afrikaanse polisie vertrou wanneer hulle van die pad afgetrek word.
Alcaraz lus vir stryd om nommer een-posisie
Internasionale tennis het vanjaar na China teruggekeer nadat Beijing sy jare lange, isolasiegedrewe zero-Covid-beleid volgehou het.
Hollywood-skrywers se staking afgelas
Leiers van die Amerikaanse Skrywersgilde het Dinsdag ʼn maandelange staking afgelas wat Hollywood tot dusver lamgelê het, nadat hulle uiteindelik ʼn ooreenkoms met van die grootste produksieateljees aanvaar het.
Europa se migrantekrisis – geen einde in sig
Omdat die hele EU reeds geen grensbeheer meer het nie kan migrante, as hulle eers binne die EU is, in praktyk kies waar hulle wil wees, al is dit strydig met die Dublin-ooreenkoms.
Trokdrywer in kaping doodgeskiet; inwoners plunder produkte
“Benewens die rooftog en moord op ʼn onskuldige siel, het mense die vermetelheid om uit die vragmotor te steel terwyl die bestuurder leweloos in ʼn plas bloed gelê het.”
Polisie ‘verloor’ Intercape se klagtes
Die Intercape-busdiens sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens het slegs rekord van ʼn derde van die klagtes van geweld en intimidasie wat sedert Maart vanjaar by die polisie aanhangig gemaak is.
Video: Rekord vir 10-jarige wat skaakbord geblinddoek pak
“Om te sien hoe mense hul eie beperkings op die proef stel en ongelooflike dinge regkry, het my geïnspireer.”
Dapper hond gered na inbrekers haar skiet
Phoenix, ʼn Africanis-teef, het gewapende rowers die stryd aangesê toe hulle by haar gesin se huis ingebreek het.
Bela: Is die koeël deur die kerk vir onderwys?
Die portefeuljekomitee oor basiese onderwys se onlangse aanvaarding van die konsepwet op onderwyswette, oftewel Bela, is beslis ’n groot skoot, maar nie noodwendig ’n doodskoot nie, skryf dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van Fedsas.
Kry só Hailey Bieber se blosende, besproete voorkoms
Haar jongste grimeertendens – die sogenaamde “strawberry girl make-up look” het skoonheidsliefhebbers die afgelope maand op sosiale media aan die gons gehad.
DA eis dringende parlementêre ondersoek na Transnet-krisis
ʼn Parlementêre ondersoek sal die oorsaak van die probleem vasstel, diegene identifiseer wat die krisis vererger en die ingrypings uitstippel wat nodig is om die instelling te red.
Luister: Rooi vlaggies by versorging van Alzheimer-pasiënte
Wanneer daar oor Alzheimer se siekte gepraat word, kan onderwerpe rondom versorging sensitiewe of moeilike gesprekke ontlok.
Springbokrugby, ʼn filosoof en die Bybel
Elkeen van die drie het sy eie manier om die menslike geluk voor te stel.