Mej. SA binnekort op Paryse loopplank te sien

Natasha Joubert in Parys, Frankryk. (Foto: Verskaf)

Mej. Suid-Afrika, Natasha Joubert, is genooi om in Oktober vanjaar gesig te wys op die Paryse modeweek in Frankryk, waar sy as eregas vir L’Oréal Paris sal optree.

Die internasionale skoonheidshandelsmerk was vroeër vanjaar ʼn amptelike borg vir die Mej. SA-kompetisie. Joubert sal as deel van die maatskappy se ikoniese Walk Your Worth-geleentheid ʼn spesiale verskyning maak.

Die bekende Le Défilé-geleentheid vind op 1 Oktober by die École Militaire in Parys, Frankryk, plaas. Die doel van die geleentheid is om alle vroue te inspireer om die toekoms met selfvertroue te betree.

Joubert sal ook ʼn toer deur een van L’Oréal se laboratoriums onderneem.

“Dit is so ʼn voorreg om in hierdie wonderlike stad, wat die episentrum van mode is, te wees. Ek voel baie gelukkig om uitgenooi te wees na hierdie geleentheid,” sê Joubert.

Die Mej. SA-span beskryf L’Oréal Paris se borgskap as ʼn “baanbrekersooreenkoms”, en sê die borgskap stem ten volle ooreen met die skoonheidskompetisie se handelsmerk.

“[L’Oréal Paris se] toewyding tot inklusiwiteit en diversiteit is in ooreenstemming met vanjaar se reëlveranderinge, wat onder meer behels dat getroude vroue en vroue met kinders vir die eerste keer aan die kompetisie kon deelneem,” sê Stephanie Weil, uitvoerende hoof van die Mej. SA-organisasie.

“Ons glo daarin om die skoonheid van individualiteit en diversiteit van alle Suid-Afrikaanse vroue te vier. Daarom is ons trots dat Natasha genooi is om die Walk Your Worth-geleentheid by te woon.”

“Ons glo as vroue bemagtig is, kan hulle enigiets bereik wat hulle wil en ons is verheug om deel te wees van hierdie platform,” sê Ayanda Mackay, bemarkingsbestuurder vir L’Oréal Paris Skin, Makeup and Hair.

L’Oréal Paris is ook ʼn amptelike vennoot van die Paryse modeweek.

Natasha Joubert in Parys, Frankryk. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

John ·

So goed om te sien die beoordelaars was reg en teregverdig hierdie jaar. Baie geluk Natasha

Talitha ·

Ek weet dis wat die wêreld wil hê , maar dis jammer so ‘n mooi meisie moet voel dat sy so gewaagd moet aantrek om meer aanloklik voor te kom. Sad…

Marcello ·

Onthou sy moet aantrek waat aan haar voorgeskryf is, en JA !! sy het’n mooi lyfie, so sy het niks om weg te steek nir.

Karina ·

Baie geluk, jy is sowaar pragtig. Jy verdien dit on Suid Afrika te verteenwoordig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.