Trokdrywer in kaping doodgeskiet; inwoners plunder produkte

Inwoners het glo die suiwelprodukte geplunder nadat die vragmotorbestuurder doodgeskiet is. (Foto: SA Polisie)

Die lewelose liggaam van ʼn vragmotorbestuurder was nog agter die stuur van die voertuig toe inwoners glo begin het om die vrag suiwelprodukte wat hy vervoer het, te plunder.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, sê die 45-jarige bestuurder, Petros Jay Magagula, is Dinsdag omstreeks 08:30 op die R40 in Marite, naby Hazyview, voorgelê. Die bestuurder en twee bemanningslede (wat nie geïdentifiseer is nie) was op pad na Bosbokrand vir ʼn aflewering toe hulle naby ʼn vulstasie in ʼn lokval gelei is. ʼn Groep van tussen vier en vyf gewapende rowers het uit die bosse te voorskyn gekom.

“Na bewering het die verdagtes die vragmotor probeer voorkeer. Die bestuurder het glo ʼn U-draai gemaak en teen ʼn ander voertuig gebots. Verdere inligting dui daarop dat die verdagtes hierna op die vragmotor begin vuur het.

“Die bestuurder is in die koeëlreën getref. Die bestuurder het beheer oor die vragmotor verloor nadat hy geskiet is en die voertuig het teen ʼn boom gebots.”

Die twee bemanningslede het oorleef, met een van hulle wat ligte beserings opgedoen het.

Die vragmotor is naby Marite in Mpumalanga voorgelê. (Foto: SA Polisie)

Pleks daarvan om die slagoffers te help, het inwoners glo begin om items uit die vragmotor weg te dra, sê Mohlala.

Die polisie en paramedici is na die toneel ontbied en Magagula is op die toneel dood verklaar.

ʼn Saak van moord en gewapende roof word ondersoek, maar geen inhegtenisnemings is nog gedoen nie. Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiehoof, het die voorval ten sterkste veroordeel.

“Ons is werklik teleurgesteld in die immorele optrede wat tydens die voorval gesien is. Benewens die rooftog en moord op ʼn onskuldige siel, het mense die vermetelheid om uit die vragmotor te steel terwyl die bestuurder leweloos in ʼn plas bloed gelê het.

“Dit lyk of mense hul morele kompas verloor het. Hoe dit ook al sy, ons gaan diegene opspoor wat by hierdie voorval betrokke was,” het Manamela onderneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Adriana ·

Wat word van die mensdom is daar geen bybelse waardes meer nie, maak ñ persoon se lewe nie meer saak nie, het die duiwel in almal se lewens oorgeneem. Dit is uiters skokkend en hartseer.

Nie Verbaas ·

“Ons is werklik teleurgesteld in die immorele optrede wat tydens die voorval gesien is.” En ons het weer niks anders verwag nie. Dit is mos waarmee ons Suid Afrika se ekonomie “bou”.

Jacobus ·

Aan die patetiese reaksie van die agbare minister gister is die tipe ding niks anders as goedgekeerde ANC werkswyse. Walglik en ongehoord. Die ANC is duidelik besig om die land in dié rigting te stuur – dit werk dan vir húlle.

Marius ·

Dit kan nie wees nie , ons het dan wetsgehoorsame burgers in die land of hoe me sisulu?
Lewe is niks werd meer in die land nie!!!!

Surfer ·

Dink jy nie hulle is die uitverkore volk nie? Dit lyk wel so, want niks werk vir hulle nie. Nie wette nie, nie ons gebede nie?

Mariaan ·

Hongersnood het geen perke nie. Dink dit gaan net erger word want mense het nie werk nie.

Delia ·

Nee Mariaan. Hierdie tipe gedrag het niks met hongernood te doen nie.
As jy honger is, vra jy kos deur aan n deur te klop, gaan na n kerk maatskaplike werker , jou buurman. Ens ens.
Hierdie is beplande moord.
Andersins hoekom nie net die vragmotor kaap nie. Hoekom n man doodskiet…..

Republikein in die Wes Kaap ·

‘n Revolusie is sewe gereelde maaltye weg. Dan neem instinkte oor. Geen aanklop aan deure nie. Redenasie verdwyn . Jy gaan oor tot geweld om kos te kry.

Jan Jacobs ·

Wat hulle eie mense aan hulle gedoen het so doen hulle nou aan ander

Janine ·

En wanneer dit trokke is wat drank vervoer en ‘geloot’ word? Asb! Honger se agterent.

Sê maar net ·

Tekens van die eindtye. Dit gaan net al hoe slegter gaan….Maak maar seker julle sakies is in orde!

Raadsman ·

Jou statement maak nie sin nie. Met my gaan dit goed gaan tot die dag dat Jesus my kom haal! Vir die res wag daar slegte tye as hul agter bly.

Phillip ·

Plunder… Van die hoogste tot die laagste een in die land van ons . is dit Ubuntu vra ek vir jou ?

Gert ·

Die regering is verantwoordelik vir hierdie tipe wetteloose optrede hulle moet nie nou “geskok” wees nie!

Wielspore ·

My broer is by ‘n ongelukstoneel beroof van sy beursie en sy skoene, sy bo-been was gebreek en hy kon nie beweeg. ‘n Verbygaande Minibus Taxi het by die ongelukstoneel stil gehou, die insittendes het hom beroof, hulle het terug geklim en net verder aangery.

Manie ·

Wildehonde vreet hulle prooi stukkie vir stukkie lewendig op as jy hoor wat ek sê.

madels ·

Hoe verskriklik wreed om nie om te gee vir daai as bestuurder nie…wat het van ons land geword?

Mariana ·

Om jou morele kompas te verloor moes jy seer sekerlik een gehad het. Hierdie plunderaars het geen kompas. Hulle gee vir niks en niemand se lewe om nie. Skande hoe die land elke dag net meer en meer in die modder insak. Als moet vernietig word en verniet kry is die wagwoord.

Francois ·

Wha wha whaaa. Hulle is geskok oor die optrede van diefstal. Word wakker. Met die vrot polisie Diens en mentaliteit is roof en.plunder Suid Afrika se nr 1 sport

Riaan ·

As die leiers geen morele waardes het nie, kan jy mos nie beter van die volgelinge verwag nie?

Bennie ·

Wat verwag jy met ‘n ANC regering wat die voorbeeld stel? Hulle voel niks vir niemand nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.