‘NOV-verslag wys ANC-gebreke’

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Te wyte aan korrupsie, staatskaping, kaderontplooiing en teengroei-beleide, is Suid-Afrika nou in ʼn baie slegter posisie as 10 jaar gelede toe die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) van bekendgestel is.

“Dit is die verslag wat die ANC desperaat probeer toesmeer en die droewige statistieke te ‘bestuur’ deur beeldpoetsery,” sê Zak Mbhele, die DA se skaduminister in die presidensie.

Volgens die hersieningsverslag oor die NOP was die implementering van die NOP deur die ANC ʼn klaaglike mislukking op elke ekonomiese metriek. “In plaas daarvan om aanspreeklikheid te aanvaar vir sy mislukkings, het die ANC gekies om die Nasionale Beplanningskommissie te sensor en om die 2024-verkiesing binne te gaan op ʼn platform van leuens oor sy rekord in die regering.”

Volgens die kommissie is Suid-Afrika op koers om die 2030 NOP-doelwitte mis te loop deur te versuim om sekere sleutel-mylpale te behaal, waaronder:

  • Huidige (uitgebreide) werkloosheidskoers van 42,1%. “Die ANC-regering het nie net versuim om die 14%-werkloosheidskoers teen 2020 te behaal soos bepaal deur die NOP nie, dit gaan ook die teiken van 6% vir 2030 misloop.”
  • Huidige BBP-groei van 1,1%. “Met die BBP-groei op ʼn gemiddeld van 1% sal die ANC-regering sy teiken van 5,4% teen 2030 misloop.”
  • Meer mense sonder werk. “Die NOP het ʼn teiken gestel om 24 miljoen mense in diens te hê teen 2030, maar met slegs ʼn breukdeel daarvan wat tans in diens is, sal die ANC ook dié teiken misloop.”

Mbhele sê soos wat die DA al oor die jare heen waarsku, was die kommissie veroordelend in sy assessering en het gewys dat ʼn “vervallende staat en onbehoorlike beleidsbestuur verantwoordelik is vir die volgehoue probleme van ongelykheid, armoede en stygende werkloosheid”.

“Die ANC-regering het in wese die verarming van Suid-Afrikaners op groot skaal veroorsaak teen ʼn ondenkbare koers. Dit is jammer dat Suid-Afrikaners gebuk moet gaan onder die ANC-regering se versuim deur hoë lewenskoste, ʼn staatsdiens wat ineenstort en disfunksie in elke bedryf van die ekonomie. Suid-Afrika kan eenvoudig nie nog vyf jaar van die ANC se oningeligtheid en korrupsie bekostig nie. Die 2024-verkiesing is die perfekte geleentheid om te stem vir ʼn DA-regering wat die groei van die ekonomie sal prioritiseer en om werk vir Suid-Afrikaners te skep.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Christo ·

Niemand het `n verslag nodig om tot hierdie slotsom te kom nie. Dis oral baie duidelik

Waarnemer ·

Na hoeveel jaar kry die DA dit nog nie reg om die ANC uit die kussings te lig nie,gaan hulle dit nou skielik reg kry?

Nommer 7 ·

Die enigste manier om enige regerende party uit die kussings te lig, is om vir die sterkste opossisie te stem, of jy nou van hulle hou of nie.

Andries ·

En daar gaat di Rand. Met olie ook aansienlik op moet ons maar trug na bok-waens

Johann ·

Bka bka bla wharra wharra….als ‘n geskree teen ‘n storm. Kyk na die foto, dit sê als. So ‘n lekker selfvoldaande grin…”so what…me and my caders and comrades rule and regulate and ruin withour being held responsable” Multi miljoenêr status smile. Gee nie ‘n dronk dinges om nie.

Elkgeval glo die massas nie sulke feitelike verwysings nie OF verstaan dit bloot nie. Worry oor ‘n grant en Tshirt en kospakkie.

Harley Davidson ·

Onbevoegdheid, SEB en korrupsie is van die grootste probleme.

Frikkels ·

Een probleem wat bo alles uitstaan is die liberalistiese denkwyse van die blanke mense. Kyk waarin het dit ons beland!

Theresa ·

En daar is baie van hulle, wat het gebeur dat hul denkwyse so anders as die norm is!

KB ·

Die DA, Solidariteit, Afriforum, Sakeliga, ens.moet dit nie vir Suid-Afrika sê nie (ons weet dit!). Sê dit vir die EU, die VN en die groter Westerse moondhede op internasionale podiums, en verwerp SÓ die ANC.

annie ·

Dit beteken die ANC moes nooit beheer oor die land gekry het nie, want hulle kan nie bestuur nie. Die DA het hierdie verandering voorgestaan en die NP regering nooit enige krediet gegee nie. Dié party verdien ook nie om die regering te vervang nie.

Kobus ·

Eerlikwaar, kom ons haal maar die kern hiervan direk aan: Die ANC, soos elke ander swart regeerde staat, oral in die wereld, sedert die begin van tyd, kan praat oor enige doelwitte, selfs om op die son te land teen n spesifieke spertyd. Maar dis waar dit stop. Haalbaarheid is onmoontlik, want dis n nasie wat nog nooit bewys het dat hy vooruit kan beplan en suksesvol die plan kan deurvoer nie. Ons is almal bewus van wat die dryfveer agter faksie-vorming en binnegevegte is. En sosiale welstand het nie n plek op daardie terrein van honger wolwe nie. Politiek is nie in belang van die burgery nie. Politici is die enigste burgery. Dis al belange wat saakmaak.

Boatsie ·

Hoekom moet ‘n onnodige geldvermorsende verslag die volk vertel wat hul vir hoe lank alreeds weet?

Di ·

TOELAES wat aan die miljoene betaal word hou die korrupte ANC aan bewind en dit sal weer gebeur met die volgende verkiesing. Die hordes word gedreig dat die toelae gaan wegval as die ANC nie meer aan bewind is nie

JohanR ·

Hulle almal was nutteloos maar nog voor ‘n tweede termyn kan ons see Ramaphosa is die nuttelose van al die presidente sedert 1994, en dit sluit Zuma en die Guptas in!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.