SA is ‘brandpunt vir georganiseerde misdaad’

(Foto: Shutterstock)

ʼn Verdoemende verslag onthul Suid-Afrika is ʼn internasionale brandpunt vir georganiseerde misdaad.

“Dit moet as ʼn wekroep dien vir wetgewers, wetstoepassingsagentskappe en enigiemand wat besorg is oor die toekoms van ons land,” het Tax Justice SA (TJSA) Woensdag gewaarsku.

Die Global Initiative Against Transnational Organised Crime (Gitoc), ʼn nieregeringsorganisasie gebaseer in Genève, het Suid-Afrika in sy verslag vir 2023 in die derde posisie geplaas vir misdadigheid in Afrika. Die Demokratiese Republiek die Kongo en Nigerië vul die eerste twee plekke.

“Die land is ʼn onmiskenbare kriminele uitskieter binne Suider-Afrika en verhoog tasbaar die gemiddelde kriminaliteitsyfer vir die streek,” lui die verslag.

Yusuf Abramjee, stigter van TJSA, sê die verslag is ʼn verdoemende aanklag teen diegene wat verantwoordelik is om wet en orde in Suid-Afrika te handhaaf.

“Ons land het nou die titel verwerf as een van die mees kriminele en korrupte lande in die wêreld. ʼn Gebrek aan politieke wil, tesame met korrupsie en onbekwaamheid op die hoogste vlak, het Suid-Afrika in ʼn paradys vir bendelede omskep. Georganiseerde misdaadnetwerke verarm Mzansi en bedreig die vrede en veiligheid van burgers in ʼn land wat veronderstel is om ʼn ekonomiese dryfkrag te wees en ʼn voorloper vir maatskaplike geregtigheid.”

Volgens die verslag is Suid-Afrika ʼn magneet vir onwettige geld uit die res van Afrika, aangesien ons “gevorderde ekonomie en gesofistikeerde finansiële infrastruktuur ʼn ideale ligging bied vir opbrengs uit misdaad op die vasteland”.

“Soos wat die goudmafia-ondersoek gewys het, buit transnasionale georganiseerde misdaadnetwerke bedrywe soos Suid-Afrika se onwettige sigaretmark uit om enorme fortuine te maak ten koste van eerlike, hardwerkende burgers,” voeg Abramjee by. “Politici beplan nou om selfs meer van dié sigaretmark aan bendelede te oorhandig deur nuwe tabakwetgewing wat geen verbintenis het met die realiteit van lewe in ons land nie. In plaas daarvan om nuwe wetgewing uit te dink wat deur professionele misdadigers geïgnoreer gaan word, moet ons leiers eerder huidige wetgewing toepas, die grootbase van georganiseerde misdaad toesluit en hul onwettig bekomde rykdom tot voordeel van almal versprei.

“Elke Suid-Afrikaner wat besorg is oor die toekoms van ons land, moet sê ‘genoeg is genoeg: ons wil nie in vrees lewe van bendelede nie en ons eis dat ons regering wet en orde sal respekteer, kriminele bedrywighede sal stuit en misdadigers sal toesluit’.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Karoo ·

Die waarheid my vriend, maak biter seer en ongelukkig ja, is dit alles waar. En die ergste, ons goverment verkies dit so.

Wit Leeu ·

My genade ! Het enige iemand nou iets beters verwag………………………

JohanEtz ·

Sou ñ kort verslag wees as enigiets wat wel reg en wettig in SA verloop, saamgestel moes word….ai tog

Chris dupreez ·

En alles te danke aan die korrupte en kriminele anc regering

domheks ·

VIVA cANCer!! Julle doen tog sooooooooo goed! Gaan voort! met julle kaders/skelms!

Truth2bfree ·

Lees Internasionale Nuus se hoofopskrifte – blyk my dit gaan nie werklik erens anders veel beter nie….

Danie ·

Dit is niks nuuts nie. Almal weet dat ons polisie georganiseerde misdadigers in hul midde het. Ons regering het georganiseerde misdadigers in hul midde. Die land is ook seer sekerlik die land met die hoogste getal sienende blindes, want nog steeds stem hulle vir die ANC en die beste van als ons wit ryk sake manne en vroue ondersteun hulle met duisende rande om hul verkiesings veldtogte te loots. HARTSEER NE

Amelia ·

Nee wat laat strate na hul vernoem word want met die slaggate vullis ens wil mens dit nie koopel aan iemand wat hardwerkend skoon strate ens vekies het nie strate llyk soos sommiges dit verkies

miche ·

Die Regering is te besig( en bankrot) om misdaad aan te pak want hul is konstant besig om geld te spandeer om iewers straatnaamborde en dorpname te vervang.

Johann ·

Oooo e e…die ANC kaders juig en jubel oor sulke status plasings. In die verwagting van die anargis is dit presies wat hulle wil hé en behou. Chaos en totale wanorde.

Nico ·

Ek wonder altyd, met sulke berigte, wat dink die regering as hulle dié verslae lees? Ek kan nie glo dat hulle NIE hierdie dinge lees of bewus is daarvan nie, en die vraag bly dus staan … wonder hulle wat het verkeerd gegaan. en is hulle nie skaam nie. Regtig, en ek is bewus dat baie lesers anders reken, maar hulle MOET mos bewus wees dat dinge verkeerd loop? Of, is ék so naïef??

Elizabeth ·

Vir die ANCEFF sal dit in hul mening ñ ongelooflike prestasie wees om Nr 3 op die lys te wees. Hulle streef daarna en hul grootste begeerte is om Nr 1 te wees.????????????????????

Nonnie ·

En raai wie is in beheer van die groot misdaadorganisasies in SA….DIE ANC EN SY KADERS….

Samuel ·

MM hou nie daarvan dat mens die Kaders kriminele noem nie, maar ek vat ‘n kans. Ons sogenaamde Staatspresident is ‘n krimineel en so is elke minister. Die ANC-REGIME trek voordeel uit die kriminaliteit. Ek hoop Hoofman Ramaphosa voel trots op homself. Viva!!

Arno ·

Nee, SA is ‘n vulletjie teen WEF, WHO, Davos, United Nations. Ongelukkig is ons politieke mense ook deel van hulle. So ook Rupert, Openheimers, Motsepe ens ens.

Seef ·

En wat gaan daarvan kom? Sweet blue…….!!!!Al skreeu miljoene genoeg is genoeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.