NOP-verslag wys regering het nie teikens gehaal nie

ActionSA-leier Herman Mashaba (Foto:ActionSA)

Die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) se hersieningsverslag – wat wys hoe die regering versuim het om meeste van sy teikens wat betref werkloosheid, armoede en ongelykheid te behaal – is ʼn teken van die dringende behoefte aan politieke verandering in Suid-Afrika.

Só sê Herman Mashaba, president van ActionSA.

“Ondanks pogings om die verslag se vrystelling ter elfder ure te verhoed, is die verslag ʼn verleentheid vir die regerende party omdat dit bevestig dat die party, ondanks jare lank aan bewind, eenvoudig onbekwaam was om die lewens van ons mense te verbeter.”

Dit is hoekom ActionSA glo die verslag – wat wys dat Suid-Afrika op talle gebiede in die verkeerde rigting beweeg – benadruk dat dringende verandering nodig is om die huidige verval om te keer, sê Mashaba.

“Dit is deur die onlangse beleide wat ActionSA by ons stigtingsbeleidskonferensie aanvaar het, dat goeie regering in Suid-Afrika herstel sal word, ekonomiese en werksgroei sal aangevuur word, en die lewens van alle mense in die land sal verbeter. Geen land kan oorleef in ʼn omgewing waar die meeste mense werkloos is of nie toegang het tot geleenthede nie – dit is ongelukkig wat die regerende party die afgelope paar jaar gevestig het. ActionSA is toegewyd om dié verval om te keer.”

ActionSA meen die land is vir te lank in die steek gelaat deur die regerende party, soos bevestig deur die NOP-hersieningsverslag. “Terwyl ons voorberei vir die belangrike 2024-verkiesing, sal ActionSA alle gemeenskappe reg oor die land van deur tot deur besoek om die verandering te deel wat ʼn ActionSA-regering sal bring. Verandering in Suid-Afrika is moontlik en ActionSA is toegewyd om dit te bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JohanR ·

Het die regeering al in 30 jaar enige teikens bereik behalwe nou vir 00000000 in die bank!

Karen ·

Nie die teikens wat aan ons belowe is nie, maar wel hulle bank rekeninge ja, dit kan jy weer sê

domheks ·

Het julle ‘n ander uirkoms verwag met cANCer aan die stuur? Dink weer..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.