Sewe voortvlugtig ná roof by substasie

Argieffoto (Foto: Vladimir Fill / Pixabay)

Die soektog duur voort na sewe mans ná koperkabels by ʼn substasie in Winburg in die Vrystaat gesteel is.

“Twee veiligheidswagte was op 20 September omstreeks 22:00 aan diens toe die voordeur van die waghokkie oopgedwing is,” sê kapt. Loraine Earle, woordvoerder van die polisie. “Sewe gewapende mans het die vertrek betree en die wagte is opdrag gegee om nie te beweeg nie. Hulle is vasgebind.”

Twee mans het by die veiligheidswagte gebly terwyl die ander na buite beweeg het. “Die wagte het ʼn harde geluid gehoor en toe is die kragtoevoer onderbreek. Die twee mans het daarna ʼn oproep ontvang en het gevlug.”

Die veiligheidswagte kon hulself loswikkel en hulle is na die polisiestasie om die saak aan te meld. Een van die veiligheidswagte het ʼn kniebesering opgedoen toe hy met ʼn boutsnyer geslaan is.

Die substasie is naby die N1 geleë en verskaf elektrisiteit aan nabygeleë plase. Die geraamde koste van die koperkabel beloop R200 000.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Enigiemand met inligting word versoek om speurderkonstabel Setjhaba Sello te kontak by 071 774 1660.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Di ·

SO verwoes die kriminele die land net meer en meer elke liewe dag! Hoop hulle vang die gemors

Karoo ·

Vraag en Aanbod….. wie maak geld hier uit, dis waar die “oplossing” le.

miche ·

Die betrokke substasie voorsien nabygeleë plase van elektrisiteit… Dus is dit vir die kriminele ‘n dubbel voordeel. Kan dán makliker inbreek, roof, vermoor en koperkabels boonop verkoop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.