Luister: Rooi vlaggies by versorging van Alzheimer-pasiënte

Monica Koekemer het met Maroela Media gesels oor die versorging van Alzheimer-pasiënte (Foto: Maroela Media)

Wanneer daar oor Alzheimer se siekte gepraat word, kan onderwerpe rondom versorging sensitiewe of moeilike gesprekke ontlok.

Maroela Media het ter viering van Alzheimer-bewusmakingsmaand in September met verskeie spesialiste, kenners en familielede wat deur dié lewensveranderende siektetoestand geraak is, gesels.

In die jongste aflewering van dié podsendingreeks gesels Monica Koekemoer, programkoördineerder by die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut, oor dié einste onderwerp. Sy deel advies vir gesinne wat nou besig is om die versorgingsroete saam met hulle geliefdes aan te pak.

Sy vertel vir luisteraars onder meer oor die versorgingsmoontlikhede wat vir Alzheimer-pasiënte bestaan, hoe om te bepaal watter opsie die beste vir verskillende pasiënte is en watter vrae gevra moet word wanneer daar oorweeg word om ʼn geliefde by ʼn versorgingsinstansie te laat opneem.

  • Luister na die volledige onderhoud boaan die berig.
  • Luister na episode een waar dr. Susan Coetzer, een van slegs 20 geriatriese spesialiste in die land, advies aan diegene gee wat saam met ʼn geliefde die raaiselagtige reis van Alzheimer se siekte en dimensie moet aanpak.
  • Luister na episode twee waar Welma Geldenhuys, senior maatskaplike werker by Adasa se Gauteng-tak, gesels oor die belangrikheid van hulp en ondersteuningsnetwerke wanneer dit by die stryd teen dié tipe siektes kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.