Aspatats, askoek, asvis en asvleis. Sommige geregte in die jongste episode van “Kokkedoor Vuur & Vlam” was treffers, maar ander het aan die kokke ʼn kaartjie terug huis toe besorg.
Lees meerAlles vir Donderdag 17 Augustus 2023
Regering móét ingryp by kabeldiefstal
Meer as 1 500 km se kabel is verlede jaar by Transnet gesteel, maar net sowat 4% van diegene wat in verband met die diefstalle aangekeer is, is in die howe skuldig bevind.
13-jarige sterf toe taxi, bus bots
Twee kinders moes uit die wrak van die minibustaxi bevry word.
‘Ooreenkoms is bereik’ – Veelpartyhandves
Ná twee dae van intense gesprekvoering deur lede van die sewe partye wat aan samesprekings oor die nuwe Veelpartyhandves vir Suid-Afrika deelgeneem het, is die handves Donderdagmiddag deur die leiers van die DA, IVP, VF Plus, ActionSA, Isanco, UIM en SNP onderteken.
Koeberg-eenheid einde vanjaar aanlyn
Die inwerkingstelling van die eenheid, asook toetse wat op die nuwe stoomopwekkers gedoen moet word, sal plaasvind terwyl die eenheid met die netwerk gesinchroniseer word. Eenheid een sal egter nou vyf maande later as aanvanklik beplan weer ten volle in bedryf gestel kan word.
Lyfkameras moet polisiebrutaliteit help stuit
Die polisie het in 2019 sy voorneme aangekondig om lyfkameras te ontplooi. Vier jaar later, in Mei vanjaar, het minister Bheki Cele gesê dat lyfkameras geprioritiseer word.
Kyk verby vervaldatum, sê varsproduktebedryf
In Suid-Afrika gaan sowat 10 miljoen ton voedsel jaarliks tot niet, met vrugte, groente en graan wat 70% daarvan verteenwoordig.
Jones vaar uit oor ‘negatiwiteit’ oor Wallabies
Wallaby-afrigter Eddie Jones het Donderdag tydens sy span se vertrek na die Wêreldbekertoernooi behoorlik uitgevaar oor “al die negatiwiteit” oor die span.
Saoedi-regering hef verbod op rooivleisinvoere uit SA op
Suid-Afrika het reeds ʼn sterk teenwoordigheid in markte soos die Verenigde Arabiese Emirate en Maleisië en die Saoedi-mark word op sowat R95 miljard gewaardeer.
ToekomsVenster: Laaste asem
Mag ek voorstel dat jy soos ek vandag ʼn paar oomblikke neem om daaraan te dink dat daar vir elkeen van ons ʼn “laaste asem” geskeduleer is. Hoe wil ons leef in die lig van daardie realiteit?
Hof beslis staat moet sê oor entstofkontrakte
Die hofbevel word beskou as ʼn oorwinning vir deursigtigheid en aanspreeklikheid, aangesien belastinggeld gebruik is om die miljoene dosisse entstowwe aan te skaf.
Is nuwe KTM 890 SMT waardig om T in naam te dra?
So het dit gekom dat ek sewe onvergeetlike dae in Europa deurgebring het met ’n volgelaaide SMT.
Wêreldrugby appelleer teen Farrell-beslissing
Owen Farrell se betrokkenheid by die komende Wêreldbeker-toernooi is opnuut in twyfel getrek nadat Wêreldrugby aangekondig het hy gaan appelleer teen die besluit om sy rooi kaart om te keer.
Hawaii: ‘Noodsirenes sou niks help’
Op die vraag of hy spyt is oor die besluit om nie op die noodlottige dag die noodsirenes te aktiveer nie, het die hoof van Maui se noodbestuursagentskap geantwoord: “Ek is nie.”
Voorgestelde Bela-wet ‘hartseer terugslag’ vir onderwys
Wanneer daar na lande soos Kenia en Uganda gekyk word, kan gesien word hoe die samewerking tussen die staat en die private sektor lei tot ʼn hoër gehalte onderrig – en teen ʼn laer koste vir die staat. Maar Suid-Afrika se voorgestelde Bela-wetgewing gaan nie die land se onderwyskrisis oplos nie, sê sommige kenners.
Oscar Pistorius nader hoogste hof oor paroolverwarring
Oscar Pistorius voer in hofstukke aan dat sy regte geskend word aangesien hy (volgens hom) reeds meer as die helfte van sy vonnis uitgedien het en reeds in aanmerking vir parool behoort te kom.
Bussie beter as ʼn sportnuts
Die Kia Carnival bied meer spasie, meer sitplekke, min of meer dieselfde krag, maar teen ʼn heelwat beter brandstofverbruik, dieselfde prys en ʼn wesenlik verminderde risiko wat met die gewildste dubbelkajuitbakkies en sportnutsvoertuie gepaard gaan.
Wiele2Wiele raak grênd met Opel Grandland
Hierdie week tydens Wiele2Wiele gaan ry hulle met Opel se nuwe Grandland, gaan op ‘n onvergeetlike Kia Carnival-avontuur en die span ry besigheidsklas in BMW se luukse elektriese i7.
Gemengde gevoelens oor eerste veselveilings
Die eerste sybokhaarveiling en die eerste wolveiling vir die 2023‑’24-seisoen is vroeër die week aangebied en in albei gevalle het die markte swakker gesluit.
Intieme kunsfees kom na Riebeekvallei
Die klem – is soos die naam te kenne gee – ʼn ware intieme kuns-ervaring. Besoekers kuier by die 17 kunstenaars in hul ateljees, waarvan verskeie in hulle huise ingerig is.