Luister: Alzheimer se siekte ‘n reis van liefde, geduld en begrip

Dr. Susan Coetzer by haar praktyk in Roodepoort, Johannesburg. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

Oneindige geduld, baie begrip en ʼn bietjie humorsin.

Dít is dikwels die kern van dr. Susan Coetzer, een van slegs 20 geriatriese spesialiste in die land, se advies aan diegene wat saam met ʼn geliefde die raaiselagtige reis van Alzheimer se siekte en dimensie moet aanpak.

Maroela Media het ter viering van Alzheimer-bewusmakingsmaand in September met verskeie spesialiste, kenners en familielede wat deur dié lewensveranderende siektetoestand geraak is, gesels.

In die eerste episode van dié podsendingreeks verduidelik Coetzer wat presies Alzheimer se siekte is, hoe die simptome uitgeken kan word en watter behandelingsmoontlikhede beskikbaar is.

Sy bespreek ook voorkomingsmoontlikhede en of moderne genetiese toetse werklik kan bepaal of dié siekte op jou toekomspad lê?

  • Luister na die volledige onderhoud boaan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Karoo ·

Alzheimers is ‘n verskriklike siekte, jy kan of’ n “vriendelike” tannie/oom wees OF…. jy kan ‘n baie kwaai en agrisiewe persoon wees wat heeldag skree en slaan en wat sukkel om die regte behandeling en versorging te kry. Boonop het jy baie geld nodig vir so’ n tehuisof versorging. Dis ‘n straf, hel op aarde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.