Luister: Só wil organisasie Alzheimers-pasiënte se lewensgehalte verbeter

Welma Geldenhuys, senior maatskaplike werker by Adasa se Gautengse-tak. (Foto: Maroela Media)

Inligting en ondersteuning is twee kernbeginsels van die Vereniging vir demensie en Alzheimer se siekte Suid-Afrika, oftewel Adasa.

Maroela Media het ter viering van Alzheimer-bewusmakingsmaand in September met verskeie spesialiste, kenners en familielede wat deur dié lewensveranderende siektetoestand geraak is, gesels.

In die jongste aflewering van dié podsendingreeks gesels Welma Geldenhuys, senior maatskaplike werker by Adasa se Gautengse-tak, oor die belangrikheid van hulp en ondersteuningsnetwerke wanneer dit by die stryd teen dié tipe siektes kom.

Sy vertel vir luisteraars ook meer oor die werk en doelwitte van Adasa en die verskillende maniere waarop hulle netwerke bou en bewusmaking oor Alzheimer se siekte en dimensie onder gemeenskappe kweek.

Welma deel ook wenke vir buitestanders wat graag meer wil doen om die kollig op hierdie siekte en die behandeling daarvan, te plaas.

  • Luister na die volledige onderhoud boaan die berig.
  • Luister na episode een waar dr. Susan Coetzer, een van slegs 20 geriatriese spesialiste in die land, advies aan diegene gee wat saam met ʼn geliefde die raaiselagtige reis van Alzheimer se siekte en dimensie moet aanpak.
  • Besoek Adasa se Facebook-blad hier of stuur ʼn e-pos na [email protected] vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.