Eis van R1,15 miljoen kom ná bloulig-aanranding

Skermgreep uit die video op Twitter.

Een van die beweerde slagoffers van vanjaar se sogenaamde bloulig-aanranding op die N1 in Johannesburg gaan binnekort ʼn siviele eis van R1,15 miljoen teen die minister van polisie en die nasionale polisiekommissaris indien.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by Action Society, sê die regspan wat dié drukgroep aangestel het om die bestuurder van die Volkswagen Polo (wat tydens die voorval in Julie vanjaar beseer is) by te staan, is gereed om hofstukke aan Bheki Cele en Sehlahle Fannie Masemola te beteken.

Die R1,15 miljoen, wat in ʼn siviele hof geëis sal word, maak voorsiening vir vorige hospitaal- en mediese uitgawes van R50 000, toekomstige hospitaal-, mediese en verwante uitgawes van R100 000, asook omvattende algemene skadevergoeding van R1 miljoen vir pyn, lyding, ongerief, gestremdheid, verlies aan lewensgerief, fisieke littekens, misvorming, emosionele versteuring, skok en sielkundige trauma.

Die agt geskorste polisiebeamptes wat vervolg word vir hul beweerde aandeel aan ʼn aanranding op die N1 in Julie vanjaar, het Woensdag weer in die Randburg-streekhof verskyn voordat die saak tot November uitgestel is weens uitstaande selfoonrekords en verklarings.

Shadrack Kojoana, Johannes Matome Mampuru, Pomso Joseph Mofokeng, Harmans Madumetja Ramokhonami, Phineas Molefo Boshielo, Churchill Mpakamaseni Mkhize, Lesibana Aggrie Rambau en Moses Fhatuwani Tshidada staan tereg op altesaam 12 aanklagte, wat insluit die rig van ʼn vuurwapen, roekelose en nalatige bestuur, kwaadwillige saakbeskadiging, aanranding met die doel om ernstig te beseer, dwarsboming van die gereg en die dreigement van aanranding.

Die klagte spruit uit ʼn aanranding wat op 2 Julie op die N1-hoofweg in Fourways plaasgevind het en op video vasgevang en versprei is.

Cameron sê die aantal siviele eise teen die polisie is skokkend. “Volgens die polisie se jongste jaarverslag het 13 000 nuwe siviele eise die Suid-Afrikaanse Polisiediens in 2021-’22 in die gesig gestaar en moes hulle gedurende dié tydperk meer as R470 miljoen vir byna 5 000 siviele eise uitbetaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Althes ·

Dit sal die Polisiebeamptes leer om nie soos skollies op te tree nie. Hul het die polisie in oneer gebring.

Jandup ·

Die lede moet persoonlik aanspreeklik gehou word vir die eis. Nie die staat nie

kaplyn ·

Ek stem saam dat hulle persoonlik aanspreeklik gehou word, maar ek dink aan die einde van die dag gaan nie die staat nie, maardie belastingbetaler dit moet betaal!

Harley Davidson ·

Daardie kriminele met die polisie id s moet self betaal hulle het die misdaad gepleeg nie die belastingbetalers nie.

Sê maar net ·

Jy bedoel dit kos die belastingbetalers R1,15 miljoen.
Dit word hoogtyd dat hierdie polsie- misdadigers, in hul persoonlike hoedanighede gedagvaar/ gestraf word. Ruk hulle bietjie aan hul eie sak. Nou kom hulle steeds weg daarmee en behou tien teen een steeds hul poste en salaris…

Hannes ·

Hulle voel vere, die belastingbetaler betaal indirek die siviele eise.

Kokerboom ·

Dis reg . Rook die boewe . Voorwaarde moet wees betaling moet ministers en boewe polisie se eie sak kom! Belastingbetalers moet NIE vir vergrype betaal!!

Niklaas ·

Meld dit aan die land se leiers , wat betrokke daarmee is , soos Cyril en Cebe.

Di ·

Meerderheid in die polisiediens is kriminele! Ons word “beskerm” deur die MAFIA

SjN ·

Die 8 geskorstes moet mos in persoonlike hoedanigheid verantwoordelik gehou word.

Giel ·

Ja, bo en behalwe die feit dat dit skokkend is om deur die gereg na wie ons entlik moet opsien en respekteer, so optree en R 470m moes uitbetaal, wonder ek net hoeveel huise of skole ons met die geldjie kon bou?
Shoe!

Bolandse Nooi ·

Nee, nee, nee ……….. moenie die Minister van Polisie en Nasionale Kommissaris dagvaar in hul “professionele” hoedanigheid nie … dit beteken net dat die belastingbetalende jou eis sal moet uitbetaal, meneer! Dagvaar Bheki Cele en Fannie Masemola en ieder en elkeen van daardie bloulig-brigade-boelies in hul PERSOONLIKE hoedanigheid, eers dán sal reg en geregtigheid geskied.

Ronél ·

Regering maak droog…………..belastingbetaler betaal vir hulle foute.

hpven ·

Nee Ronél, eerste wêrelde het regerings, derde wêrelde soos Afrika het terroristiese regimes.

Niklaas ·

Die totaal van R 470 miljoen wat bepaal is in een jaar n.a.v. eise wat die SAP moet betaal , is net onaanvaarbaar. Duidelik het hul geen tekort aan geld nie. Tensy belasting betalers weer die rekeninge moet vereffen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.