Pollard dra no.10-trui teen Tonga

Handré Pollard is in die Springbokke se opdrafspan. (Foto: Twitter/Springbokke)

Die Springbokke jag ʼn bonuspunt-oorwinning in hul finale Wêreldbeker-groepwedstryd teen Tonga in Marseille en Handré Pollard sal die no.10-trui vir die Suid-Afrikaners dra.

Dit sal die 29-jarige losskakel se eerste toets sedert Augustus 2022 wees nadat beserings hom vir maande langs die internasionale kantlyn gehou het.

Manie Libbok is saam met Jaden Hendrikse en Jesse Kriel die agterspelers op die plaasvervangersbank.

Siya Kolisi – wat die Springbokke vir die 50ste keer sal aanvoer – vorm die lostrio saam met Duane Vermeulen en Jasper Wiese, terwyl Deon Fourie in die middel van die Bok-voorry sal sak.

“Dit is ʼn sterk en fisieke span; die perfekte teenvoeter vir Tonga wat met passie en krag speel,” het Jacques Nienaber gesê.

Volgens die Springbok-afrigter weet elke speler in die wedstrydgroep wat van hom verwag word – ʼn plek in die kwarteindstryd van die internasionale rugbyskouspel wink immers.

“Akkurate, fisieke spel sal deurslaggewend wees om die verlangde uitslag te bewerkstellig. Tonga gaan waarskynlik speel soos ʼn span wat niks het om te verloor nie en hulle sal nie sommer op die speelveld terugstaan nie.”

Die wedstryd begin Sondag om 21:00 en die aksie sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Springbokke: Willie le Roux (heelagter), Grant Williams (regtervleuel), Canan Moodie (buitesenter), André Esterhuizen (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Handré Pollard (losskakel), Cobus Reinach (skrumskakel), Jasper Wiese (agtsteman), Duane Vermeulen (flank), Siya Kolisi (flank en kaptein), Marvin Orie (slot), Eben Etzebeth (slot), Vincent Koch (stut), Deon Fourie (haker) en Ox Nche (stut). Plaasvervangers: Marco van Staden, Steven Kitshoff, Trevor Nyakane, Franco Mostert, Kwagga Smith, Jaden Hendrikse, Jesse Kriel en Manie Libbok.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Frank ·

Wat sukkel hulle so met Duwane????????? Eers kry hy nie speelkans teen Ierland nie en nou is hy FLANK!!!. Ons praat nou van die agsteman en SPELER VAN DIE WEDSTRYD van die wereldbeker eindstryd 2019

vuurvliegie ·

Duane is te oud en moes al lankal afgetree het.
4 jaar in ‘n professionele sport is 40 jaar in ‘n normale mens se lewe.

Elma ·

Marvin Orie en Willie le Roux? Rerig? Waar is Pieter-Steph? Nee o aarde. Wiese op 8ste man = foutjie.

Chrisp ·

Du Toit is ‘n sewe flank debateerbaar onder die eerste drie in die wereld julle kaptein is ‘n poging van ‘n sewe flank (‘n swak een ook) Saterdag het julle met twee probeer speel. Toegegee een het die spel gemonitor soos die polisie in SA misdaad monitor met dieselfde intensie.

piet ·

Praat jy nou van SA se permanent genomineerde speler van die jaar? Du Toit het pakslae gekry teen die Iere. Omgedop soos ‘n vlieg.

kragaap ·

Ten minste het hy nie die bal met ‘n oop doelyn laat val soos die ander flank nie.

Casper ·

Elma,ongelukkig is dit so dat sleutelspelers ‘n ruskans moet kry maar om spelers uit posisie te speel doen dit nie vir my nie.Williams is ‘n skrumskael,Duane is ‘n agtsteman.Esterhuizen en Moodie wat ‘n vleuel is doen goed as senter kombinasie.

kragaap ·

En as hy ? Hoe gaan die kwota keuse teen ierland dan verdedig word ?

Stefan ·

Haal vir Kolisi af want hy kan nie 80 minute speel nie hy word moeg

kragaap ·

By die tyd as die gesingery in die tonnel en op die veld klaar is skop die moegheid in. Sing kry nie punte op die bord nie driee en skoppe doen.

piet ·

Party mense weet maar min van rugby af. Nog minder as hulle nulle ondersteuners is.

Republikein in die Wes Kaap ·

Geen Bok voorspeler kan 80 minute speel nie. Almal 40 minuters.

Mnr De Beer ·

Daarsy. Laat anders n kans gegun word om te probeer bietjie pale toe skop. Manie fail ons sover met pale toe skop voor en tydens die wereld beker.

piet ·

Ek sal nie my geld daarop wed nie. Manie het al sy skoppe oorgeskop teen die AB’s, lyk my die geheue is maar kort…

Mnr De Beer ·

Die res van die ander wedstryde het hy maar baie sleg pale toe geskop. Self die Bok spelers en coach weet al Manie sukkel met skop pale toe.

kragaap ·

Maar huidiglik mis jy 80 %. Gister se vorm sit nie punte op die bord nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.